Geen borgtog vir Mpuma-taxibestuurder

Standerton-ongeluk

‘n Taxi het op 4 Oktober 2014 ‘n vragmotor reg van voor getref op die pad tussen Perdekop en Standerton. Foto: @lindyyak op Twitter.

Die bestuurder van ʼn minibustaxi wat betrokke was in ʼn ongeluk waartydens 11 persone in Mpumalanga gesterf het, se aansoek om borgtog is Maandag in die Standerton-landdroshof in Mpumalanga afgekeur.

“Tsepang Motloung bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op 15 Oktober,” het beamptes van die hof gesê.

Elf mense is Vrydag dood en ses is beseer toe Motloung se taxi ʼn vragmotor op die R23 tussen Perdekop en Standerton reg van voor getref het. Hy het glo versuim om by ʼn “stop en gaan”-padkonstruksiekontrolepunt stil te hou en het in die enkelbaan bly ry.

Lees ook:
Standerton-ongeluk: Taxibestuurder vas
11 sterf in trompop botsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae