Honderde mense steek glo daagliks die grens tussen Suid-Afrika en Swaziland oor sonder die nodige dokumente of sonder dat hulle deursoek word.
Volgens Dianne Kohler Barnard, DA-LP, raak sy nie maklik sprakeloos nie, maar dit was wel die geval toe sy en ander DA-hoës Maandag dele van KwaZulu-Natal se grens met Swaziland besoek en foto’s geneem het.
Die afvaardiging was eers by die grensgedeelte naby die Itshelejuba-hospitaal, sowat 32 km van Pongola. “Op die toneel was tussen 12 en 15 weermaglede. Ons het hulle gegroet en ek het gevra wat hier aangaan nadat ek gesien het hoe mense onderdeur die heining tussen Suid-Afrika en Swaziland kruip. Ek het gevra hoekom die mense nie in hegtenis geneem word nie. Daar is vir my gesê hulle het nie opdrag gekry om dit te doen nie.”
Volgens Kohler Barnard wou sy ook by die weermaglede weet wat hulle daar maak, maar ook hierop kon sy nie ʼn antwoord kry nie. “Terwyl ons daar gestaan het, het daar seker 30 mense die land binnegekom of verlaat. Ek was absoluut stomgeslaan.”
“Ek het teen ʼn heuwel opgekyk en gesien daar staan ʼn taxi en wag. Die taxi vervoer glo daagliks kinders van Swaziland na skole in Suid-Afrika. Ek skat dat daar tussen 500 en 600 mense is wat elke dag die grens oorsteek. Op die dae wat Suid-Afrika se maatskaplike toelae betaal word, neem die getal erg toe.”
Kohler Barnard het gesê die DA-afvaardiging het ʼn ent verder aangery waar hulle op ʼn klein huisie afgekom het. “Daar was ʼn man wat gesê het dit is sy werk om elke dag langs die hele lengte van die heining te loop en dit te herstel. Ons het ook motorspore gesien wat beteken die heining word geknip en gesteelde motors word oor die grens geneem.”
Kohler Barnard het gesê sy is geskok dat daar geen grensbeheer plaasvind nie. “Wat as iemand ʼn kind steel en in ʼn motor se kattebak oor die grens neem? Of wat van vragmotors vol mense of dwelms?”
Die afvaardiging is daarna na die polisiekantoor by die Golela-grenspos waar hulle verneem het daar is nie ʼn skandeerder om vas te stel wat voertuie vervoer nie, asook geen honde-eenheid om seker te maak dwelms word nie oor die grens geneem nie.
“Dit is absoluut afgryslik. Daar is net geen beheer oor oorgrensmisdaadsindikate nie. Veediefstal gedy aangesien die grens eintlik nie bestaan nie.”
Maroela Media het brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, genader wat gesê het dit is nie die weermag se werk om grensbeheer toe te pas nie. Hy kan dus nie kommentaar lewer op die bewerings en foto’s nie.
“Die polisie en die departement van binnelandse sake is verantwoordelik vir grensbeheer. Dis ons werk om beskerming te bied. Grensbeheer is nie ons probleem nie, want ons is nie daar ontplooi nie.”
Die polisie het navrae na brig. Vishnu Naidoo, die nasionale polisiekommissaris se woordvoerder, verwys, maar hy kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Ja so gaan dié ook soos daardie 17 000 immigrante
Sassa toelaes kry.
‘n Taxi vervoer kinders van Lesotho?
Presies waaroor ek ook wonder. Genade, hoe raak mens só deurmekaar?
Die taxi vervoer glo daagliks kinders van Lesotho na SA????? Is dit nou tussen Lesotho of Swaziland en SA waar daar geen grensbeheer is nie? Lesotho en Swaziland sit báie ver van mekaar, dus kan julle nie deurmekaar raak nie. Ag nee Maroela!!
Dagsê Lize
Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra groot om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
En wie moet die skuld kry die afgestorwe staatshoof almal is mos hartlik welkom in die land van melk en heuning
Ons arme ou landjie bars reeds uit sy nate uit. Ons is heeltemal oorbevolk. Hierdie mense sal wil eet en iewers gaan woon. Ek gee heelltemal op!
Weereens in Afrika maak sekere mense soos hul lekkerkry.
Is mense wat grense omwettig oorsteek vandag nog nuuswaardig?
Dog ek ook, Ek is absoluut GESKOK dat die DA geskok is oor iets wat ons almal weet.
dis reg laat hulle almal kom, totdat daai land leeg is, dan gaan ons soontoe!
Waar is die “so called” weermag dan wat ons grense patroleer LOL
Die helhool is soos n Taxi, altyd plek vir nog.
Volg Trump se voorbeeld en bou ‘n muur.
Wie gaan die muur bou? In hierdie land wil niemand werk nie. Nie lank nie dan staak almal.
Wat maak die weermag dan daar. Pateties verby as hulle met so simpel ant woord kom. Die nuwe dawn sê seker, kom maar onder deur die draad verniet na die land van melk en heuning.
Ja, so staan die weermaglede rond en ons betaal hulle salarisse!
Is nie eintlik regtig verbaas nie. . . .
Dis die anc-regering so “anything goes”
Ja mense, volgens die “amptelike syfer” is daar 54 miljoen mense in SA, en nie meer as 100 miljoen soos wat kenners reken nie. Glo maar die amptelike syfer, en glo dan ook dat die tandmuis vanaand vir jou geld bring.
Haai. hierdie is niks nuut nie.
S.A het al lankal nie meer grense nie behalwe vir die blankes wat oor die grense wil gaan vakansie hou.
Tussen Zim , Mosambiek en S.A stroom die onwettiges ook lankal oor ons grense.
Mbeki het mos jare gelede gesê dat die res van Afrika na S.A moet kom want dit is die land van melk en heuning.
Ek is ook verstom dat die DA dit nie al lankal weet nie!!!
Waar was julle dan al die jare???
Wat, is die liberales kamstig nou besorg – dis mos wat hul wou he.
hulle is besorg vir ingeval daai ouens stemreg kry en dan ANC stem. Ek stem saam dat hierdie oop grense duidelik wys dat buitelanders ens wat gevang word vir misdaad nie borgtog mag kry nie.
Die ander verklaring is die weermag wil nie daadwerklik werk en grense beskerm nie, want hulle het nie die nodige toerusting/voertuie ens.
Dit wys net weer politiek mag nie in noodsaaklike dienslewering inmeng/betrokke wees nie! versorging/beskerming/voedsel-water sekerheid. Daardie areas moet werklik glad nie eens BBBEE wees nie.
Dit gaan so by die Zim grens ook. Het self gesien waar die weermaglede net staan en kyk terwyl daar mense heen en weer loop deur die geknipte drade.