‘Glibberige Jantjie’ jare later vas

Michal Willemans. (Foto: Facebook)

ʼn Voortvlugtige wat na bewering al jare lank agter skuilname wegkruip terwyl hy glo mense uit honderde duisende rand bedrieg, is eindelik vasgetrek.

Michal Jacobus Willemans (39) is Maandag om 17:00 in Rynfield, Benoni, in hegtenis geneem nadat die polisie en ander rolspelers inligting oor sy bewegings ontvang het.

Die Benoni-polisie se triotaktiese eenheid, in samewerking met CJ-ondersoekers en die hulpverleningsorganisasie Anti-Hijacking and Policing SA, het blitsig op ʼn wenk gereageer en hom in hegtenis geneem.

Marius Cloete, operasionele direkteur van Anti-Hijacking and Policing SA, sê Willemans is in 2017 op parool vrygelaat vir diefstal. Kort daarna het dit aan die lig gekom dat hy mense landwyd – van Koster, Welkom, Nigel, Cradock, Middelburg en Boksburg – glo bedrieg en besteel.

Willemans het na bewering veral enkellopende vroue en bejaardes geteiken en weggeloop met geld of besittings ter waarde van honderde duisende rande.

In van die gevalle het hy glo slagoffers, met wie hy bevriend geraak het, se motors verkoop en met hul geld op die vlug geslaan. Dié slagoffers is dan gestrand en behoeftig gelaat.

Willemans is glo ʼn paneelklopper wat by verskillende paneelkloppers gewerk en glo óf daar gesteel óf voorgedoen het dat dit sy onderneming is om sodoende ander mense te bedrieg.

(Foto: Facebook)

Vanuit die sowat 15 sake waarmee Willemans landwyd verbind word, is dit oënskynlik duidelik dat hy die misdadige bedrywighede sou uitvoer en dan vir ʼn tyd lank laaglê en dit elders herhaal.

Hy het boonop oor die jare heen glo van baie skuilname gebruik gemaak om sy ware identiteit te versteek.

“Dink aan ʼn naam en hy’t dit moontlik al gebruik,” sê Cloete.

Verskeie lasbriewe is vantevore vir Willemans se inhegtenisneming uitgereik nadat hy in ʼn aantal provinsies sy paroolvoorwaardes verbreek het.

“Ons werk al vir die afgelope twee en ʼn half jaar saam met die polisie om hom [Willemans] vas te trek,” sê Cloete.

“Ons het deur die jare verskeie wenke ontvang en dit alles ernstig opgevolg, maar elke keer dat ons op die punt is om hom vas te trek, verdwyn hy weer soos mis voor die son.”

Willemans is glo ʼn week voor sy inhegtenisneming in Roodepoort gewaar waar hy na bewering probeer het om nog mense te bedrieg.

Willemans sal na verwagting Woensdag in die Boksburg-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pierre ·

R500 borg en die jare van ondersoeke om hom te vind begin weer oor, lekker reg stelsel die.

Roek ·

Je nee dit sal die spreekwoordelike cherry op die koek sit!!

Pietie ·

Ek het ook so n gelyke ondervinding gehad, maar hy was net te slim. Hy was soos Stefano Dimera in Days of our lives, is dood dan herrys hy weer. Nou ja….. so kom hulle soort weg met alles. Hoop die jafel bly agter tralies.

Erika ·

Ja, maar met die SAPS soos wat ek ervaar het, is hy weer vinnig op die straat, tensy hy een speurder gefrustreer het wat wel belange het om die saak deur te sien! Anders, my vriend, is ons almal teikens, en met tye word ons die ‘culprits’ volgens hulle skelm en slim streke! Vir hoe lank! Weet ek nie!! Maar tragedie is n sagte woord om hierdie situasies te beskryf waar hulle mense, enkel ma’s los sonder n sent wat dan nie eers kan brood of skool fooie betaal vir hul kinders… en geweteloos deur die lewe die volgende teiken in hul kloue kry, verdwyn, of afbetaling om hulle weer vry te laat!

Delia ·

As net nie borg. Moenie die SAPD se werk van 30 maande onklaar maak

Erika ·

Borg is maklik! Self duurder as om die IO af te betaal!!! Ongelukkig!

Goldy ·

Klasaksie teen die wat parool toegestaan het, laat die persoon vir sy slagoffers se skade vergoed

Paul ·

Die regstelsel maak voorsiening vir borg . Dis nie iets wat sommer net daar is ,, dis n deel van strafproses wet. Elke person is geregtig op parool as dit hom/ haar toekom

Janie ·

En toe van slim sy baas…. Mens kom net weg met dinge tot een dag…. Ongelukkig tel dit net vir sekere mense :-(

Delia ·

Hou ons op datum asb. Dis vandag Woensdag. Is by uit op borg???

Erika ·

Jaaaa, dit is goeie nuus om sulke skelms uiteindelik beet te kry! Ek weet van twee! Hulle kan nog glad boe vas gevang word nie en betaal hulle-self uit die moeilikheid!

Een van hulle, klink soos hierdie selfde Jantjie!!! Snaaks die ongewings waarin hulle funksioneet is/was dieselfde.

Enkel lipende vrouens, en enige iemand wat vir hulle ‘charm’ val!

Ongelukkig, is die SAPS ook al HOEVEELKEER afgekoop om nie sake te maak nie! Nie eers IPID, kon terug kom na my na n doods dreigement!

Dit is skadelik!!! Gemors! Ny ma het altyd gese, meng met die semels, dan vreet die varke jou op! Het ek geluister??? Nee!!! Ek was blind vir die stroop soet woorde wat uit hul monde gestroom het!!! Dom ek! En dommer, om te dink SAPS sal help! IPID! Well, wat kan ek se…dit is soos om jou kop teen n muur te stamp, so lekker wanneer jy uiteindelik ophou uit moedeloosheid!

Leana ·

Lyk my hy is liewer ‘n “wilde man” – nie ‘n “Willeman”.

Harley Davidson ·

Gelukkig was die trio taktiese eenheid of wat die speel groepie hulself noem betrokke .

Blikkies ·

En dan gaan hy weer borg kry en daar laat spaander glibberige Jantjie weer…

Pannies ·

Baie geluk!!
Hou hom nou agter tralies en vergeet van borg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.