Foto’s: Rooikat maak draai op Clifton

(Foto: Steve Leslie)

Wilde diere wat op vreemde plekke hul verskyning maak, is beslis geen ongewone verskynsel vir Suid-Afrikaners nie. ʼn Rooikat op Clifton se strand bly egter maar spesiaal.

Die rooikat is Donderdag op Clifton opgemerk waar Steve Leslie en sy vriendin skemerkelkies gedrink het, het Cape Town Etc. berig.

“Dit was ʼn wonderlike voorreg om só ʼn skaars kat te sien.

“Ons het skemerkelkies op Clifton se Eerste Strand gedrink toe my vriendin sê: ‘O, genade, kyk daar! Dit lyk soos ʼn rooikat.’

“Ek het aanvanklik gedink ‘wat is ʼn rooikat?’, omdat ek van Kanada afkomstig is,” het hy gesê.

“Die rooikat het doodluiters langs die strand afgestap.”

Volgens Leslie het hy die dier tot by die rotse gevolg, waar hulle net na mekaar gestaar het.

“Die rooikat was glad nie geraak deur my teenwoordigheid nie. Ná ʼn ruk het dit tussen die rotse verdwyn.

“In 40 jaar van wêreldreise en besoeke aan 90 lande het ek nog nooit só ʼn kat op die strand sien stap nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Oros Soros ·

Dankbaar vir die artikel. Nou het ek ‘n idee waar my kieterkat is.

Strandloper ·

Ek het een oggend vroeg (5uur) twee see otters sien speel op die strand in Mosterdbaai. Dit was ongelukkig te donker vir fotos en kon net hul manewales met n verkyker beloer. Dit was te kosbaar.

Hercules ·

daai kat is kaal en niemand keer hom aan nie!! moenie sonder handskoene die “arrestasie” uitvoer nie :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.