Geen borgtog ná toeris se moord

Jörg Schnarr (Foto: Twitter)

Die vermeende moordenaar van die Duitse toeris Jörg Schnarr is Maandag borgtog in die Kabokweni-landdroshof in Mpumalanga geweier. Die staat het borgtog teengestaan.

Die 35-jarige Napoleon Joseph Nyalunga word aangekla van die moord op Schnarr wat ’n maand gelede op vakansie naby die Numbi-hek van die Krugerwildtuin doodgeskiet is.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Nyalunga kon nie in sy borgtogaansoek daarin slaag om te bewys dat daar buitengewone omstandighede is wat sy vrylating toelaat nie.

Die NVG het die borgtogaansoek betwis weens die erns van die misdryf.

Numbi-hek (Foto: TripAdviser.com)

Schnarr was op 3 Oktober vanjaar as deel van ʼn toergroep van die Drakensberge na die Mdluli Safari Lodge in die Krugerwildtuin op pad, toe gewapende aanvallers hulle in ʼn lokval naby die Numbi-hek voorgekeer het. Hy het die motor bestuur en is deur sy motorruit geskiet.

Die voorval het groot opslae gemaak en die hoofopskrifte in verskeie Duitse nuusblaaie gehaal. Bheki Cele, minister van polisie, het later self die gebied besoek en was ook op die toneel waar die skietery plaasgevind het.

Nyalunga is tans die enigste om verantwoording vir die moord op Schnarr te doen. Sy saak is vroeër vandag tot Januarie volgende jaar vir verdere ondersoek uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pierre ·

Onmenslik geen borg, almal kry borg maak nie saak wat jy doen nie die MRK sal seker more daar wees.

Jannie van Niekerk ·

Gaum en Nissen sal beslis sorg dat hulle persoonlike husivriend borg kry

Casper ·

Boonop is hy van Mosambiek afkomstig en is hy ‘n vlug risiko.

Martin ·

Almal kry borg nt om weer te moor hoekom di ou in di tronk hou is dt dalk om dt di buite wereld ons dop hou hy sal oor n maand vrywees

Marcello ·

Ek het ookal nogal gewonder of dit oor die feit dat dit ‘n buitelandse toeris is, want was dit ‘n Suid-Afrikander, het hy borgtog gekry en die saak het verdwyn.

domheks ·

More ‘ontsnap’ hy – dis soos dit in die land verloop.

Hennie ·

Hoekom? Is ‘n wit toeris se lewe meer werd as ‘n wit boer s’n?

Flip ·

Baie waar Hennie,. Want die buitewêreld hou ons dop………

J ·

Ons almal weet waaroor dit gaan. “Geen borgtog” is om die internasionale media te paai. Was dit ‘n gewone SA burger , was die uitslae hoogs waarskynlik anders. Kortom, die moordenaar het as’ ware die verkeerde witmens (‘n buitelander, en ‘n Duitse burger) doodgeskiet, en gaan daarom nou defnitief sit.

Die regering wil nie graag ‘n afname in al die Duitse besoekers na die land hê nie.

Di ·

Was dit nie ‘n toeris gewees nie, was hy LANKAL weer op straat met R500 borg. Skynheilige spul, wil nie he die ander lande moet sien hoe korrup ons regstelsel werklik is in DIE land nie!

Anel ·

Aa dit nou een van ons was wat vermoor is, het die mosambieker al gister borg gekry. Ek dink omdat die wêreld se oë nou op die gebeure is, is borg geweier. Wat ‘n skeinheilige spul!!!!

Sarel ·

Maar aan Moordenaars van SA Burgers, ongeag Ras, word gereeld Borg toegestaan..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.