Lede van Durban se soek- en reddingseenheid is na ʼn huis in Durban-Noord ontbied waar ʼn geraamte gevind is.
Volgens die polisie was kontrakteurs besig om fondamente uit te grawe vir aanbouings aan ʼn huis in Beachwayweg.
Die patoloog het met ʼn beheerde uitgrawing begin om die oorskot te bewaar vir ʼn outopsie en dit te identifiseer. Beamptes hervat Sondag die uitgrawing. Die geraamte is na Gale-lykshuis geneem vir verdere ondersoek.
Waar het Gert van Rooyen orals “vakansie” gehou destyds?
Jammer, seker totaal irrelevant, maar ek dink gereeld aan daardie arme meisies en hul families.
Dis nie irrelevant nie. Hier is n storie agter die persoon en hopelik gaan die skuldige vasgetrek word uiteindelik.
Gladnie irrelevant. Dit was my 1ste gedagte oom. Ai sal nooit vergeet nie. Maar hier is spreekwoord weer vanpas. Al gaan die leuen dan ook hoe snel. Die waarheid agterhaal hom wel. Berusting vir geliefdes wat dalk nog altyd hoop
My eerste gedagte ook.. mmm. Great minds think alike?
Uiteindelik is Jim my Hoffa gevind.
Dis dalk eens van baie wat uit Zuma se kas kom!!!
Meskien die kindertjies wat verwyn het saam met Gert vsn Rooyen en Joey Haarhoff.
Ek het presies dieselfde gedink – Gert Van Rooyen! Ek dink daar is nog baie generasies wat dit baie vlak in hul geheue het en as iemand op so “verdwaalde” geraamte afkom, gaan dit van die eerste gedagtes wees. In ‘n mate hoop mens dit is dalk een van daardie meisies… :(
Die navorsers kan bepaal hoe oud geraamtes is en wie weet, ons weet Van Rooyen hulle was geruime tyd in Natal om vakansie te hou (?) en miskien, net miskien, is hierdie een van die vermiste kinders. Sal dit nie wonderlik wees vir sommige van die ouers om uiteindelik afsluiting te kry van hul aaklige ondervinding nie? Kan nie glo dat soiets net sommer vir jare onopgelos kan bly.