Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn trop gesteelde skape in ʼn slaapkamer by haar huis in Thabong gevind is, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Ao. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê 12 skape is in die kamer gevind. Polisiebeamptes het die vrou gevra waar sy die skape gekry het maar sy kon nie ʼn verduideliking gee nie. “Sy is in hegtenis geneem en daar is op die skape beslag gelê.”

Volgens Khosana het ʼn boer in Virginia vroeër die polisie in kennis gestel dat 23 van sy skape gesteel is. Die polisie het die area gefynkam en vyf van die skape in ʼn nabygeleë veld gevind. Die boer het die vyf skape in die veld en die 12 skape wat in die vrou se huis gevind is positief geïdentifiseer. Dit is nog nie duidelik wat met die ses ander skape gebeur het nie.

Die vrou sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Ha ha – Uitstekend Wonder-Net. Darem is hier bietjie humor tussen al die menigte negatiewe berigte.

Jannie ·

Wonder-net sy sou nooit aan die slaap kon raak nie want sy sou nie by 100 uitkom nie. Of sy kan net tot by 12 tel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.