Geld in trust lei polisie na ‘ontvoerders’

(Argieffoto: pixabay)

Twee verdagtes is vandeesweek in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met ’n Durbanse sakeman se ontvoering vroeër vanjaar.

Die sakeman (60) is in Julie ’n week lank aangehou terwyl sy ontvoerders ’n losprys van miljoene rande van sy familie geëis het.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê vier verdagtes het die sakeman op 8 Julie omstreeks 17:38 by sy onderneming in Umgeniweg in Durban oorval en in hul motor gedwing.

Die man is sewe dae lank gyselaar gehou voordat die ontvoerders ’n losprys van R10 miljoen by die familie vir sy vrylating geëis het.

Mbele sê die polisie het Sondag inligting ontvang wat hulle in staat gestel het om die geld in ’n familietrust in Bloemfontein op te spoor.

’n Aksieplan is ingestel en die verdagtes, albei 48 jaar oud, is Maandag gedurende ’n multidissiplinêre operasie in Bainsvlei in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Die verdagtes verskyn na verwagting vandag (Donderdag) in die Durbanse landdroshof op aanklagte van ontvoering en afpersing.

Die polisie het gedurende die inhegtenisnemings beslag gelê op elektroniese ware en drie vuurwapens wat na bewering vir die ontvoering gebruik is.

Die polisie is intussen op die spoor van die oorblywende twee verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

4ntj13 ·

Huh?

Sewe dae gevange gehou, tjoepstil. Toe op dag 7 eis hulle R10 miljoen. En toe is die man dadelik nie verder aangehou nie…
Vir die volgende beriggie:
1. Is die R10 miljoen op dag 7 betaal?
2. Is die sakeman vrygelaat of vermoor?
3. Het hy darem kos ontvang en ʼn warm bed gehad tydens ontvoering?

Bainsvlei nogal! Dis verskriklik hartseer dat súlke misdadigers tussen ons bly!

Misky ·

So ek neem aan die geld is getransfer na die trust….. hoe het hulle gedink sal dit nie gevolg kan word nie? Ai, sommige darem net plein stupid en dom!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.