Fopnuus of feite: Is die ‘rassistiese’ Tracy Zille werklik ʼn wit vrou?

Grafika: Elsabe Erasmus

Die profiel van ʼn wit vrou met die naam @TracyZille wat klaarblyklik rassistiese uitsprake jeens swart mense kwytraak, is nie eg nie.

Die Digital Forensic Research Lab het onlangs onthul dat Anthony Matumba, ʼn EFF-raadslid van Limpopo, glo agter dié Twitter-profiel sit en boonop munt slaan uit die klik-aas wat hy op die platform plaas.

Ná die onthulling is Matumba by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aangegee vir aanhitsing van rassespanning, en die DA eis dat hy geskors word.

Die Tracy Zille-profiel, wat al meer as 40 000 volgelinge getrek het, is ’n sprekende voorbeeld van al die redes hoekom iemand fopnuus sal skep en versprei: Om emosie te ontlok, om haat te saai, vir die grap, om politieke redes en om geld te maak.

Hoe dit ontvou het

Twitter skermgreep.

In Junie vanjaar het ’n middeljarige vrou met rooibruin hare en blou oë uit die niet verskyn en die twitterati rooi laat sien met rassistiese opmerkings soos “Liewe Swart Vroue, hou op om julle swaarverdiende geld op ons ou hare uit te gee […] Van julle spandeer baie geld om julle velle te bleik om soos ons te lyk”. Saam met die uitlokkende stelling is ’n skakel geplaas van ’n artikel oor ene “Khanyi” wat glo R10 000 ’n maand uitgee om haar velkleur lig te hou.

Kort voor lank het Twitter-gebruikers besef daar is ’n trol in die drinkwater, en daar was ’n sterk vermoede dat Tracy Zille eintlik swart is. Haar kontroversiële, rasverwante twiets het ’n reusedebat onder swart sosialemediagebruikers ontketen oor “of die swart gemeenskap hul Afrika-wortels verloor deur Europese kultuur te aanbid”. Terwyl talle oor Tracy Zille se ware identiteit kopgekrap het, het verskeie luisteraars ingebel na radiostasies om te sê dat haar identiteit “nie saak maak nie”, aangesien sy “geldige punte aanraak”.

Toe “digitale Sherlock” Jean le Roux van Digital Forensic Research Lab agter die kap van die byl kom, het dit duidelik geword hoekom Tracy Zille se ware identiteit wél belangrik is, en hoe EFF-raadslid Anthony Matumba Suid-Afrikaners op verskeie vlakke geflous het.

Op verskeie vlakke geflous

Behalwe dat hy hom glo as ’n wit vrou voorgedoen het en aanvegbare, rasgedrewe stellings kwytgeraak het, was dit nie bloot vir die grap of om verdeeldheid om politieke redes te saai nie. Le Roux het onthul dat die drie webtuistes waarvan skakels telkens saam met die opspraakwekkende twiets deur “Tracy Zille” gedeel word, almal aan Matumba behoort.

Wanneer die webtuistes “whatsappgroup.co.za”, “search67.com” en “jobsfinder.co.za” besoek word, word die gebruiker met persoonlik-aangepaste advertensies van Google se AdSense-platform gebombardeer. “Dit beteken dat enige verkeer na hierdie webtuistes ’n inkomste vir die eienaar daarvan genereer,” skryf Le Roux. Sy speurwerk het getoon dat die besigheidsinligting, webbladregistrasie en AdSense-inligting van die drie webtuistes met Matumba verbind word, en dat hy dus munt daaruit slaan.

Die woordvoerder van die DA in Limpopo, Jacques Smalle, het Maandag in ’n verklaring gesê die DA eis dat raadslid Anthony Matumba geskors word. “Die betreurenswaardige twiets het woede veroorsaak en rasseverdelings aangevuur. Dit is nie net ongrondwetlik nie, maar ook teen die gedragskode vir raadslede,” het hy gesê.

Nie die EFF se nasionale woordvoerder of Matumba het op Maroela Media se e-posse, oproepe of selfoonboodskappe gereageer nie.

Lynné Schoeman is ’n meesterstudent in joernalistiek aan die École Supérieure de Journalisme de Lille in Frankryk. Haar tesis het gehandel oor die rol van sosiale media in fopnuus en feitekontroleringsjoernalistiek, met AFP se Fact Check-afdeling as gevallestudie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Nou verkla hom by die MRK sodat ons kan sien wat hulle ware kleure is.

JohanR ·

Dit is nou al herken dat TracyZille ‘n lid van die EFF was, wat rassehaat aangeblaas het : It has now emerged that @TracyZille is a fake account allegedly run by EFF member Anthony Matumba, who posed as the white ‘racist’ woman online for monetary gain. Ek het nie gedink enige iemand in die EFF weet hoe om ‘n skootrekenaar te gebruik nie, of te kan lees en skryf nie!

Pieter ·

Johan, n mens moet passop. Die klomp hou hulle altyd dom. Ons as wit aanvaar hulle weet nie en kry ook gou jammer. Dus sal ek niemand onderskat nie. – Ek hou wel nog van jou boodskap. :)

Chris ·

Ek het dit nie gesien nie. Wat my meer vies maak wanneer ‘n witte dit doen. Mens kan verstaan die knaap het nie werk vir sy hande nie en dan hy homself seker in die persoon vergestalt. ‘n Minderwaardigheidskompleks is moeilik om te oorkom, maar looi hom ook soos wanneer ‘n witte dieselfde sou gedoen het.

Herman ·

Ag en jy kan sommer in die skryf styl sien wat aangaan hahaha.

Hoekom ·

Was seker nie te moeilik nie. In my jare op hierdie planeet en spesifiek in SA het ek nog net die idioom “call a spade a spade” uit swart afrikaan geledere gehoor…

Mariana ·

Ag regtig hy sal niks oorkom nie, hy is swart en mis darem onaantasbaar want swartmense kan mos nue rassisties wees nie. Ongelukkig twee stelle reëls vir wit en swart. As hy wit was was daar al ernstige reperkussies.

Porseleintjie ·

Dat hy darem so graag wit wil wees en ‘n vrou boonop spreek boedele. Moet sê hyt tenminste smaak.

Maryna ·

Ja jy sien, en dit veroorsaak nog meer haat tussen rasse! Dit is onaanvaarbaar van enige random persoon, maar vir ‘n raadslid met vinger in die politieke pie, is dit sommer net taboe! Shame on you!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.