Foto: Vrou sterf in DBN-ongeluk

Die taxi se wrak. Foto: Netcare 911

Die taxi se wrak. Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is dood en 17 mense beseer nadat ʼn minibustaxi Donderdagoggend in Mount Edgecombe, noord van Durban in KwaZulu-Natal gerol het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 06:00 op die R102 naby Northernweg plaasgevind.

“Die taxi se wrak het die pad versper toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. “ʼn Vrou in haar 30’s was reeds dood, twee mense was in ʼn kritieke toestand en 15 mense is ernstig beseer.”

Die mense is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

Die goed is gewoonlik oorlaai om soveel as moontlik inkomste onwettig te bekom. Boonop is die meeste onpadwaardig en sommige sonder lisensies en die bestuurders onbevoeg en of onverantwoordelik. In hierdie onwetige dolle gejaag na geld is die menselewe van weinig belang.

andries ·

HEVW, jou storie is al hol gery, almal weet dit en orde sal nie nou of in die toekoms gebeur nie.

Ghost ·

HEVW stem nogaal saam jou. Maar die regering hou hulle doof en blind vir dit. As daar gepraat word hoe om ongelukke te bekamp, hammer hulle op mense wat dronk bestuur. Ek praat nie dronk bestuur goed nie, maar ek is seker dat baie meer mense sterf en in ongelukke is deur taxi’s en busse and mense wat dronk bestuur. Ek sien daagliks hoe ry taxi’s oor rooi verkeerslikte, terwyl polisie net staan en kyk. Tot daar meer ernstig opgetree word gaan die probleem n daaglikse gebeure wees in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.