Geen borgtog vir polisieman wat glo moor

sapd-saps-polisie uniform

Foto: SAPD/Facebook

Die Piketberg-streekhof het ʼn polisiebeampte, wat van die moord op sy meisie verdink word, se aansoek om borgtog van die hand gewys.

Die beampte word daarvan beskuldig dat hy sy meisie op 2 Januarie 2022 in die Wes-Kaap met sy dienspistool doodgeskiet het.

Lizzy Suping, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die polisiebeampte, wat nie in daardie stadium aan diens was nie, het sewe keer op sy meisie geskiet tydens ʼn bakleiery.

“Die beampte het sy meisie by haar huis gaan soek. Toe hy haar nie daar kon kry nie, het hy dorp toe gery en haar in die geselskap van haar familie gevind. Hy het daarop aangedring dat sy in sy motor moet klim, maar toe sy weier, het hy sy dienspistool te voorskyn gebring en haar en ʼn familielid sewe keer geskiet. Die meisie is drie keer getref en sy is op die toneel oorlede,” verduidelik Suping.

Die familielid kon vlug en het skuiling by ʼn nabygeleë vulstasie gaan soek met die oorledene se 11-jarige seun en ander kinders.

Die saak is tot 12 September 2022 uitgestel en na die hooggeregshof oorgeplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

As hy met sy diens pistool geskiet het moet die polisie ook verantwoordelik dra die polisie moet ‘n reël maak dat vuurwapens na ‘n skof ingehandig word.

SjN ·

Op grond van wat wil hy Borg he? Hy weet mos wat hy gedoen het.

Jack ·

Sap lede moet hul dienswapens inhandig wanneer hulle van diens gaan. Dit is die hoeveelste geval van moord op die basis. Te maklik. Hoeveel van die wapens word afgeneem van lede wat van diens af is. Nog n cele flater.

Lillian ·

As polisielede maar so yweig was om kriminele dood te skiet soos wat hul familie en geliefdes afmaai….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.