ʼn Poging tot ʼn transitorooftog is Dinsdagoggend gefnuik nadat wagte van ʼn veiligheidsmaatskappy teruggeveg het toe aanvallers in twee luukse voertuie op die geldwa toegeslaan het.
Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het op die R68 tussen Dundee en Nqutu in die noorde van KwaZulu-Natal plaasgevind.
“ʼn Veiligheidswa met drie insittendes het geld van Dundee na Nqutu vervoer toe hulle aangeval is deur ʼn groep onbekende mans wat op hul losgebrand het en die geldwa gedwing het om die pad te verlaat,” het Naidoo gesê.
Volgens Naidoo het ʼn skietgeveg tussen die wagte en die verdagtes uitgebreek en die verdagtes het van die toneel gevlug in ʼn wit Hilux-bakkie en ʼn wit Audi wat later verlate langs die Helpmekaar-grondpad aangetref is.
Naidoo het gesê niemand is tydens die voorval beseer nie en geen geld is gesteel nie.
bly die wagte is ongedeerd, laat die swernote vir hulle kry, goed gedoen, ” GOOD SHOW”
Gee hierdie wagte ‘n vet bons. Hul;e is dit werd.
Mooi so!!!
Mooi so vir daardie wagte. Ja hulle verdien groot bonus.
Hoe jammer dat dit is waartoe mense gedryf word en wat van die wat in die pad kom van al die koeels?
Die land word erger as n Mafia staat. Hoe gaan dit gestop word?
Vra vir Lindiwe Sisulu en CR.
Alida ek stem saam met jou.
Waarom geldwaens nie met nog n kar met gewapende wagte begelei word nie, kan ek nie vetstaan nie.
Ek dink hulle moet wegdoen met daai geldwaens en hulle karre gee met blou ligte, nie noodwendig swart soos die VIP’s nie maar ‘n ander kleur, niemand val daardie karre aan nie.