ʼn Verwoestende brand het Dinsdagaand by die Edith Benson-kinderhuis in Durban uitgebreek.
Paramedici en die brandweer is omstreeks 20:00 na die kinderhuis in Garbuttweg in Sherwood ontbied waar hulle die huis in ligte laaie aangetref het.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê een persoon, vermoedelik ʼn personeellid, is lig beseer en vir rookinaseming behandel. Al die kinders is veilig en betyds na veiligheid geneem.
“Altesaam 57 kinders, tussen die ouderdomme van drie maande en vyf jaar, is ongedeerd en daar kan verantwoording vir elke kind gedoen word,” het hy gesê.
Brandbestryders het nagenoeg twee uur lank gespook om die brand in bedwang te bring. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Skenkings vir die kinderhuis het ingestroom sedert die nuus van die brand bekend geword het.
ai so so jammer. bly die kinders is veilig
Ai wat n tragedie! MM ons sal moet n hulp fonds moet begin?
Wonderlik om te hoor daar kon vir al 57 kinders rekenskap gegee word.
Baie Traigies wat gebeur het, baie sterkte aan julle.
En hoekom berig MM nie waar mens bydra kan maak nie.