Gesinsmoord in die Sederberge: Ma los briewe

Van links Dewald Coutts, Teresa Meyer, klein Lurese Meyer, Luhan Meyer, klein Luhan Meyer en Rian Coutts. (Foto: Verskaf)

Toe Dewald Coutts vir langer as ʼn week nie van sy ma of haar man en die egpaar se twee kinders van Moorreesburg in die Wes-Kaap gehoor het nie, het hy die ergste verwag.

Niks kon hom egter voorberei op die oproep wat hy verlede week van die polisie af ontvang het om hom in te lig dat die gesin se liggame op ʼn afgeleë kampterrein in die Sederberge gevind is nie. Elkeen met ʼn skietwond in die kop.

Luhan Meyer (58) en Teresa (48) het op Dinsdag 18 Junie saam met hulle kinders Lurese (12) en Luhan jr. (10) na ʼn kampterrein buite Clanwilliam vertrek en sou daardie Donderdag teruggekeer het huis toe na Moorreesburg waar die egpaar ʼn meubelwinkel bedryf het.

Die egpaar, wat in 2006 getroud is, het sowat twee jaar gelede saam met hulle twee jong kinders vanaf Riebeeck-Wes na Moorreesburg verhuis. Lurese en Luhan was sedertdien leerders aan die Laerskool Dirkie Uys.

“Ek praat elke dag met my ma,” vertel Coutts, Teresa se seun uit ʼn vorige huwelik wat tans in Margate in KwaZulu-Natal woon. Hy het nie geweet dat die gesin beplan het om te gaan kamp nie.

“Ek het haar die Woensdag gebel en haar foon was afgeskakel. Daarna het ek aanhoudend gebel. Volgens ʼn werker van my ma-hulle het hulle Maandag in die motor geklim en hulle sou Donderdag terugkeer. Ek het dit kans gegee tot Donderdag waarna ek sekuriteit en polisie na hulle huis toe gestuur het,” vertel Coutts.

Die gesin was egter steeds nie tuis nie en hy het eers ʼn week later van hulle dood gehoor toe personeel van die kampterrein op hulle liggame afgekom en die polisie ontbied het.

Volgens Coutts is die kampterrein afgeleë met geen elektrisiteit of telefoonsein nie.

Luidens mediaberigte word daar vermoed dat Teresa eers haar gesinslede en toe haarself geskiet het. Coutts stem egter nie hiermee saam nie. “Ek het intussen by die forensiese span en die polisie gehoor dat hulle self nie seker is wat gebeur het nie. Hulle weet nie wie het geskiet nie. Ek weet nie waar dié inligting vandaan kom nie,” sê hy.

Teresa het wel briewe vir hom en sy broer Rian, ook uit die vorige huwelik, in die huis op Moorreesburg agtergelaat, vertel Coutts.

Hoewel hy nie wou uitwei oor die inhoud van dié briewe nie, het hy wel gesê dat sy ma in die brief vir hom vra om die voorval stil te hou. “Ons elkeen het ’n brief gekry waarin sy verduidelik wat ek nou alles moet doen. Dit is basies haar laaste woorde aan my.”

Oor berigte dat die Meyer-gesin se huisinhoud ook reeds in bokse opgepak was, sê Coutts dat dié bewering loutere onsin is. “Daar was wel bokse met linne in. Dit is my goed,” sê hy.

Coutts vertel sy ma en stiefpa was baie liefdevol en betrokke in die gemeenskap. “Ek het net verlede maand daar gaan kuier. Die kinders het geleer vir eksamen en ek het gehelp huiswerk doen.”

Op ʼn vraag hoe hy sy ma sal onthou, is sy antwoord eenvoudig: “Ek sal my ma onthou as my ma.”

Die gesin se liggame sal veras word. Teresa het ook in die briewe aan haar seuns verduidelik waar die gesin se as gestrooi moet word.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het die moorde aan Maroela Media bevestig. Volgens haar ondersoek die Clanwilliam-polisie aanklagte van moord en is daar ook met ʼn geregtelike doodsondersoek begin. Sy sê die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die moorde moontlik tussen 18 Junie en die oggend van 27 Junie gepleeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Lizelda ·

Hoe verskriklik hartseer is dit nie. Sterkte aan d seuns familie en vriende.

Oujongvrou ·

Dis erg ontstellend dat sy al voor hulle vertrek na die kamp plek geweet het hulle gaan sterf. My kop kan nie so iets verwerk nie. Ai Dewald en Rian, tannie weet nie wat om vir julle te se om te troos nie. Hou aan mekaar vas en sterk staan.

Rosie ·

Ek weet mie waar die julle daaraan kom dat hulle n meubelwinkel op die dorp gehad het nie. Want dit is nie waar nie. Ook is dit foutief berig op n ander nuusblad dat hy op die dorp n onderwyser was, wat ook nie waar is nie??! Waar kom die verslaggewers aan hulle “feite”?

Sune van Heerden ·

Dagsê Rosie

Teresa se seun, Dewald Coutts, het die inligting oor die meubelwinkel aan Maroela oorgedra.
Ons kan ongelukkig nie terugvoer gee oor inligting wat ander media gepubliseer het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pinokio ·

Hier word die waarheid snaaks gepraat. Klomp berigte met verskillende storietjies. Hoe kan die seun nie weet nie, maar als is in n brief aan hom verduidelik? ?? Kom ons wag maar vir die feite uit die ondersoek, hier is teveel vraagtekens of iemand probeer goed wegsteek.

Filosoof ·

Sê ek ook. Dis nie alles pluis hier nie. Hier gaan nog ‘n groot knoop losgemaak moet word.

John ·

Dit gaan baie sleg in baie huise en families. Mense is depressief en negatiwiteit heers. Die blink kant word bo gehou en familie ondersteun mekaar nie meer nie. Ons is eerder soos giftige slange wat wag om te pik, maar vreeslik skynheilig valse liefde toon.

Gina ·

Jy is reg John. Mense is moedeloos en ipv help, oordeel ons mekaar. Hierdie tragedie is verskriklik hartseer.

Lizelda ·

Beter as jy John kon ek dit self nie stel nie. Dis baie waar.

Hannelie ·

Die swart hond. Dit is hoe hulle na major depressie verwys.

Manie ·

Daar is vanaand berig dat die vrou betrokke was in n bedrog saak van agt en veertig miljoen. Sou sy glo skuldig bevind geword het, het sy glo lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar. Hulle was glo verskeie kere in Pretoria vir die hoofsaak onder die voorwendsel dat hulle Bloemfontein toe gaan vir sakereis

Francois ·

Korrek meneer. SA is ‘n bose land . Die duiwel en sy gesante slaan die kitaar. Mense knak.

Martie ·

Geldsug en korrupsie was die probleem.

Nie die slegte regering of depressie nie.

Nogtans waaroor die kinders se lewens neem?

Bolla ·

Miskien is hierdie ‘n les om te leer, miskien moet ons meer betrokke wees by ons medemense, miskien moet ons meer moeite doen om te help waar ons kan. Ons het mekaar nodig, ons het God nodig om weer in beheer te wees, om ons harte sag te maak teenoor ons medemense.

Lizelda ·

Maar hoeveel van ons sal werklik uit ons pad gaan om ons medemens te help @Bolla. Ek ry elke oggend bus en by n baie bekende straat in Pretoria Oos is daar n oulike kleuterskool. Tien tree verder sit n mamma MET haar klein baba elke liewe oggend, (en nou is dit winter)terwyl sy sit en vetkoekies en goetertjies verkoop. In die middae sien jy die kleinding met klippies en stokkies speel. Sou dit nie n awesome gebaar wees vd eienaar vd kleuterskool om die mamma te vra of die kleinding gratis bd kleuterskool kan aansluit nie. Ten minstens is sy warm, eet gesond en speel met opvoedkundige speelgoed. Maar nope… almal ry verby laai hulle kindrs daar af en dink nie aan daai kleintjie nie. Maar gebeur daar iets dan is dit weer die “ma” se skuld.

SuidkusTannie ·

Ken nie die gesin nie, maar dit is so hartseer. Sterkte aan die familie.

Chelle ·

Baie mense mag dalk verskil van my,as jy besluit om jou eie lewe te neem,doen dit dan,maar hkmmmm 2 pragtige jong kindertjies se lewe ook neem?

jaco ·

as jy wit is en jy sukkel en sukkel en sukkel om aan die gang te bly maar jy word keer op keer op keer weggewys NET omdat jy wit is, dan verstaan ek pogings tot bedrog en uiteindelik selfmoord as alles net te veel word.

Mariana ·

Hoekom altyd die kinders saamneem. Hoekom namens hulle besluit het hoe lank hulle op die aarde mag lewe.

Se maar net ·

Keer daar die bokse met linne in voor…wonder wat is daar in?

Daniel ·

Ons weet nie een hoekom sy dit gedoen het, en kan net bespiegel. Baie keer na so ‘n geval sê mense dikwels: die persoon kon mos maar net gepraat het, in baie gevalle het hulle dalk gepraat, maar niemand het geluister.

Jack ·

Miskien het die vrou en die man saam besluit op gesinsuitwissing omdat hulle in groot finansiele druk verkeer het. Hoe kan jy sê “wat sy gedoen het” ??? Dalk het hy die kinders geskiet en toe vir haar gesê skiet my nou en dan jouself??? Pasop dat jy nie tot gevolgtrekkings kom wat dalk nie die waarheid is nie. Moenie oordeel nie….die oordeel behoort an God alleen….moet dit nooit vergeet nie, Daniel….

Anelique ·

Ek is so vreeslik jammer vir julle seer. Sterkte en onthou hulle mooi. X

wielie ·

Hoe sal ons weet wat tussen hulle vier mure gebeur het? Wie is ons om vingers te wys?
Respekteer die mense en die wat agter bly, Die dood van die gesin was hul keuse.

Nicolene ·

MENSE! HOU OP OORDEEL! NIE EEN VAN JULLE/ONS SAL OOIT DIE WAARHEID WEET NIE. EN DIT HET NIKS MET NIEMAND TE DOEN NIE EN JOU OORDEEL ISI NODIG OF VAN HULP NIE!

Blommie ·

WAT het die kinders te doen met groot mense se selfsugtigheid om nie meer te lewe nie.
Wat het daardie kinders gedoen om dit te verdien, HOEKOM? Hoekom die kinders ook seer maak, hoe kyk jy jou kinders wat jy moet beskerm in die oe en doen dit. HOE SELFSUGTIG kan enige iemand net nie wees nie. Dis so onnodig, hulle het hulle hele lewe voor hulle gehad wat iemand uit selfsug besluit het om te eindig.
RIV en julle is nou veilig by Jesus se voete, kan nie eers dink hoe angs bevange julle op julle laaste oomblike moes wees nie.

Landie ·

Depressie is ‘n groot probleem vandag. Mense is depressief oor werksomstandighede, huislike opstandighede, finansies en die politieke omstandighede in die land. Dit is verskrikiik hartseer ongeag die omstandighede of rede om tot die stap oor te gaan. Simpatie aan die familie wat die verlies moet verwerk. My gebede is met julle.

GL ·

Almal weet ons mag nie oordeel. Ons is nie een die selfde en wat nie wat in n ander persoon se hart aangaan nie. Sterkte en Liefde vir die wat agter gebly het.

Thelma ·

My hart is so seer oor die kinders wat onskuldig moes sterf, ek kan nie eens probeur dink wat in hulle koppies aangegaan het daardie laaste minuut. Hier is nou twee mans sonder ‘n ma ook wat sin moet maak uit alles. Sterkte en mag die kinders rus in vrede.

Andre Stander ·

“Tussen 18 en 27 Junie”…

Uhmm, weet die polisie dalk in watter jaar..?

Lynette ·

Hierdie jaar hulle het met my probeer besigheid doen 2 maande gelede maar was nie opreg nie en ek het gelukkig gou genoeg agtergekom.

VanAfrika ·

Wat n hartseer storie, neem twee onskuldige kinders se lewens wat nie geweet het wat aangaan nie en los twee verwarde seuns agter wat nou die storie moet verwerk. Ek voel so jammer vir die familie. Mag die Here met hulle wees.

zeno ·

Ek word kwaad as kinders se lewens so weggeneem word. Hoekom vat die Ma nie net haar self weg nie.

Marga ·

zeno…..ek stem glad nie saam met wat gebeur het nie,,,maar miskien het die moeder gedink , wie gaan haar kinders liefhe soos wat sy het?

Jack ·

Ek ken nie die mense nie, maar die berig het my aan die hart geruk….volgens berigte in Die Burger was die man en vrou in finansiele knyp agv van bedrog en reeds die afgelope twee jaar in ‘n uitgerekte hofgeding betrokke. Baie mense sal die man en vrou dalk veroordeel, veral omdat die onskuldige kinders se lewens ook geneem is, maar ons mag nie, want die oordeel kom slegs die Vader toe soos vandag se “Gedagte vir die Dag” duidelik uitspel. Die man wat regs van Jesus aan ‘n kruis gehang het op Golgota het ook verkeerd gedoen, maar toe hy na Jesus roep voor hy sterwe het Jesus sy sondes in genade vergewe en was hy dieselfde dag nog saam met Hom in die paradys. Ek hoop die man en vrou se saak met hulle Skepper was reg. Die gesinsfoto in Die Burger het veral my hart gebreek….die seuntjie se ogies straal lewenslus uit….ek glo vas die Liewe Vader het hom reeds in sy spesiale plekkie in die hemel ingeskuif waar “hy sal skitter aan die hemeltrans” tot in ewigheid. En ek glo die Vader het ook sy sussie kom haal soos “Hy sy pêrels sal kom haal as Hy weer kom”. My gebede gaan ook uit na die oorblywende twee seuns.

E'LOUISE ·

Sjoe Jack, jou woorde is regtig mooi, al is hierdie ‘n baie moeilike saak om te verstaan, en ek self ook wil oordeel.

Blommie ·

Nee ons mag nie oordeel nie.
Mens maak dood waar julle wil en doen wat julle wil want die RES mag nie oordeel nie.
Ek se weer LOS onskuldige kinders UIT, moenie selfsugtig wees nie.
wat het hulle gedoen om dit te verdien, DIE LEWE is so onregverdig.
Daar is NIKS fout om n gesonde oordeel te skep tussen reg en verkeerd nie.
Dink hulle gaan lekker skool vakansie hou en dan gebeur dit.
Jammer maar ek verstaan NIE. Ek kan nie insien dat enige mens so iets kan regverdig nie.
Daardie arme kinders het dit nie verdien nie. Hulle hele lewe was nog voor hulle en net God het die REG om te besluit wanneer jou en my lewens pad eindig.
Sterkte aan almal wat hierdeur geraak word

Jack ·

Blommie die enigste woorde in jou kommentaar wat werklik van toepassing is, is die volgende: DIE LEWE is so onregverdig….en net God het die REG om te besluit….

Dit is beslis so, en daarvoor moet Adam en Eva geblameer word. Die res van jou standpunte hou geen water nie, want jy weet nie wat die omstandighede was nie….jy sal ook nie weet hoe jou sou reageer onder dieselfde omstandighede nie…totdat dit jou in die gesig staar, wat ek nie hoop met jou sal gebeur nie. En dan moet jy ook nie oordeel nie, net God het die reg om te oordeel. Toe Jesus aan die kruis gehang het, het ‘n moordenaar regs van hom gehang….en wat het Jesus gedoen? Hy het hom vergewe en hom saamgevat paradys toe…dieselfde dag nog. Dalk is teresa en Luhan ook vandag in die paradys, saam met hulle kinders en saam met Jesus…..laat ons nie oordeel nie.

Retha Roux ·

So tragies en wat meer tragies is, is dat mense wat nie eers die gesin geken het nie, nou wil uitbrei oor wat gebeur het. Almal bespiegel en dit is dit. Dewald sê mos sy ma het gevra dat hy nie moet uitpraat nie, so gun die arme kind die reg om stil te bly

JSG ·

Sit ook met ‘n situasie waar ek my huis dalk gaan verloor ‘n paar jaar voor dit klaar betaal sou wees agv familie wat my ingeloop het. Het my werk verloor 15 jaar aftree ouderdom en agv gesondheid en ouderdom, kon ek nog nie weer ‘n werk kry. Kry rente uit my pensioen fonds, maar raak elke jaar minder. Het staat gemaak op geld wat vir ons gebêre sou wees, maar moes uitvind dis uit gemors deur my eie familie. Begin al self ‘n soort depressie optel, maar my gesin uitwis, nee, onder geen omstandighede. Die mense se dilemma was dalk hulle eie toedoen, maar myne is nie. Het al hulp gevra, maar elke keer is dit ‘n doodloopstraat. Hoop maar elke dag vir ‘n uitkoms. Glo God sal help.

Andre ·

Da so baie gesinne hul self uitgelewer aan die dood agv armoede.familie twis,en teveel om op te noem.Niemand sal ooit vooraf weet wat in ander se koppe aangaan nie.Hul beplan dit goed.Elkeen kan net soveel uithou,en dan bars die bom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.