Geen outomatiese spesiale stem vir dié ouer as 60

Argieffoto (Foto: arivera, Pixabay)

Daar steek geen waarheid in WhatsApp-boodskappe waarin  beweer word dat alle Suid-Afrikaners ouer as 60 outomaties vir ʼn spesiale stem in die dae voor verkiesingsdag kwalifiseer om lang toue te vermy nie.

“As jy lang rye en parkeerprobleme wil vermy: Die OVK het toestemming gegee dat almal ouer as 60 op die 27ste en 28ste kan gaan stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is,” lui die valse boodskap wat die afgelope paar dae wyd op sosialemediaplatforms versprei is.

Die outeur van die boodskap verskaf in dié boodskap ʼn nommer waarna Suid-Afrikaners ouer as 60 kwansuis hul ID-nommer kan stuur sou hulle voor stemdag wil gaan stem om “lang rye en parkeerprobleme” te vermy.

“Ek het op 25 April ge-SMS en binne ʼn paar minute my toestemming gekry,” beweer die skrywer dan.

Maar volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is daar geen ouderdomsgebaseerde toegang tot ʼn spesiale stem by stemlokale nie.

“Alle spesiale stemme is slegs beskikbaar op aansoek,” het die kommissie bevestig.

Aansoeke om ʼn spesiale stem sluit Vrydag.

Volgens wet kan Suid-Afrikaners aansoek doen vir ʼn spesiale stem indien hulle liggaamlik verswak, gestrem of swanger is en nie in staat is om na die stemlokaal te reis nie, óf nie op verkiesingsdag by hul geregistreerde stemlokaal kan stem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Duck ·

Sal nogal baie paslik gewees het as ons wat ouer as 60 is, die lang rye kon verhoed. Maar nou ja, dit is soos dit is.

Ansie ·

Ek was gevang met daardie een en ek vermoed die persoon/persone wat dit uitstuur het toegang tot die kieserslys, aangesien my boodskap beantwoord is en die plek waar ek geregistreer is om te stem, daarop aandui.

Johan ·

@Ansie. Ek ook, maar gelukkig weet ons nou dat dit snert was. Wat mense met sulke vals boodskappe probeer bereik, sal ek graag wil weet.

Cherokee ·

Sou interessant wees om te weet of te spekuleer oor wat mense wat sulke vals boodskappe stuur, daarmee probeer bereik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ansie, dis kommerwekkend. Dit lyk of kuberkrakers reeds die OVK se stelsels binnegedring het.

Bolandse Nooi ·

@Ansie & Johan, hulle wil toegang kry tot jou ID. EN HULLE HET NOU!!!

Andries ·

Die persone wat hiervoor verantwoordelik is moet vervolg word itv Popia Wet. Persoonlike inligting (ID gekoppel aan sel nommer) is op bedrieglike wyse bekom en word heel waarskynlik verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.