Geen beurtkrag Maandag verwag

(Foto: pixabay)

Eskom het Sondagaand aangekondig dat geen beurtkrag vir Maandag verwag word nie.

Die kragvoorsiener het in ’n verklaring gesê die kragnetwerk toon tekens van herstel ná die naweek.

Luidens die verklaring het bykomende kapasiteit en ’n laer vraag na elektrisiteit oor die naweek Eskom in staat gestel om sy noodreserwes aan te vul.

“Ons word in hierdie stadium aangemoedig deur die stelsel se stabiliteit, maar versoek ons ​​kliënte om elektrisiteit spaarsamig te gebruik en ons sodoende te help om die vraag na elektrisiteit te bestuur. Dit is veral belangrik, aangesien ons ’n nuwe week ingaan waar die bedryf en skole heropen.”

Die kragvoorsiener sê hy voorspel nie in dié stadium dat beurtkrag Dinsdag toegepas sal word nie, maar sal gebruikers op die hoogte hou van die stand van sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Hou op verwag en doen net jul werk dan is die berig nie nodig in die eerste plek nie

bokka ·

Slegte nuus vir die negatiewes. Sal nou iets anders moet kry om oor te moan.

Veselperske ·

Goeie nuus vir die naïwes wat glo alles is klopdisselboom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.