Geen lesings by UK, sê VSR

Studente en personeel het Vrydag ʼn stille betoging op die trappe voor die Jameson-saal gehou, en plakkate rondgeswaai met versoeke dat akademiese aktiwiteit moet hervat (30 September 2016) Foto: Ashraf Hendricks, GroundUp

Studente en personeel het Vrydag ʼn stille betoging op die trappe voor die Jameson-saal gehou, en plakkate rondgeswaai met versoeke dat akademiese aktiwiteit moet hervat (30 September 2016) Foto: Ashraf Hendricks, GroundUp

Die Universiteit van Kaapstad (UK) se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het studente gewaarsku om nie Maandag na hul klasse terug te keer nie, nadat die universiteitsraad beslis het dat lesings sal hervat te midde van betogings oor studentegelde.

Die VSR het Sondag in ʼn verklaring gesê hy ondersteun nie die raad se besluit om die universiteit weer oop te maak nie. “Ons ondersteun of moedig studente nie aan om Maandag terug te keer klas toe nie, met die teenwoordigheid van privaat sekuriteit en sonder behoorlike gesprekke tussen alle belanghebbendes met ʼn duidelike oplossing nie.”

Die veiligheid van studente en personeel kan bedreig word, aangesien dit nog steeds nie duidelik is of die universiteitbestuur enige vordering gemaak het wat die betogers en die “interdik- en tribunaalproses” betref nie, het die VSR bygevoeg.

“Dit sou oneerlik wees van ons as ons studente sou aanmoedig om terug te keer, wetend dat die spanning tussen belanghebbendes voortduur, wat beteken dit is nie ʼn voordelige omgewing vir studente om behoorlik hul studies te hervat nie,” het die VSR gesê.

Volgens die VSR het die universiteit ook “ʼn gebrek aan toewyding om die vraag na gratis hoër onderrig te ondersteun en die regering word gemaan om dringend ʼn duidelike toewyding te toon”.

Studente en personeel het Vrydag ʼn stille betoging op die trappe voor die Jameson-saal gehou, en plakkate rondgeswaai met versoeke dat akademiese aktiwiteit moet hervat.

Intussen het bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand Sondag aangedui dat personeel Maandag sal terugkeer werk toe en lesings sal Dinsdag by dié universiteit hervat. Lees meer.

Universiteite word geteister deur betogings oor studentegelde en studente eis gratis hoër onderwys. Die betogings het weer opgevlam nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegelde met ʼn maksimum van 8% in 2017 sal styg.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Marx

Nee? STUDENTE wil studeer, graad kry en begin toekoms bou. Die res wil staak vir “gratis watookal”….na hulle met 30% slaagsyfer in Matriek ingeskryf het by ‘n universiteit. As my studente NIE hulle graadkursusse klaarmaak hierdie jaar nie, gaan hulle nie volgende jaar kan begin werk by die hulle beurs-maatskappye nie, gaan hulle nie volgende jaar plek hê in die koshuise nie. Nou eindig die universiteit op met duisende studente wat NIE klaar geswot het nie, PLUS al die nuwe eerste jaars vir 2017…..waar gaan almal klas loop?

John

Die groen appels het toe nie ver van die boom geval nie. Wie gaan dit optel? Pappa?

RK

Hoe op dees aarde wil hulle gratis opleiding hê. Hulle kom nie eens hulle vakke deur nie….. Dink net hoeveel geld gaan gemors word; want Mnr en Mej Student gaan vir altyd op universiteit wil bly. My hart gaan uit na die studente wat hul kant bring en nou moet swaar kry.

Maria van Dieweeck

Maar net nog n onreg in SA. Baie van die wit studente, wat betaal het om in die koshuis te bly, bly nou oor by vriende of familie. Van die studente doen nou aansoek by oorsese universiteite, my hart breek.

John

Die woede oor die ellende van agtergeblewenes en werkloosheid is ‘n mite. Die waarheid is dat dit skynbaar groot voordele inhou. Om nie werk te kry nie of ‘n sg slawesalaris ontvang laat jou nie vir water of krag betaal in die huis wat die staat borg nie, kinders kom gratis in die wereld en kry onderhoud, skoolfonds word nie betaal nie, kos en klere word deur samaritane geskenk, studente leef en studeer gratis en kry hierna topposte en gaan sit vir ‘n paar maande tuis totdat hul sg verontregte student weer sy gratis studie-kaart bekom, en dan is ons… Lees meer »