‘Gʼn geld vir armes, maar kontantbonus vir amptenary’

Die tesourie wil sy salarisrekening oor die volgende drie jaar met R300 miljard besnoei. (Argieffoto: pixabay)

Die regering se aanbod van ʼn kontantbonus van R978 per maand aan staatsdienswerkers is ʼn “voorwaardelike oorgawe weens dreigemente van staatsdiensvakbonde”.

Dit is die mening van Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies. Hy sê Suid-Afrikaners kan met reg vra waarvoor dié bonus betaal word. Hill-Lewis sê miljoene Suid-Afrikaners is hul werk kwyt en talle gesinne steier finansieel en dat ʼn maandelikse bonus vir elke staatsdienswerker bloot nie in hierdie stadium geregverdig kan word nie.

Boonop is die lewering van noodsaaklike staatsdienste op ʼn laagtepunt.

Luidens berigte het die regering, verteenwoordig deur die departement van staatsdiens en administrasie, sy aanbod van ʼn loonverhoging van 1,5% aan vakbondlede versoet deur hulle die maandelikse kontanttoelaag van R978 aan te bied. Die toelaag word beskou as soortgelyk aan ʼn bonus.

“Die regering het onlangs die Covid-19-verligtingstoelaag van R350 per maand opgeskort. Die regering se boodskap aan die land blyk te wees dat “ons geen geld vir die armes het nie, maar maandelikse kontantbonusse vir staatsdienswerkers kan bekostig”,” sê hy.

Staatsdienssalarisse word deur ʼn bindende driejaar-ooreenkoms tussen die staat as werkgewer en die vakbonde as verteenwoordiger van werkers bepaal, maar die minister van finansies, Tito Mboweni, het verlede jaar aangekondig dat geen salarisverhoging vir die volgende drie jaar aan staatsdiensamptenare toegestaan sal word nie. Dit is gedoen om staatsbesteding in te perk en stygende skuld in bedwang te bring.

Die tesourie wil sy salarisrekening oor die volgende drie jaar met R300 miljard besnoei. Staatsdienswerkers se salarisse vir 2021-’22 beloop meer as R650 miljard rand en is die grootste uitgawe van die regering se algehele besteding.

“Die kontanttoelaag is ʼn enorme tree terug om die staatsdiensrekening in te perk en fiskale dissipline af te dwing. Dit gaan minstens R15,6 miljard in bykomende besteding by ʼn reeds uiters gespanne begroting voeg,” sê Hill-Lewis.

Hy sê die minister van finansies en sy eweknieë by staatsdiens en administrasie moet omvattende besonderhede bekend maak oor hoe daar vir die bonus betaal gaan word.

Die DA stel voor dat die salarisse van diegene wat nie gedek word deur die beroepspesifieke bedeling nie, vir drie jaar gevries word. Dit sal ʼn besparing van R116,7 miljard teweeg bring.

Die party stel ook voor dat die 66,3% van staatsdienswerkers wat wel deur die bedeling gedek word, inflasieverwante verhogings kry en dat sogenaamde miljoenêrbestuurders met 9 000 verminder word.

Hill-Lewis sê op dié manier kan die salarisse van staatsdienswerkers in die voorste linies, soos verpleegsters, polisiebeamptes en maatskaplike werkers, steeds verbeter word.

Die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad (PSCBC) sê die partye het ʼn dooiepunt tydens onderhandelings bereik wat grootliks veroorsaak is deur die regering se standpunt dat hy nie gaan afwyk van ʼn 0%-verhoging nie. Daar is ooreengekom op ʼn tien dae lange fasiliteringsproses oor die aanbod.

Die staat het Sondag sy hersiene aanbod ter tafel gelê.

“Daar is egter ʼn embargo op die besonderhede van die aanbod omdat vakbonde, as deel van die fasiliteringsproses, nou die geleentheid moet kry om te konsulteer en ʼn mandaat van hul lede oor die aanbod te kry.”

Volgens die PSCBC is die voorstel ʼn “wen-wen-aanbod” en dat dit hopelik enige verdere stappe, ook ʼn moontlike staking, sal stuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Cherokee ·

Ag jong, dit is nie altyd stemme werf nie. Wees realisties asseblief, die armes het ook stemme wat gewerf kan word. Dit is somtyds bloor oorgawe weens ‘n onbevoegde regering wat besig is om te knak. Probleem is, wie sal die nuwe regring wees.

Magda ·

Bonus vir WAT, onbevoegde klomp, vuil departemente , VUIL STAATS HOSPITALE EN KLINIEKE. GEEN DIENS BY MUNISIPALITEITE NIE, VERDIEN GEEN BONUS OF WAT NOG N SALARIS. Dit moet eerder met 50% verminder word.

Sarel ·

Pensioenarisse se bykkmende toelaag was lankal gestop
Daar is in elk gevsl soveel bedrog dat die meeste grld word asn die verkeerde mense uitbetaal

Fedup ·

This circus is just beyond believe.
But still, they vote each and every time.
Mind boggling.

Linx ·

Ek wil net eens verstaan wat meneer die DA probeer sé nie,j praat or n R350 wat gegee moet word aan nie-werkende mense,dit is no volgens jou reg,ek werk vir die staat vir n salaris van R16000 voor aftrekkings,na aftrekkings betaal ek skoolfonds vir my 2 kinders,ek betaal my eie unisa universiteit fooie(r1500 maandliks)ek moet kos koop en my eie petrol ingooi werktoe wat vir my so bietjie meer as R200 n dag beloop want ek werk 70km weg van my huis af en ek kry nie staatsvervoer soos baie nie,so kom kyk my enkelouer budget in d maand en j sal sien daai amper R1000 wat jlle as n bonus ag gun verskil aan my gaan maki,vet vir n slag jlle kinder sassa recipients en kyk wie dit regtig verdien,daar sal biljoene gespaar wrd as dt gedoen wrd

Terence ·

Julle staatsamtenare het darem nog n werk, daar is miljoene mense hier buite wat hulle werk verloor het agv Covid

Tiptol ·

Absoluut. Staatsamptenare het ook geld gekry tydens die Lockdowns. Baie mense het nie.

Linx ·

Watse geld is daar gekry tydens lockdown behalwe die salaris waarvoor ons gewerk ht,alle staatsamptenare het nie covid geld gekry ni ek werk my allie af sodat baie mense Kan rustig slaap so ek was betaal tydens al die levels van lockdown omdat ek gewerk het deur Al die levels ekt ni geld verniet gekry nie

Piet parys ·

So jy is een van die gelukkiges in die staats diens wat elke maand salaris gekry het terwyl ander mense in die privaat sektor 50% of glad nie salaris gekry en ander hulle werk verloor het . So wat doen jy vir al daai geld??? Wees dankbaar jy is een van 60% mense met n inkomste

Linx ·

Eksuus,ekt gewerk vir my salaris,ekt simpatie met die mense wie werke verloor het maar hierie ek staan 3h soggens op om te werk sodat ondankbare mense rustig Kan slaap eks dankbaar elke dag van my lewe want ek dien n baie lewendige God,hierie onbevoegde staatsamptenaar soos ons genoem wrd werk 12 h skofte,maak 2 kinders groot&studeer vir my 2 de graad so j Kan my niks vertel van dankbaarheid nie &ek kry geen sassa geld ni,ek werk vir my geld,deur Al d covid levels,so ek verdien n salaris

Linx ·

Hoekom gaan vra j ni by sassa kantore wat al d R350 recipients doen vir dai geld ni

Hans ·

Oral sit daar mense rond en niksdoen ennnou gaan hul nog n bonus ontvang omdat hul dit so meesterlik kan regkry

Di ·

Verstaan dat daar nie geld is nie, maar verduidelik dan asb hoekom word daar dan nog steeds duisende poste geadverteer en gevul in die Staatsdiens. Die rede hoekom die bedrag aan lone so drasties gestyg het is omdat daar net meer en meer poste GESKEP word. Gaan vergelyk die aantal poste van 10 jaar terug teenoor die huidige en die antwoord sal gekry word. Vries die skep van nuwe poste asook die huidige vakante poste in die Staatdiens. Daardeur sal hulle miljarde rande spaar. Raak ook ontslae van al die persone wat in poste sit maar nie ‘n steek werk verrig elke dag nie. Sny ook al die oorbodige Bestuursposte. Een voorbeeld is waar daar 3 persone in die afdeling werk en daar 1 Direkteur PLUS 2x Assistent Direkteure aangestel is om hierdie 3 mense te bestuur!

Pierre ·

Diline gedurende die Mbeki jare het die regering werkloosheid probeer aanspreek deer n resolusie in te stel om werk te skep, ongelukkig beteken net bloot deer mense aan te stel nie werkskepping is nie, die SOE’s het duisende aanstellings gedoen om kunsmatig die stygende werkloosheid onder beheer te probeer bring, dit het egter onder die Zuma jare versnel met gepaardgaande staatskapings wat die geld wat beskikbaar was om die aanstellings te kan dra teen gewerk het wat gelei het na die probleem wat ons vandag mee sit.

Wil ook net sê ·

Dankie Diline, jy verwoord presies dit wat ek gedink het. Ekself werk al vir jare in die staatsdiens – en let wel, ek sit NOOIT en niks doen nie. Ongelukkig is daar mense wat net werk toe kom om geld te kry, maar hulle is ongeskik, onbevoeg en luier as lui. Boonop is dit nie ons outjies op die grond wat hierdie wonderlike, markverwante salarisse verdien nie. Dis al die “fat cats” met hul blink karre en ontwerpersklere wat miljoene betaal word maar dan ook nog soms net om ‘n stoel warm te sit.

Anel ·

Een voirbeeld is die sentrale vuurwapen kantoor. Die aansoek lê die wêreld vol. Niemand doen veel nie en nou vir die baie min wat gedoen word gaan hulle massiewe bonusse kry! So word niks doen beloon. Op ander plekke verloor mense hulle werk. Verstaan nie so lekker nie. Dit lyk vir my dat hoe minder jy doen hoe meer word jy betaal om niks te doen nie. Jy word selfs betaal om kleintjies te kry!!

koos10 ·

Anel. Kry eers al die feite. Dit wat in die media bekend is, is net 1 deel van die totale prentjie.

Samuel ·

Dit mag dalk so wees dat dit ‘n nuwe manier van stemwerwery is, MAAR, nie alle staatsamptenare is lui en verrig geen werk nie. Ek wil vir die amptenary ‘n lansie breek, vir díé wat hard werk. Daar is diesulkes.

Mieke ·

Samuel. Ek stem saam met jou, maar ongelukkig is daar ook baie wat oorbodig is en ander wat net hande bak staan aan die einde van die maand!

Danie ·

Ja maar julle moet onthou skelms moet beloon word dit is n uiterse moeilike taak om te verrig en die gevolge as hulle jou vang is tronkselle. Dus is daai bonus nog maar min.

TO ·

Skandelik dat die lui staatsamptenare ekstra geld kry. Alles vervalle: hospitale, polisiestasies, parke, begraafplase, paaie, strate en so skep die lui, ambisilose amptenare net

Moedeloos ·

Het jy dalk al na hierdie instansies se begrotings gekyk om te sien hoeveel geld het hulle om te spandeer in n jaar vir instandhouding. Jy sal van jou stoel af val as jy sien hoe word begrotings gesny. Moenie die amptenary altyd blameer nie blameer die ministers wat moet toesien dat gelde beskikbaar gestel moet word. Maar nee hulle skep net.

Persheks Adri ·

Plaas sny ou Tito die klomp in die kabinet se salarisse dit SAL ‘n helse besnoeing wees, want dié klomp doen niks absoluut NIKS gggmmmfff!

SjN ·

Wanneer gaan die armes op voetsoolvlak besef dat die mense vir wie hulle stem absoluut niks vir hulle voel of doen nie.

Hennie J ·

Vanuit hierdie oord word uitspraak voorbehou. So n uitspraak(mening) sal in elk geval nie gepubliseer word nie.

koos10 ·

En dit komende van ‘n DA parlementslid wat R1.138 (Dis ±R100k per maand, sonder voordele, wat terloops vlieg kaartjies vir sy gesin insluit) per jaar kry, en wat doen hy vir die geld?
Die laagste besoldigde in die staatsdiens kry minder per jaar as wat Hill-Lewis per maand kry! Petrol is 30% op, Medies is 15% op, kospryse is 8% op.
Daai klein bedrag kan die mense aan die lewe hou.
Hill-Lewis kla eerder oor wat die regering weg gee vir mense wat kan werk, en verkies om niks te doen nie. Kla eerder oor korupsie en diefstal van staatsfondse, maar moenie kritiseer as jyself deel aan die koek nie!

Marcello ·

Ja, dit is maklik vir ander mense om te oordeel, hoekom daar nie verhogings moet wees nie, ons het gewerk terwyl mense gedurende die “Grendeltyd” by die huis gebly het, en jammer vir jou as jy nie vir die Staat werk nie, dit is jou keuse gewees. So hou op om te praat van duisende rande wat ons verdien, dit is nie almal wat korrup is, of vet salarisse verdien in die Staatsddiens nie

Dirk Mostert ·

As die bonusse goedkoper is as ‘n % salarisverhoging, dan moet staatsamptenare uiters rojale salarisse kry (l.w. nie “verdien”). En volgende jaar word die bonusse ook met ‘n persentasie verhoog. As ons maar ‘n Margaret Thatcher gehad het om die vakunies op hul plek te sit.

Francois ·

Die artikel sê: “Die DA stel voor dat die salarisse van diegene wat nie gedek word deur die beroepspesifieke bedeling nie, vir drie jaar gevries word. Dit sal ʼn besparing van R116,7 miljard teweeg bring.” Ongelukkig is daar sekere noodsaaklike dienste amptenare wat nie deur die beroepspesifieke bedeling gedek word nie en dus nie ‘n verbetering sien nie. Dit is mense wat ook vanaf dag een van inperking op diens was en 100% diens gelewer het.

Die artikel maak melding dat salarisse d.m.v. bindende driejaar-ooreenkomste beding word maar die artikel maak geen melding van die feit dat die regering nie die “jaar 3” ooreenkoms van die vorige onderhandelings geëer het nie en dat geen verhogings in 2020/21 gegee is nie al was ‘n ooreekoms in plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.