‘Gʼn manier’ dat Len Cloete oor voorval kan praat

Len Cloete is in November verlede jaar deur polisie in die kop geskiet. (Foto: Facebook / Len Cloete)

Byna ʼn jaar nadat Len Cloete by ʼn gastehuis in Muldersdrift deur ʼn polisiebeampte in die kop geskiet is, kan hy nog steeds nie praat nie.

Hy kan glo sy oë oop en toe maak, sy een hand effens beweeg, registreer as sy vrou, Chantal, met hom praat en hy kan glimlag. Dis al. Cloete is tans nog van voltydse sorg – wat hy tuis ontvang – afhanklik.

Die private speurder Mike Bolhuis en kol. Luke Enslin, ook ʼn lid van Bolhuis se span, het Maandag aan Maroela Media gesê totdat Cloete nie self sy kant van die saak kan stel nie, sal die onderskeie ondersoeke na die voorval nie werklik afgehandel kan word nie.

Enslin sê daar is in dié stadium “geen manier” dat Cloete sy saak sal kan stel of in ʼn hof kan getuig nie.

Intussen sloer die polisie sowel as die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) se strafregtelike sake na die voorval, al is groot gedeeltes daarvan reeds gedoen.

Sou daar besluit word dat Cloete waarskynlik nooit sal kan getuig nie, sal mediese verslae voor ʼn aanklaer gebring word, om te besluit of die sake wel sonder Cloete kan voortgaan al dan nie.

Dit blyk egter onwaarskynlik te wees dat dit wel sonder sy getuienis sal kan aangaan.

Voorval ‘uiters traumaties’ vir gesin

Bolhuis sê hy het baie respek vir Cloete se vrou wat hom en drie van hul kinders versorg. Hy meen die voorval was vir die Cloete-gesin uiters traumaties en dat hulle steeds besig is om dit verwerk.

“Baie vriende het onttrek omdat hulle dit nie kan hanteer nie om hom so te sien.

“Met die kinders gaan dit onder omstandighede goed, hulle werk ook nog deur die trauma. Sy gesin is baie lief vir hom en kyk mooi na hom.”

Bolhuis en Chantal het Maandag ʼn openhartige gesprek met Jacaranda FM oor die ondersoek en Len se toestand gevoer.

Chantal het gesê dat haar man baie goeie sorg ontvang en “gelukkig” is.

Cloete se gewig het ná die voorval van 120 kg tot 57 kg afgeneem, maar hy weeg tans 87 kg. Chantal sê sy is die enigste persoon wie se rug Cloete vryf wanneer hy ʼn drukkie kry.

Oor of mense voor die skietery geïntimideer was deur Cloete en sy grootte en voorkoms sê Chantal dat mense mal was oor Len en gereeld saam met hom wou foto’s neem. Sy beskryf haar man as uniek – ʼn sosiale mens wat daarvan gehou het om mense te bederf.

“As jy vir Len geken het, het jy ʼn beste vriend gehad.”

Bolhuis doen ʼn beroep op sosialemediagebruikers om nie allerhande uitlatings op sosiale media te maak oor wat die betrokke aand by die gastehuis afgespeel het, of wie die skuld daarvoor moet dra nie.

“Dra die gesin eerder in gebed op.

“Dit is ook after all ʼn wonderwerk dat hy oorleef het. Mense moet hulself daarvan weerhou om op sosiale media te skinder en snert te praat. Dis onaanvaarbaar en onnodig. Bid vir hul familie om hierdeur te kom. Daar is boonop kinders ter sprake.”

Bolhuis meen voorts daar is ʼn “vanselfsprekende waarheid” wat reeds ondersoek is.

“Jy het verdagtes in ʼn saak, en jy kan nie ʼn verdagte se saak namens hom stel nie. In dié geval kan die polisie hul kant verduidelik en ons kan ons ondersoek aan die polisie verduidelik, maar Len, wat die spilpunt van hierdie ondersoek is, kan nie ʼn woord sê nie.

“Hy kan dus nie sê wat daai aand gebeur het nie. Dis ʼn moeilike beslissing wat in die staat se hande lê.”

Bolhuis meen in ieder geval sal daar gekyk moet word of daar enige nalatigheid of onverantwoordelikheid ter sprake was.

“As jy Len nie in die prentjie het nie, het jy nie die persoon wat benadeel is, se getuienis nie. Dit maak die saak baie moeiliker.”

Verskeie ondersoeke is tans aan die gang en moontlik siviele eise kan ook nog ingestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

JohanR ·

Tipies in Suid Afrika onder die ANC : Intussen sloer die polisie sowel as die onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod) se strafregtelike sake na die voorval, al is groot gedeeltes daarvan reeds gedoen.

Gaitsigubib ·

Ek kan nie sien dat JohanR sy opterde goedkeur nie, Hy se die SAP sloer met die saak.

Mariana ·

Dit was maar ‘n aaklige voorval en nou is daar trauma vir die hele gesin. Hoop hy herstel tog ten volle en dat hy sy kant kan stel, maar tot dan wens ek hulle alle sterkte toe.

Koen ·

Ten minste is soortgelyke “aaklike voorvalle” ons nou gespaar.

Vlekkie ·

Wel…. die video kan nie lieg nie en ek het die video gesien. Len het n polisiebeampte se pistool gegryp; sy eie gevat daarna en intimiderend op ‘n polisieman aangestap gekom…. dis al wat ek gesien het. Ja natuurlik is ek jammer vir hom, maar ook vir almal betrokke was dit traumaties.

Annelize ·

Ongelukkig het honderde duisende mense die video gesien. Dit was nie gestage nie, dis ook nie ‘n act gewees nie. Hy het ‘n oorgehaalde wapen op ‘n polisielid gerig, hy het nog ‘n polisielid ontwapen. Ongeag wat ons van vandag se Polisie dink, jy teken jou doodsvonnis as jy so iets doen.
Ongeag hoe onbevoeg die Polisie voorgekom het, Len was en is ongelukkig verkeerd gewees.
Sy gedrag was absoluut onnodig en laakbaar. Geen opgevoede mens gaan so tekere nie.

Keelvol ·

Hoekom ongelukkig? Dis goed die video het versprei. Nou weet almal wat gebeur het.

duiweboer ·

Hy is nie n hero nie. Hy het Sy vuurwapen op die polisie gerig en ook na hulle vuurwapen gegryp. As ek n politieman was het ek hom ook geskied. Wat n “failure “

MakersMark ·

Slegte gebeurtenis wat totaal vermy kon gewees het. Video van die gebeurtenis duidelik. Maar help nie om terug te gaan verlede toe nie hoop Len toon verbetering met tyd.

Casper ·

Ja Mike ek stem saam met jou,maar wat sê die getuies wat daar was se verklaring.Hy was gewapen en het ‘n polisiebeampte se pistool gegryp.Wat sou die redelike persoon in so ‘n situasie gedoen het.Enige reaksie het ‘n teen reaksie alhoewel dit nie altyd reg is nie.Wat sou die redelike persoon gedoen het as hy of sy deur ‘n aggressiewer blok van ‘n man op so wyse gekonfronteer word.Ek vra maar net Mike.

Linx ·

Eerste comment wat sin mask en verwys na die reasonable man test

Leana ·

So ver ek weet is daar net ‘n gedeelte van die video gewys en nie een van ons was daar om presies te weet wat vooraf gebeur het nie. So dink nie ons kan oordeel nie.

VaalDonkie ·

Oukei. Kom ons begin deur te vra waarom die polisie ontbied moes word.

Dandeleen ·

Ek stem 100% saam met jou, daar was slegs ‘n gedeelte van die video gewys nou is almal judge en jury, dit is belaglik.

Keelvol ·

Dié cloete was verkeerd. Mike Bolhuis kan maar sê wat hy wil, die video vertel alles.

Koen ·

Handeling het altyd gevolge. Sy keuse waarmee hy moet saamleef. Hy sal ten minste nie weer sy kopakhaaantjie streke uithaal as hy drink is nie.

Duck ·

Ja wat, speel dom, dis die beste aanval, kyk net na ons destydse president….en sy vriende, almal loop nou vry rond nadat hul “dom” gespeel het.

Linx ·

Hulle is vinnig om nalatigheid te bewys in die polisie se Kant,maar prima facie evidence het lankal nalatigheid in die “victim” se Kant bewys,so ook as die reasonable man test toegepas is moes almal by nou Al weet waar die negligence lé,maar nee die polisie moet verkeerd gemaak word hier

Dandeleen ·

Volgens my was die SAPS en Rambo almal verkeerd… Dit was nie nodig vir hom om so aan te gaan nie en dit was ook nie nodig vir die SAPS om hom in die kop te skiet nie.
Was net ‘n onodige snowball of events.

Lillian ·

Hierdie insident is van die begin af verkeerd hanteer, deur die gaste huis, die polisie en die Cloete man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.