Nog foto’s volg onderaan die berig. Paramedici het Saterdag meer as net hul deel gedoen tydens ʼn fietsrywedren by Rooiwal in Pretoria.
Bert en Douglas van Feletseng Consulting was aan diens tydens Speke-fietsryklub se wedren en het op die slang afgekom wat in die pad gelê het. “Hulle was natuurlik baie braaf en het die slang genader,” het Elise Stoel van Centurion Fietsryklub, gesê. Hulle was besorg dat die slang dalk nog leef en dat dit die fietsryers sou aanval. “Hulle het dit sommer uitgeken as ʼn swart mamba!”
Stoel sê die slang is later as ʼn Kaapse Vylslang uitgeken. “Dié slang is heeltemal skadeloos en uiters skaars,” het sy bygevoeg. Sy sê ʼn slangkenner het hulle gehelp om die slang korrek uit te ken.
Die slang was reeds dood toe paramedici hom hanteer het.
Was die slang dood of is hy van kant gemaak