Foto’s: Heldeontvangs vir Bokke

(Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Die OR Tambo-lughawe het Dinsdagoggend haas uit sy nate gebars met duisende Springbok-ondersteuners wat die seëvierende span – en die blinkgoue Webb Ellis-trofee – geesdriftig ingewag het.

Met wapperende vlae en in kostuums, met Faf-hare en swaaiende plakkate is die Bokspan verwelkom ná die naweek se historiese sege oor Nieu-Seeland in Frankryk. Die span begin Donderdag met ʼn trofeetoer wat in Gauteng afskop. Dit skuif Vrydag na Kaapstad, Saterdag na Durban en eindig Sondag in Oos-Londen.

“Rassie, Rassie, Rassie…” het dit deur die lughawe se aankomssaal gedawer waar ondersteuners reeds van douvoordag begin saamkom het om die manne in groen-en-goud te verwelkom.

(Foto: Guillem Sartorio/AFP)

ʼn Stralende Siya Kolisi, kaptein van die Bok-span, het met die trofee bokant sy kop deur die deure van die internasionale aankomssaal gebars met ondersteuners – en selfs ʼn paar polisiebeamptes – wat byna van vreugde ontplof het.

(Foto: Guillem Sartorio/AFP)

(Foto: Emmanuel Croset/AFP)

(Foto: Emmanuel Croset/AFP)

(Foto: Emmanuel Croset/AFP)

 

(Foto: Guillem Sartorio/AFP)

  • Hou Maroela Media dop vir meer.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marietjie ·

WELKOM TERUG BOKKE!!

Julle was puik verby gewees!! BAIE GELUK!!
SA is trots op julle en julle verdien na die toer ‘n lekker rustydjie saam met julle families.

Elma ·

Wonderlik om te sien hoe BAIE Suid-Afrikaners hierdie manne met die grootste respek en agting behandel. Wens elke Suid-Afrikaner kon so wees.

Hendrik ·

Ja baie trots!!!!! Ai, as ons tog maar net n ander boere sterk uitdrukking vir die engelse woord awesome kan kry????? Dink boere, dink!!!!

KaRoOkWaGgA ·

Asemrowend FANTASTIES.
Die perfekte persoon wat ‘n uitdrukking vir dié woord sal hê is die radio en tv persoonlikheid, Nic De Jager. Ek het Sondag na hom op RSG geluister en ek wat baie heilig is op my taal het, nadat ek sy Afrikaans woordeskat gehoor het, gevoel of ek snelskrif Afrikaans praat.

Miena ·

ja die sinonieme is maar ontsagwekkend, indrukwekkend, formidabel, ongelooflik, skitterend, maar ek stem 100% saam ons moet aan n nuwe woord dink wat lekker op die tong le en uit die mond rol en net aan ons Suid Afrikaanse kant verstaan word…

MiCheLLe ·

FANTASMAGORIES! ‘n Lekker nuutskepping. Rol van die tong af…

Marieta ·

Knap gedaan, Bokke! Julle het S.A. se naam hoog gehou en ek dink nie ons kan trotser op julle wees nie. Julle het met een wêreldbeker meer mense verenig as wat enige politieke party ooit kon doen. Pure Dinamiet! Siya, ek dink jou leierskap het jou in mense se harte vasgemessel as die beste rugby kaptein wat SA ooit opgelewer het. Maskas! Dit wil nou gedoen wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.