Gert van Rooyen se seun vasgetrek

Gerhard van Rooyen. Foto: Verskaf

Gerhard van Rooyen, ʼn seun van die pedofiel Gert van Rooyen, is deur die polisie vasgetrek vir beweerde bedrog.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê Van Rooyen (49), wat glo ook die naam Gerrit Cornelius van Rhyn gebruik, is Donderdagoggend in Potchefstroom in hegtenis geneem. “Sy vrou (49) is ook in hegtenis geneem en hulle is by die Klerksdorp-polisie in aanhouding.” Hulle sal Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal.

Die polisie soek al ʼn geruime tydjie na Van Rooyen in verband met verskeie bedrogsake wat teen hom aanhangig gemaak is.

Van Rooyen het glo in Maart 2013 in koerante en op sosiale media advertensies geplaas oor ʼn huis wat te huur is. Wanneer mense hom sou kontak, het hy hulle glo gevra om ʼn deposito in ʼn rekening in te betaal. Hy het glo dan die geld na ʼn ander rekening oorbetaal en verdwyn.

In ander gevalle het Van Rooyen glo ʼn voertuig verkoop en weer eens voornemende kopers versoek om die geld in ʼn rekening in te betaal. In een geval het hy glo ʼn persoon oortuig om R12 000 in sy vrou se rekening in te betaal. In ʼn ander geval het ʼn vrou van Klerksdorp glo R30 000 in sy rekening inbetaal vir ʼn motor wat hy wou verkoop.

Van Rooyen is in Maart vanjaar in Gansbaai in die Wes-Kaap in hegtenis geneem. Hy is later op borgtog van R8 000 vrygelaat en beveel om elke Woensdag by die Villieria-polisiestasie in Pretoria aan te meld. Van Rooyen het egter verdwyn.

Van Rooyen word glo met talle sake verbind. Maroela Media verneem die polisie gaan vra dat die sake gesentraliseer word waarna hy na Pretoria gebring sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Delia ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense so maklik geld oorbetaal vir huise/motors ens wat hulle nog nie eens gesien het nie. Mens gaan kyk mos eers en ontmoet die verkoopspersoon en teken ‘n kontrak?

Suzette ·

Delia ek kon dit ook nog nooit verstaan nie. Mense word op duisende maniere gewaarsku, maar trap telkens in die strik. Hopelik word hy en sy helpster nou gestuit. Genade kan dit werklik soos iemand hieronder tereg noem “criminal minds” wees. ASB mense wees in julle pasoppens daar is baie van hulle soort daarbuite en elke “betroubare” mens is nie altyd so betroubaar nie.

Papiewatdiekastaiingsuitdievuurmoetkrap ·

Ja.. jy gaan agteroor val as jy werklik weet hoeveel mense betaal sommer net geld oor vir vreemdes.. dis eintlik n skande, ek sal te skaam wees om te erken ek was so stupid..

MissDemeanor ·

Lyk my Annie weet nie wie die pa was nie. Annie Gerrit se pa, Gert van Rooyen was n pedofiel en reeksmoordenaar. Sy vrou (Gerrit se ma) was medepligtig. Gerrit het groot geword in n huis waar mense maak wat hul wil. Psigopate.

Cherokee ·

Sy oorle pa sou geskok wees as hy sou uitvind hoe onhebbelik sy seun is!

Valerie ·

Daar is ‘ reuse verskil in wat die twee gedoen het. Daar is nie ‘n appel nie en ook nie ‘n boom ter sprake hier nie.

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of die “van Rooyens” oor die algemeen bots met die gereg

Amber ·

Lyk my van die lesers weet nie wie Gert van Rooyen was nie. . Hy’t die land in opskudding gehad met die verdwyning van tiener meisies wat nooit opgespoor is nie.

Cherokee ·

Amber, ek dink (byna) almal bo 25 weet wie Gert van Rooyen en Joey Haarhoff was.

Dirk Strauss ·

Die artikel sê “‘n seun van die pedofiel”…. met ander woorde hy het nog seuns? Ek het ‘n dokumentêr gekyk oor die ou. Daarin sê hulle dat Gert van Rooyen se seun gearresteer is vir moord op ‘n jong vrou van Zimbabwe of Mosambiek. Die ou is tronk toe en is intussen vrygestel na sy vonnis uitgedien is. Ek weet nie of die seun en daai seun dieselfde seun is nie. Al is hulle dieselfde seuns, daai kriminele gene is maar in hulle bloed.

WhoCares ·

Hy het 4 seuns…. Flippie is die seun wat vir moord toegesluit was en is nou uit op parool. Gerhard en sy jonger broer is al 2 kinders van GvR se 2de vrou.

Riette ·

My skoonma het die persoon in lewende lywe ontmoet juis oor al die scams.
Sy’t huurkontrak geteken, hy’t nogal in sy kantoor afskrif vir haar gemaak, alles was legit en het reg gelyk toe plaas sy deposito en 1ste maand se huur oor, toe ons 2 dae later daar aankom vir die intrek staan daar 5 ander “huurders” ook en wag vir hom om die sleutels te bring.
Ergste van alles hy’t beëdigde afskrif van sy id saam huurkontrak gegee!!
Ek hoop maar saps oral in die land kan hul dossiere almal saam bymekaar kry teen die vent!!

Lientjie ·

Sou jy geweet het dit is Gert v Rooyen se seun wat voor jou sit?

Belinda ·

Weet enige iemand wat sy oupa en ouma van Rooyen se name was?

Cor ·

Hy dra die familie naam van al sy voorgeslagte en ook die nageslag. Sy ouma was Gertruida ook die familie naam

CW ·

Klink my hul hele gesin is i klomp kriminele! Sy pa was i baie siek in die kop mens gewees! En Valerie…misdaad bly misdaad!

Estie ·

Die kinders was nooit gevind nie! Sy pa en Joey Haarhoff was geskiet in die nag deur die Polisie in hulle agterkoppe. Hoe kan iemand skuldig wees as daar nie n lyk is wat DNA het van n beweerde persoon. Orals is dit alleged GvR…ek reken mense die saak moet oopgemaak word. Soek die kinders. Hierdie kinders is deur gejag deur mense soos ons.

Piet ·

Estie, waar val jy nou met hierdie weergawe uit? Was jou pa dalk n polisieman of iets of het jy net baie Petrocelli gekyk toe jy klein was? Een van sy slagoffers het dan uit n kas uit ontsnap voor Gert en Joey op die vlug geslaan het met sy bakkie. Dink jy dat iemand anders hulle geframe het en dat die kind wat ontsnap het deel is van die komplot?

Moljol ·

Ek het so rukkie terug probeer inligting kry oor sy pa se saak. Wat ek gelees het was dat van Rooyen swembadens vir mense ingesit het. Daar word vermoed dat die kinders se ligame onder daardie swembadens begrawe is. Dis n groot “mistory”!!!

Suzaan ·

Dit blyk dat kriminele neigings en seksuele misdrywe dik loop in die van Rooyen gene…!

Kobus ·

Kan iemand dalk vir my die adres gee van die eiendom wat hy voorgegee het om te verhuur? Al is dit net kompleks se naam en omgewing. Ons was ook deer ń soortgelyke scam gevang.

Domvraag ·

Wit oortreder en n foto van sy gesig word gewys. Swart oortreder en geen foto van hulle gesigte?..Snaaks hoe u as MM konsekwent optree??

Anoniem ·

Ja nee crime hardloop hog in die van rooen familie miskien weet hy iets van die meisies wat weggerask het maar swyg hey so baie aam die ouers van die meisies gedink dis al soveel jaar .

Anoniem ·

Stem saam gaan na n dealer toe wat diy wetlik doen nie eers motors of enige iets uit n koerant koop nie dis waat daar ook huis agente is .

Anoniem ·

Cherokee ek glo nie sy pa sou geskok gewees het nie sy pa was n pedofiel with a major criminal mind .

Cherokee ·

Anoniem… uh.. e.. eintlik het ek dit tong in die kies gesê en geweet nie almal sou weet dat dit met ‘n kopskud en glimlag gesê is. As jy al die kommentare gelees het sou jy my antwoord aan Amber (gister) gesien het.

Piet 1 ·

Piet ek glo nie die ou weet iets nie, n pedofiel is hondskelm. Gert snr was n ouderling in die kerk. Mens word tog verkies, so jy moet nogal ‘n front kan voorhou. Daar word al vir jare gestry oor wat sy naasbestaandes dalk weet. Ek dink hulle was almal slagoffers van Gert, hierdie jafel inkluis. Ek dink dit moet ‘n geweldige kruis wees om ‘n kind van Van Rooyen te wees. Om beskuldig te word dat jy nou kwansuis bewus moet wees van sy duiwels dade moet seker hel wees. Van die slagoffers se naasbestaandes het ook maar aangejaag. Kyk gerus hoeveel maal was Mark Scot Crosley in die moelikheid – Sy suster is deur Gert ontvoer. Die pert moet sy tyd agter tralies gebruik om sy lewe te probeer omdraai. Mens moet erken dat die “odds” is nogal teen hom. Sterkte aan almal vir 2018!

Feit ·

Gert Sr. was nie ouderling in kerk nie, maar pastoor in ‘n sekte.

Cherokee ·

Feit, ek wil graag jou feitelikheid toets. Ek het nie geweet dat Van Rooyen ‘n pastoor was nie en ek weet ook nie van watter denominasie gepraat word nie maar reageer slegs op jou woord ‘sekte’. Weet jy wat ‘n sekte is? Die heersende opinie is nie dat ‘n sekte bloot ‘n groep is wat afgestig het van tradisionele kerke nie maar dat hulle dwaal leringe volg. Bewys jou feitelikheid.

Adri ·

Wil net vir al die persone wat so maklik geld oorbetaal en in alles glo wat te goed is om waar te wees. Kontak my apteker, hy verkoop pille wat vir Domgeit help. Werk na twee maande se gereelde gebruik. na jy al jou geld verloor het!

Katryn ·

Nee!! Nie alle van Rooyens is dieselfde nie!!! Daar het net twee van Rooyens in die land aangekom: een is met ‘n swart dame getroud en die andereen het nooit getrou nie!!! Sooo? Maak jou keuse!!

Muffin ·

Nee Cherokee. Sy pa sou eerder geskok gewees het omdat sy seun weer gevang is en nie meer bedrog kan pleeg nie. Hoop nie hy kry weer borg nie.

Blondie ·

@Feit ~ Jy is 100% korrek! ‘n Pastoor van ‘n Sekte Kerk!

Cherokee ·

Jannes, ek is bly jy vra ook die vraag. Ek het dieselfde vraag aan ‘Feit’ gevra om sy feitelikheid te toets.

Tessa ·

‘n Sekte verkondig dwaalleringe en breinspoel hul volgelinge!

Jannes ·

Volgens watter kerk of instelling se opninie word besluit die een verkondig ‘n dwaalleer en die ander een nie?

Piet ·

Die ouderling storie het ek destyds in ‘n sekere gesinstydskyf gelees. Dalk het hulle sensasie gesoek. Nie dat dit eintlik n verskil sal maak nie, maar ek sal tog wil weet of die tyskrif dan twak gepraat het.

Doreen du Plessis ·

Ek het die van Rooyens geken. Was saam in laerskool en toe hoerskool. Gert snr was n ouderling. Hy het vier kinders by sy eerste vrou en by Aletta het hy Gert jnr. Gert se oudste seun het sy naam en van laat verander omdat almal hom met sy pa vergelyk het. Alleta en Gert se kinders uit sy voorige huwelik het Gert gehaat en was bang vir hom. So al sy kinders is nie soos hy nie.

Mildred ·

Moet asb nie dat die geskiedenis hom self herhaal.Dis n heksejag net oor hy Gert van Rooyen se seun is.Hoe vlug mens van polisie.maar jy doen besigheid oop en bloot.Lees hy tot n kantoor gehad .Lagwekkend ,skrikwekkend.Hoop jy veilig Gerhardus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.