Gautengse skoolaansoeke sluit binnekort

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die laaste fase van die Gautengse departement van onderwys se aanlyn skoolaansoeke vir die 2022-akademiese jaar sluit Vrydag om middernag.

Die departement se aanlyn stelsel het teen vanoggend reeds 250 450 aansoeke vir gr. 1 en altesame 30 409 aansoeke vir gr. 8 aangeteken. Dit bring die totaal van suksesvolle aansoeke in fase 2 op 280 859 te staan.

Dít nadat altesame 351 169 aansoeke gedurende fase 1 ontvang is.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê plasings sal van 15 Oktober tot 30 November geskied. Plasingaanbiedinge sal in dié tydperk via SMS aan ouers gestuur word.

Maroela Media het vroeër berig die departement se aanlyn registrasieproses het vanjaar in twee fases geskied nadat die “ou manier van doen” verskeie probleme veroorsaak het.

Die departement meen die nuwe manier van doen blyk suksesvol te wees en is tevrede met hoe die registrasieproses tot dusver verloop het.

Aansoeke kan tot Vrydag omstreeks middernag hier ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.