[Foto’s] 33 sirkusleeus uiteindelik ‘tuis’ in Suid-Afrika

leeus adi 10Sirkusleeus wat uit Peru en Colombia gered is, het Sondagaand by hul nuwe tuiste in Suid-Afrika aangekom.

Altesaam 33 leeus, waarvan sommige blind en sonder tande is ná jarelange mishandeling, is by die Emoya Big Cat Sanctuary in Vaalwater, Limpopo, vrygelaat ná ʼn uitmergelende reis. Die sentrum het bevestig al die leeus is omstreeks 19:00 veilig afgelaai.

“Die leeus is uit die natuur gehaal en hulle het ʼn lewende hel gehad,” het Jan Creamer, president van Animal Defenders International, wat die reddingspoging gelei het, gesê. “Hulle is geslaan, hulle het honger gely, hulle is van alles ontneem wat die lewe die moeite werd maak vir ʼn leeu – alles wat ʼn leeu sou geniet. So ja, ek glo ons het hulle na die paradys gebring, waar hulle hoort.”

Beamptes by die lughawe het gesê die leeus het almal die reis oorleef en blyk gesond te wees, alhoewel dit wil voorkom of hulle spanning ervaar het tydens die lang reis.

ʼn Sirkus in Colombia het nege van die leeus oorgegee. Die ander 24 leeus is gered tydens klopjagte by sirkusse in Peru deur die dierebeskermingsorganisasie.

Minunette Heuser, eienaar van Emoya, het gesê die 33 leeus sal ná kwarantyn aan mekaar voorgestel word in ʼn een hektaar kamp. Die leeus sal ongelukkig nooit weer kan jag nie, weens hul swak gesondheidstoestand, het sy aan nuusagentskap dpa gesê. Hulle sal vir die res van hul lewens versorg word met kos en water.

Lees meer: 33Lions, Emoya Big Cat Sanctuary, Animal Defenders International


Die volgende video is deur EWN vervaardig:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Justa ·

Baie dankie aan aan almal wat genoeg vir hierdie leeus omgegee het om hulle na veiligheid te bring. Mag hulle almal uiteindelik gelukkige lewens he.

Leon van Rensburg ·

Het nog altyd ‘n sirkus gehaat, daarvan is genoeg in die parlament. As ek so diertjie kon huistoe vat sou ek. Al my diertjies was weggegooi, nou eet hulle my bankrot, MAAR, dit was my besluit om hulle te neem.

Ilze ·

My pa hulle is tans in Belgie en was sirkus toe daar. Hulle gebruik geen diere laerskool kinders doen die toertjies. Dankie vir die wat na die leeus gaan omsien

Jef ·

Dit gee my n warm gevoel in my hart om te weet dat daar weer diere gered is en nog n kans kry om rustig te lewe, ek is diereliefhebber en dis die beste nuus in n lang tyd.

Christine de Kock ·

Hierdie nuus het my ongelooflik diep geraak. Geen mens kan my so emosioneel laat voel nie. Baie dankie aan die span mense wat dit moontlik gemaak het om die leeus terug te bring, waar hulle hoort en dat dit hulle nou vry is. Ongelooflike inspirerende storie!!!!!!

Debbie ·

As jy my vra moet sirkusse reg oor die wereld heeltemal verban word!! Daar is meer as genoeg ander vermaak beskikbaar vir die mensdom om te geniet.

Luister ·

Red asseblief ook alle “wilde”diere uit Suid Afrikaanse sirkusse!

Johann Marx ·

Aan die een kant “red” julle 33 verwaarloosde, vernielde, vernietigde leeus wat nooit weer na hulleself kan omsien nie, en aan die anderkant gaan die jag van “canned lions” in Suider Afrika rustig voort….sonder dat iemand ‘n vinger lig.

herman ·

Wonder hoeveel vleis word benodig vir die voeding van 33 groot leeu mannetjies
en waar gaan dit vandaan kom ?

Johannes Meintjes ·

As liefhebber van die natuur en die volle omvang van die skepping is ek ook bly oor hierdie pragtige samewerking om die leeus te red. Kan die Afrikaner saamwerk om ons self te red?

Jeanette Visser ·

Kan ons nie help bydrae maak bv. soos KFC elke keer as jy daar koop skenk jy R2 aan minder bevoorregte kinders, seker dit kan werk maar baie dankie dat daar nog mense is wat omgee, julle doen wonderlike werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.