Foto’s: Dié bekendes se kinders nou in gr. 1

Kurt Darren saam met sy vrou, Dunay, en seuntjie, Kade. (Foto: Dunay van Heerden/Instagram)

Dié bekendes se ouerharte het van trots gebars toe hul kinders vir die eerste keer agter die skoolbanke ingeskuif het.

Kurt Darren

Kurt Darren en sy vrou, Dunay, se seuntjie Kade het Woensdag agter die skoolbanke in die “grootskool” ingeskuif.

Angelique Gerber en Jacques Potgieter

“Mamma se trots,” het Angelique Gerber op Instagram gesê oor haar en Jacques se seuntjie, Jacques Jr., wat pas met gr. 1 begin het.

Rhona Erasmus

Die Real Housewives van Pretoria-ster Rhona Erasmus het trots op Instagram gedeel dat haar jongste seuntjie vanjaar in gr.1 is.

Bismarck du Plessis

“Die begin van 12 jaar se skool vandag! Trots op die twee seuntjies,” het Anja du Plessis, Bismarck du Plessis se vrou, op Instagram oor Gideon en Francois, die egpaar se tweeling, gedeel.

Ivan Roux

Die sanger en naaswenner van die eerste seisoen van Die Kontrak, is ook nou die trotse ouer van ʼn kleinding wie se skoolloopbaan Woensdag amptelik afgeskop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Amelia ·

Vreemd dat van hierdie bekendes nie bekommerd is dat die hele wêreld nou weet waar hulle kinders skoolgaan nie…

George ·

Verstom my oor hoe min mense omgee dat die wereld kan sien presies waar hulle skool gaan, hul name, ouers name en gebied nou weet.

Moedeloos ·

Ek is nie op instagram nie en ek kan nie uit bogenoemde artikels sien in watter skole die kinders is nie. So dit maak dalk die aantuigings nie 100% waar nie

Delia ·

Is die bekendes ook nie bekommerd wanneer hulle die doen en late van hulle kinders op FB uitbasuin. Ontvoerings, lospryse ens aan die orde van die dag en een van die dae is die kinders ook emosioneel afhanklik van die op duimpies en geskaad deur af duimpies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.