Foto’s: Drie geboue in Kaapstad brand

(Foto: Verskaf)

Drie geboue in Killarney Gardens in Kaapstad is Saterdagnag in ’n brand verwoes.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê brandbestryders is om 22:13 na die perseel van die maatskappy Starflex Plastics in Laudaweg ontbied waar hulle ure lank gespook het om die brand te blus.

Beamptes eerste op die toneel het vasgestel dat die brand na aangrensende geboue versprei het en meer hulpbronne is versoek.

Altesaam 52 brandbestryders kon met behulp van 13 brandbestrydingstoestelle die vlamme net ná 04:00 geblus kry.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium onduidelik.

Carelse sê brandbestrydingspanne hou steeds die gebied dop sou die brand weer opvlam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sê maar net ·

Iets lyk vir my baie “fishy” met so baie geboue wat skielik brand, veral in die Kaap. …..

antieke antie ·

die res van die land is afgebrand en vernietig….nou takel hulle die kaap

Stefan ·

Dis nou al tenmindste die 10de keer wat ek dit vra.
Is dit nie vreemd/verdag dat so baie gebouë skynbaar spontaan aan die brand slaan?

johanf ·

Iets is nie pluis nie…. Ek laat my nie vertel dat kabelfoute, menslike foute 3 brande gelyktydig laat ontstaan nie……
Dankie aan die brand bestrydings beamtes…

JohanR ·

As die persone wat brandstigting ondersoek goed is en hulle werk ken, behoort dit vasgestel kan word hoe die vuur begin het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.