Foto’s: Hulde aan gevalle helde gebring

(Foto: Verskaf)

Die Raad vir Militêre Veterane Organisasies van Suid-Afrika (RMVO) het Sondag gasheer gespeel vir ‘n jaarlikse gedenkdiens waartydens veterane, hul familielede en vriende hulde bring aan diegene wat hul lewe vir Suid-Afrika op die spel geplaas het.

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) en RMVO hou gereeld gedenkdienste by die weermag-gedenkmuur by die Voortrekkermonument en volgens die monument was Sondag se RMVO-gedenkdiens een van die grootste nog vanjaar.

“Dít is weer ’n geleentheid om hulde te bring aan die weermaghelde uit ons verlede en die familie wat hulle agtergelaat het,” het genl.maj. Lawrence Smith (afg.), voorsitter van RMVO SA, gesê.

Die gedenkdiens is bygewoon deur politici en verskeie bekendes wat ook dié deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wou gedenk.

Volgens Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane Metropool, wat ook die geleentheid bygewoon het, is dit belangrik om hulde te bring aan helde uit die verlede.

(Foto: Verskaf)

“Ek woon hierdie gedenkdiens al jare lank by en plaas graag ’n krans ter nagedagtenis aan ons jong manne wat gesneuwel het. Ek dink dit is baie belangrik, nie net om hulde te bring aan ons gevalle soldate nie, maar ook aan hul families wat vandag hier is om hul lewe te vier.”

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

  • Die berig is gewysig nadat dit oorspronklik geplaas is. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Amelia ·

En vir wat kinders (18 is nog n kind) wat gesterf het en land is weg gegee en nou n misdaadhoel

George ·

Hulle het nie eens geweet waarvoor hulle baklei nie, dies wat oorleef het, weet steeds nie.

Harley Davidson ·

Fw het die lieg werk gedoen maar die ja stemmers is net soveel te blameer met hulle checks en balances beleid.

Aai ·

Dit is hardseer om te sien dat mense hulle lewens gegee het vir SA en kyk waar is ons vandag.Dankie julle bly helde.

Kobus ·

As veteraan wat in die bosoorlog betrokke was, dink ek onwillekeurig aan die gevalle helde. As 19 jarige het ek meer lyke gesien as wat ek oud is. Wonder ek nou, waarvoor ? Vir wat? Oorlog bring niks goed nie. En ja, die helde word vereer, ons veterane kry soms erkenning maar dit bring nie die seer en verlies aan lewens terug nie.

Stofdonkie ·

Hartseer om te dink hoe die jong manne gaan veg het vir die land net om terug te kom om die land weg te stem. Dit blyk hulle was beter met wapens as met ‘n pen.

George ·

vir my snaaks hoe mense die “ou regering” steeds uitmaak as die beste. Tog is dit dieselfde mense wat julle, julle kinders verplig het om weermag toe te gaan en te gaan oorlog hou. Baie is dood, teen hulle sin, vir n regering wat dit afgedwing het. So, se my weer wat het daai vlag so goed gemaak? Ek praat nie eens van die UJ wat ook verskyn nie.

Papsak ·

Ons vir jou SA julle was helde gewees om julle lewens vir die land te gee kyk waar le land vandag

Papsak ·

Wel onder die ou regering het ons beter gewerk daar was van alles genoeg beter as nou

Samuel ·

Politici woon hierdie gedenkdiens by om gesien te word en politieke voordeel (political mileage) daaruit te kry.

My siening ·

Baie dankie dat ons onthou word wat op die grens gewees het om ons land te beskerm en nou moet toe sien dat daar geen toekoms vir ons kleinkinders is nie! Ek sal onss geskiedenis nooit vergeet en oordra tot die laaste dag op aarde!

Marthinus W ·

Ons moet onthou dat dit nie net soldate was wat geveg en gesterf het nie. Polisie, Spoorwegpolisie, munisipale werkers, mediese personeel; hulle het ook hul deel gedoen. My oudste broer was as polisielid vier keer op die grens. En dan, was nie alle soldate “op die grens” nie; dit was n totale aanslag, reg rondom ons en in ons stede. Die persone wat in die Kerkstraatbom gesterf het, was ook gevalle soldate. My pa se broer, Paul Willemse, le in Clarens begrawe. Hy is in 1965 dood tydens diensplig, en het n militere begrafnis gehad, maar sy naam verskyn nie op die muur van gevalle soldate nie. So ook Dawie Botha, wat saam met my “basies” gedoen het, en n paar maande later gesterf het. Dis sal gaaf wees indien die name op die mure van herinnering meer volledig kan wees.

Papsak ·

Nou waar wil malemma kom se dit is hulle land hulle grond ons kinders het geval vir die land nie hulle nie se ek is verkeerd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.