Foto’s: Dele van Vaaldriehoek onder water

(Foto: ER24)

Die dak van ’n vulstasie naby Vereeniging aan die Vaaldriehoek het Vrydagmiddag midde swaar reën en hael meegegee terwyl ’n wolkbreuk vloede in Vereeniging en Vanderbijlpark tot gevolg gehad het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê twee persone het ligte beserings opgedoen toe die dak van die Global Garage in Seeisostraat in Sharpeville gedeeltelik ineengestort en op drie voertuie beland het.

Met paramedici se aankoms omstreeks 13:50 op die toneel het die bestuurders en passasiers van die voertuie reeds in ’n nabygeleë winkel gaan skuil.

Motors staan in vloedwater in Vanderbijlpark. (Foto: Ryno du Toit/Storm Report)

Twee mans, vermoedelik in hul 20’s, het ligte beserings in die voorval opgedoen. Die mans is op die toneel behandel voordat hulle na die Kopanong-hospitaal in Vereeniging geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

Storms word vanmiddag in dele van Gauteng en Noordwes verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Albert Willem ·

As afvoerslote en infrastruktuur intand gehou word, sal so iets nie gebeur nie

Mad Mike die Rhodesiër ·

Mmm… Die einde van dae vervullings word meer en meer sigbaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.