‘Geen meer kans op herstel’ vir ‘Binnelanders’-akteur

Bradley Olivier, bekend as Danny Jantjies in ‘Binnelanders’. (Foto: Brandon Barnard Photography)

Die geliefde Binnelanders-akteur Bradley Olivier se familie het bevestig hy word tans deur masjiene aan die lewe gehou, maar daar blyk egter geen vooruitsigte vir beterskap te wees nie.

So sê Solomon Cupido, woordvoerder van Olivier se familie, wat Woensdag dié nuus aan Maroela Media bevestig het.

Gerugte oor Olivier se gesondheid het Dinsdag op sosiale media begin versprei, met talle nuusbronne wat selfs berig het dat Olivier reeds gesterf het.

Hy word tans nog in die Life Flora-hospitaal in Roodepoort behandel. Hy is Maandag in dié hospitaal opgeneem.

Daar is nie verder uitgebrei oor wat aanleiding tot sy huidige gesondheidstoestand gegee het nie.

“Ondanks talle pogings het dit duidelik geraak dat hy ʼn punt bereik het waar hy nie meer gaan herstel nie,” sê die familie.

“Ons vra dat die familie se privaatheid in hierdie geweldig moeilike tyd gerespekteer sal word en dat ons toegelaat sal word om in vrede te rou.”

Die familie het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te weerhou om spekulasie aan te blaas of aan sensasionalisme deel te neem.

“Ons begryp die belangstelling in Bradley se toestand, maar dit is uiters belangrik om meegevoel en respek vir die familie se wense te toon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Althes ·

Sterkte aan sy familie. Dis ñ ongelooflike groot skok vir ons aanhangers.

Ann ·

Dis hartseer dat daar webwerwe is wat sommer reeds berig hy het gesterf. STerkte aan sy familie, dis ‘n swaar slag.

Wit Leeu ·

Alle sterkte aan Brdaley en die familie. Dis nou ‘n groot slag van ‘n baie geliefde akteur. Die Here sal voorsien vir julle !

daarsdit ·

My hart is baie seer. Hy was altyd ons held in Binnelanders, voel of hy familie is. Mens het nie woorde wat gaan help met die seer nie, al wat ons kan doen is bid.

Maria. M. ·

Dis verskriklike hartseer nuus, hy was ook my gunsteling akteur, woorde gaan niks beter maak, ons kan net op ons kniee bly vir algehele genesing. Mag almal hierby betrokke berusting vind in die pas voorentoe. Baie sterkte aan al sy geliefdes.

Suzie ·

Baie dankie dat julle eers die feite gekry het voor enige plasings. Dis hartseer, hy is so deel van ons Binneland huis. Sterkte aan sy familie.

Mallie ·

Sterkte vir almal wat betrokke is. Geen mens weet waar deur hulle gaan nie. Selfs al het jy iemand verloor, jy kan jou in hulle posisie in dink en dan se”sterkte”, nie dat hulle hoef sterk te wees nie. Ons dink aan julle.

Skappie ·

Dit is nou nie goeie nuus nie. Kan maar net aan sy gesin se sterkte met die pad vorentoe . Glad nie lekker om iemand so te sien le nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.