Ghoemas sal benoemingskriteria hersien ná herrie

Die Ghoema-musiektoekenning. (Foto: Twitter via @kykNET_Ghoemas)

Die Ghoema-musiektoekenning. (Foto: Twitter via @kykNET_Ghoemas)

Die bestuurskomitee van die kykNET Ghoema-musiektoekennings het Woensdag tydens ʼn vergadering besluit dié toekenningsgeleentheid, wat vroeër vanjaar ʼn opskudding in die Afrikaanse musiekbedryf veroorsaak het, sal voortgaan.

Dit volg ná omstredenheid toe die musiekvideo van “Die Land”, wat deur Steve Hofmeyr, Ruhan du Toit, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld en Jay du Plessis uitgevoer word, in April van die benoemingslys van dié musiektoekennings verwyder is.

“Tydens die openhartige gesprek is daar saam [deur bestuurskomiteelede] besluit dat die toekennings as ʼn platform vir uitnemendheid in die bedryf dien en dat dit die volhoubaarheid van die bedryf onderskryf,” het kykNET luidens ʼn mediaverklaring laat hoor.

“Daar is besluit dat vanjaar se uitdagings ʼn bydrae sal lewer tot die ontwikkeling van die Ghoema-toekennings en dit tot nuwe hoogtes sal aanspoor.”

Heidi Edeling. (Foto: Facebook via Ghoema-blad)

Heidi Edeling. (Foto: Facebook via Ghoema-blad)

Die Ghoema-bestuurskomitee bestaan uit lede van platemaatskappye en belanghebbendes in die musiekbedryf, onder meer SONY/SELECT, Universal Music, VONK, Coleske Artists, asook Alishia van Deventer wat die bemarking en publisiteit van verskeie kunstenaars hanteer.

Luidens die verklaring sal die uitdagings wat vanjaar geïdentifiseer is op die man af aangepak word en is daar ooreengekom dat verdere gesamentlike werksessies tussen al die partye geprioritiseer moet word.

Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, het die gesprek gelei. Sy het tydens die vergadering bekend gemaak dat sy nie meer op die Ghoema Musiek Trust gaan dien nie, maar dat sy wel beskikbaar is vir die mentorskap van ʼn nuwe uitvoerende beampte. Sy sal ook op die subkomitee dien wat op die been gebring is om onmiddellik aandag aan uitdagings te gee.

“Almal teenwoordig was baie positief oor die kykNET Ghoema-musiektoekennings, maar het beklemtoon dat die geleentheid en industrie baie werk het wat voorlê. Daar moet onder meer gekyk word na die kriteria en reëls vir inskrywings en benoemdes,” lui die verklaring.

Karen Meiring, M-Net Direkteur: kykNET-kanale en trusteelid van die kykNET Ghoema-musiektoekennings, het gesê die Ghoema-musiektoekennings vereer die afgelope agt jaar die beste in Afrikaanse musiek.

“Die volhoubaarheid en uitbouing van Afrikaanse musiek is van kardinale belang vir kommersiële haalbaarheid. Ons het baie uit hierdie jaar se toekennings geleer en wil almal betrokke, ook die ondersteuners wat Afrikaanse musiek ondersteun, daarvan verseker dat ons alles wat ons geleer het, sal toepas.”

Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay du Plessis en Ruhan du Toit in 'n skermgreep uit die musiekvideo vir 'Die land'.

Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay du Plessis en Ruhan du Toit in ‘n skermgreep uit die musiekvideo vir ‘Die land’.

“Die Land” se Ghoema-benoeming is vanjaar teruggetrek nadat MultiChoice beswaar gemaak het oor dié benoeming weens Hofmeyr se betrokkenheid daarby. MultiChoice het gedreig om sy borgskap van dié geleentheid te beëindig indien dit nie gebeur nie en die Ghoema Trust het gevolglik besluit om wel aan die versoek te voldoen.

Die besluit het wyd kritiek uitgelok met talle groot name in die bedryf wat besluit het om nie die toekenningsgeleentheid by te woon nie. Bok Radio het kort daarna sy betrokkenheid by die toekennings onttrek, terwyl Immanudue, een van die borge van die toekennings, ook sy borgskap onttrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Andreas ·

Dit sal waardeer word as julle kan vertaal wat daar gesê en besluit is. Dit wat hier bo gesê is kan enigiets beteken.

Dit lyk my ons sal tot volgende jaar moet wag om te sien hoe hulle uitvoering gee aan wat hulle geleer het en wat hulle nou besluit het. Interessant sal die kriteria wees, as hulle dit bekend sal maak.

Spyker ·

Ek lees en lees …maar kry niks uit die storie . Is dit net ek .?

Fairytale ·

Dit is niksseggend.Julle probeer almal met mooi woorde heuning om die mond smeer sonder om tot die punt te kom.Die feit bly staan as ek tussen die lyne lees, dat julle steeds net ter wille van bewys dat julle geraadpleeg het vergaderings sal hou, maar steeds gehoor sal moet gee aan druk wat op julle toegepas word , en sekere groepe dus steeds as daar so gedikteer is uitgesluit sal word. Ghoemas sal nooit weer geloofwaardig wees nie.Plaas doen julle net weg daarmee.

Willem van der Merwe ·

As multichoice sê spring dan sê ghoemas hoe hoog

ThinusP ·

Heidi, is jy bereid om te verduidelik presies wat jy nou eintlik sê.

Rob ·

Solank as Mnet weier om Steve onverskoning te vra, sal die Ghoemas nooit onpartydig wees nie. Mnet sal elke keer wil voorskryf wat mag en wat mag nie gebeur. Skrap die borg of kry ‘n ander geleentheid om Afrikaanse musiek te vereer.

Leser ·

M.i. se dit ons gaan sensuur nou nog meer eensydige toepas, maar ons dink nog hoe om dit te bewimpel om die sluier oor julle oge te trek. (Anders sou die ‘balans’ mos duidelik wees)

Elmar ·

Dit klink vir my asof hulle die sensuur net gaan skuif na ‘n vroeër stadium in die proses. Seker mense se deelname gaan bloot net nie voldoen aan die “kriteria en reëls vir inskrywing en benoemdes” nie. Sodoende sal niemand onttrek moet word nie en alles reg lyk. Bo blink, onder stink.

Sê maar met ·

Sy moes seker maar iets in ‘response ‘ brabbel. Soos die jong klomp sou sê:”Whatever ” en :”kyk wie gee om”

Marinda vd Merwe ·

Niksseggend ja, net ‘n gegorrel. Sal graag presies wil weet….

Piet ·

Selfde kriteria geld steeds: wiese brood jy eet die se woord sal jy spreek.
Het hulle so ver gekom om vir Demi omverskoning te vra vir weglating in tv uitsending?
Solank media deur “huur soldate” van “fake” joernalistiek gedryf word sal niks verander nie.

Pieter ·

As die Ghoema enigsins met #MultiChoice #DSTV en #KykNet verbind is stel ek geensins belang in dit nie. Ons Kunstenaars is nie politieke nare wat deur outoritêre geldmagte voorgeskryf kan en mag word nie!

Ben Esterhuizen ·

Wat ‘n absolute sinnelose artikel. Niks word gese nie – ons neem dus aan die Goemas sal steeds deur die mediabase beheer word.

Blaarman ·

Vertaling: “Gee die graaf… ons wil ‘n dieper gat vir onsself grou”.

Diklizzy ·

Ag toema Ghoema, dis nou regtig ‘n geval van “too little, too late”. Ons ou donkietaal KAN, SAL en WIL wonder hulls vals erkenning voortbestaan. Dalk moet Ghoema ‘n slag hulle boeke oopgooi dat mens kan sien hoeveel wins hulle maak en hoeveel hulle in die ontwikkeling en onderhoud van AFRIKAANS terugploeg……… Ek wed jou hulle het nog nie een woord vir die W. A. T. geborg nie

James Moulder ·

Multichoice het dieselfde les geleer, miskien bietjie swaarder, as Spur. Hou poltiek en rassisme uit jou besigheid uit. As jy openlik teen blanke Afrikaners diskrimineer, maak seker dat dit nie dieselfde blanke Afrikaners is wat jou salaris betaal nie. Soos die wyse Engelsman gese het, “Don’t bite the hand that feeds you.” Aan alle maatskappye daar buite, let op Toyota en Kie, Afrikaners kan terug baklei teen rassisme. Ons vat net eenvoudig ons geld en kennis weg.

aj ·

Al wat hier bo gesê word is dat daar ‘n paar ‘bucks’ gemaak kan word onder die dekmantel van AFRIKAANSE kuns … en dat die klomp aasvoëls, wat op die kunstenaars teer sal voortgaan om hul eie sakke vol te stop!

Dis al!

Hierdie insident bied ‘n goeie geleentheid aan Afrikaanses om nuwe platforms te skep om SELF (sonder die multichoice e.a. aasvoëls) platforms te skep vir die bevordering van Afrikaanse kuns.

pinkie ·

Werklik, is Multichoice die alfa en die omega? Ons taal en erkenning van kunstenaars kan sekerlik deur ‘n ander platvorm ondersteun word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.