Geldhoof in Noordwes in hof oor verblyfpermit

Kudakwashe Mpofu (Foto: NWOK)

Die voormalige finansiële hoof van Noordwes se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme, het in die landdroshof in Pretoria verskyn oor sy verblyfpermit wat glo op bedrieglike wyse bekom is.

Kudakwashe Mpofu (32), ’n Zimbabwiese burger, staan tereg op aanklagte van bedrog en oortreding van die Immigrasiewet.

Daar word beweer dat Mpofu in 2022 ’n bedrieglike verblyfpermit bekom het ten einde in die land te bly. Mpofu het homself Woensdag aan die polisie oorgegee, waarna hy in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het.

Die saak is tot 26 Maart uitgestel vir ʼn moontlike borgtogaansoek. Die beskuldigde bly in aanhouding. Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die NVG is van voorneme om Mpofu se borgtogaansoek teen te staan.

Aaron Motsoaledi, minister van binnelande sake, het Sondag op ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) gaan ondersoek instel oor hoe Mpofu glo ʼn vervalste permanente verblyfpermit bekom het.

“Ek kan bevestig Mpofu se permanente verblyfdokument is volgens ons rekords bedrieglik en nie deur die departement van binnelandse sake uitgereik nie en ons weet nie waar hy dit gekry het nie.”

Motsoaledi het die aangeleentheid as ʼn “nasionale verleentheid” bestempel.

Galebekwe Virginia Tsotso Tlhapi, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake, bewaring en toerisme in Noordwes, het gesê hulle sal saam met wetstoepassingsagentskappe werk wat hierdie saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jeanette ·

Nou ja stap sommer oor van Zim en kry ‘n hoe pos hier, ai ons regering darem!!!!!!!!

Di ·

Daar is nog BAIE soos hy in die land. Sommige ook in politieke kringe. ALMAL is mos welkom hier, hoekom HOM uitsonder

Republikein in die Wes Kaap ·

Was skaars 30 toe hy aangestel is as hoofdirekteur. Nogal indrukwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.