Gesteelde kar gevind toe verdagte vir kitskos stilhou

(Foto: Verskaf)

Polisiebeamptes het ʼn gesteelde voertuig opgespoor toe die 50-jarige bestuurder daarvan vir kitskos by ʼn deurryrestaurant stilgehou het.

Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het pas met hul skof klaargemaak nadat hulle aan Operasie Shanela op Sasolburg deelgeneem het, toe hulle inligting van ʼn veiligheidswag by die Sasolburg Boulevard Mall oor ʼn vermoedelik gesteelde voertuig ontvang het.

“Die polisie het ʼn Toyota Yaris met die registrasienommer HRP 670 FS by ʼn deurryrestaurant gevind waar dit in die deurry-tou gestaan het. Die bestuurder, ʼn buitelander, kon nie behoorlike antwoorde gee oor waarom hy in die besit van die voertuig was nie.

“Verdere ondersoek het gewys dat die voertuig in Januarie vanjaar in Kempton Park gesteel is en op 10 Januarie tydens ʼn ontvoering gebruik is,” sê Earle.

Die verdagte, ʼn buitelandse burger, is in hegtenis geneem en boonop beboet omdat hy ʼn voertuig sonder ʼn rybewys bestuur het.

“Hy sal op aanklag van die besit van ʼn gesteelde voertuig verskyn. Sy moontlike betrokkenheid by die diefstal van die voertuig en die ontvoering sal ook ondersoek word,” sê Earle.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amelia ·

alweer n buitelnder kn hul nie terug na hul eie lande nie dan sal misdaad ook saam hu lvertrek

miche ·

Dalk kan die Polisie, Sekuriteitsfirmas en alle deurry- fasiliteite oorweeg om saam te werk in die toekoms om registrasienommers te monitor?Daar is mos oral kameras by deurryrestaurante geinstalleer.

christo ·

In areas waar daar wel goeie samewerking tussen sekuriteits maatskappye, GPF’s en polisie is, dink kriminele twee keer en wyk uit na ander gebiede.
Inwoners word betrek om die oë en ore te wees. Pensioenare en die ‘nuuskurige tannie’ wat nie meer buurwagpatrollies kan doen nie , hou bedags ‘n oog op verdagte voertuie en persone. Die Enige verdagte optrede word gerapporteer en daarop gereageer. Al is dit dalk ‘n vals alarm. Dit werk. Dis hoe daar hande gevat word teen misdaad.

Marina ·

Buitelander (lees: onwettige immigrant) wat n misdaad pleeg en sonder n rybewys rondry? Toemaar, hy is vinnig weer vry en op straat! En dan vra sommiges nog hoekom SA so n misdaad hool is? Twee artikels terug is drie mans wat op parool vrygelaat is, gevonnis nadat hulle n boer vermoor het en sy vrou ernstig aangerand het. SA het in n sirkus ontaard!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.