ʼn Wolkekrabber in Durban se middestad het Woensdagaand in ligte laaie gestaan.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, het gesê die brand het op die 23ste verdieping van Redefine Towers in Dr Pixley Kaseme-straat uitgebreek. Die eThewini Metro se brandweer het gesukkel om die brand te blus in die gebou, wat algemeen bekend staan as 320 West Street, weens ʼn sterk wind wat die vlamme aangeblaas het.
Die besonderhede oor die brand is nog nie bekend nie en geen beserings of sterftes is aangemeld nie.
Eish, ek was net laasweek daar en Durban was vreeslik warm. Ek het nogal gespot en gesê as die son jou alleen kry brand hy jou dood, nou lyk dit my hy steek geboue aan die brand ook.
Net ‘n grappie julle!
Byna al die weervoorspellings die afgelope weke het Durban se temperature as koeler dan Jo’burg en die res van Gautengeleng aangegee (sê ek vir jou vanuit ‘n 26° Durbs om 17:45), Koos.