Goedkoopste pakket met kykNET nou amper dubbel die prys

(Argieffoto: kykNET)

Talle kykNET-kykers is die josie in omdat die prys van die goedkoopste DStv-pakket waarop dié Afrikaanse kanaal voortaan beskikbaar gaan wees, bykans verdubbel.

DStv doen ná 29 Oktober weg met sy Select-pakkette. Dit het toegang tot kykNET ingesluit en het intekenare R265 per maand gekos.

Die Compact Plus-pakket sal voortaan die goedkoopste opsie vir kykNET-kykers wees, maar die prys daarvan is op R519 per maand – héélwat meer as wat intekenare vantevore betaal het.

Compact Plus is die tweede duurste opsie vir intekenare, met net die Premium-pakket wat kykers meer uit die sak jaag. kykNET is nét op dié twee platforms beskikbaar.

“DStv hersien deurlopend sy inhoud, pakketstruktuur en pryse om te verseker dat klante vir goeie waarde toegang het tot die beste en nuutste inhoud. Gevolglik skort ons sommige pakkette op en word klante na die hoofpakkette verwys waar dieselfde programme en kanale gevind kan word,” het Benedict Maaga, woordvoerder van DStv, gesê.

Maaga het gesê voormalige Select-intekenare word outomaties na die Family-pakket gemigreer. Intekening beloop steeds R265 per maand. Op dié pakket het intekenare toegang tot kykNET & kie en kykNET NOU (maar nie tot kykNET nie).

Volgens hom is kykNET ʼn “premie-kanaal” en daarom gaan dit voortaan net op die Premium- en Compact Plus-pakkette beskikbaar wees.

ʼn Intekenaar het aan Maroela Media gesê sy het op verskeie platforms gepleit dat die prys van ʼn intekening op ʼn pakket wat kykNET insluit, heroorweeg word. Sy het selfs by DStv se bedryfshoof, Brand de Villiers, probeer uitkom in ʼn poging om haar saak aan hom te stel. De Villiers is in Doebai gesetel.

Nóg ʼn kyker het aan Maroela Media gesê hy glo die besluit gaan duisende Afrikaanse kykers negatief raak. kykNET het navrae na DStv verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

CJ ·

Waar is Afriform nou.
Dit is net nog n aanslag op die Afrikaanse gemeenskap.

Salamander ·

Afriforum kan nie net aanhou doeke droogmaak nie. Die mense moet nou begin potty train en self dinge aanpak.

Gerhardus ·

CJ ek stem saam dat hierdie diskriminasie is, maar Afriforum is besig met sake wat baie belangriker is as vermaak op TV.
Jy kan iets hieraan doen deur DSTV te kanselleer (en maak sommer seker dat jy Afriforum geldelik ondersteun sodat hulle wel die belangrike gevegte names jou kan baklei). As genoeg van ons dit doen sal DSTV dit voel (ek het hulle lankal die deur gewys).
Die Afrikaner het passief geraak. Ons wil terugsit terwyl organisasies vir ons baklei (en dan kritiseer ons hulle ook sommer as dit nie uitwerk soos ons verwag nie).
Kom ons begin deur saam te staan en met ons beursies te baklei.

Tienie ·

CJ ek stem. Dit na ons ons maandelikse premie by Afriforum betaal.

Ek gradeer af. Slegs om Internationale nuus te behou.

Op SABC 2 en eNuus sien mens in elk geval die nuus twee tot drie dae later as op Internationale nuus EN dan is dit SA nuus.

Ek weier om verder in my lewe meer te betaal vir Afrikaanse goed. Selfs Soltech is onbetaalbaar duur. Daar is ander alternatiewe in AFRIKAANS.

Santie ·

Hulle moet oppas, een van die dae het hulle geen intekenare meer nie. Oorweeg kansellering self sterk a.g.v. herhalings en beperkte keuse vir volpakket.

Stefan Boonzaaier ·

Salamander dis n uitstekende antwoord. Ek sekondeer

Ilse jv vuuren ·

DEFINITIEF. dstv het dit met die hele Steve Hofmeyr DUIDELIK uitgespel

Alana Bailey ·

AfriForum het ‘n dispuut met MultiChoice – sien die berig op Maroela Media op 4 Junie 2019.

Willem du Toit ·

Seker ‘n poging om minder Afrikaanse sprekende kykergetale minder te kry en dan word daar oorweeg om kyknet heeltemal te skraap. Afrikaans is ‘n indringer taal.

Oinkie ·

Ek verstaan nie hoekom o s nog DSTV ondersteun nie. Hulle weet ons Afrikaanse manne sal betaal vir hul rugby. Raai wat, dis net op Premium pakket beskikbaar. Sokker is op die goedkoopste intree pakket beskikbaar. Wanneer gaan ons volk wakker skrik???

Willem Britz ·

Dstv , geldmakery en ons bejaardes kan dit nie beskostig nie
..Openview is nou ons opsie…

Blikke ·

Nou is ek eers bly myne afgesit met die Hofmeyr boikot…..hulle moet nou begin opmaak vir verliese as gevolg hiervan. Nee wat hou maar julle DSTV ek kom heel goed daarsonder klaar!

Marinda ·

DStv kan maak soos hulle smaak. Lankal mors ek nie my geld op hulle nie. Beter om sonder TV en DStv te wees.

JP ·

Nou wonder ek wat gaan van die pensioenarisse word, SA word ‘n land wat net in een rigting dink, geld en nogmaals geld

Nico ·

Bly net ‘n gejaag na geld en kry niks daarvoor nie. Ek het nou wel die pakket met 145 en 146 maar bitter min om te sien omdat 145 omtrent net vol sepies is. Hulle wil almal nou eintlik forseer om die premium te vat. Ner dankie. Hulle kan maar my decoder kom hasl.

Aksie SA ·

DSTV wurg kykers! Ek het ‘n OPEN VIEW DECODER by GAME gekoop en betaal nie maandeliks subskripsie nie. Baie beter inhoud as Multichoice…. ek luister die Bokke op die radio… kry dieselfde tellings. Bye bye DSTV, Multichoice en hul NASPERS basies!

Janee ·

Baai dstv. Julle pg advertensies is ook deesdae op alle familie kanale. So geen kind kan meer discovery ens kyk nie. Swak.

Kykniemeer ·

…. ʼn Intekenaar het aan Maroela Media gesê sy het op verskeie platforms gepleit dat die prys van ʼn intekening op ʼn pakket wat kykNET insluit, heroorweeg word. Sy het selfs by DStv se bedryfshoof, Brand de Villiers, probeer uitkom in ʼn poging om haar saak aan hom te stel.

De Villiers is in Doebai gesetel.
—–
Lekker man, die kapteine het al die skip verlaat.

Jack ·

Ja ek is ook ‘n jarelange Select intekenaar.
Word nou geforseer om af te gradeer na KykNet&kie wat basies ‘n herhaling van al die ou inhoud is. Betaal dus in die toekoms weer vir ou inhoud wat ek reeds voor betaal het.
Lekker!!

Kobie ·

… en die laaste paar maande is elke advertensie op KykNet en VIA in Engels. So wat word van Afrikaans. KykNet en Via, hou so aand en julle sit sonder intekenare binnekort!

Adam ·

Waaroor die bohaai. Afrikaners het mos hule skottels lank gelede al afgeruk en die dekodeerders stukkend gery.

SjN ·

Multichoice moet x bedrag per kanaal vra en jy moet self kan kies wat jy wil he, hul sal baie meer intekenare bykry.

MK ·

Ek het 5 jaar terug my dstv afgesit en ons is okay hahaha. Ek het wel n Showmax vir subskripsie vir slegs R99pm waar ek nou heerlik opvang met al die sepies en reekse wat ek gemis het. Ons het Openview, nuutste Amerikaanse reekse word elders afgelaai en groot rugby gaan kyk ons maar by die pub. Dstv is onbekostigbaar maar gelukkig is daar ander opsies daar buite.

Cornelia ·

Met so ‘n voorstel kan hulle dit dalk oorweeg om mense te melk met die hoogs moontlike tarief om te probeer opmaak vir al die ander intekenare wat hulle verloor om sodoende te probeer om hulle deure oop te hou.

Jaco ·

Ek is meer verbaas dat daar nog soveel Afrikaanse mense DSTV kyk. Ek is volgende maand 1 jaar sonder DSTV en moet se het dit net die eerste maand gemis.

Ek stream die wereld beker rugby en ander sport soorte, werk vir my fantasties

aj ·

Bevry jou van die skermpie … dis alles virtueel (nie rerige lewe nie) en herontdek jpu familie, vriende en bure ! Dis eg!

Werk aan jou filsheid, maak tuin en knap jou sekuriteit op.

Dis dinge in die rerige lewe wat iets beteken.

Oor die internet kan jy wêreldnuus, vars, op die minuut, gratis kry!

Lindtjies ·

Ek sien dat baie mense DSTV gaan los. Ek is een van hulle. Die programme nie meer die moeite werd nie en word tot vervelens toe herhaal. Die oorgrote meederheid gaan eerder kos koop as om ‘n arm en ‘n been te betaal. DSTV kan immers nie jou maag volmaak nie.

Annoniem ·

Nee wat – ek sal nie weer Multichoice ondersteun nie, dankie!

Daan ·

Want as jy Afrikaans is en rugby wil kyk sal jy meer betaal. Volgens my is dit blatante diskriminasie. Kanselleer DSTV en dan kyk hoe vinnig hulle weer als goedkoper maak

Gerhard ·

Dit is tyd om keuses te maak, ons moes dit al eintlik lankal gedoen het? Ek dink baie hoop maar dit gaan beter raak, maar ek reken ons gryp na gras halms.

se net ·

Ek het n pakket van R105, want dit is al wat ek kan bekostig. Ek eet die laaste paar maande brood om dit ook te laat verval. Ek gaan n openview box koop. Dit wat nie ingesluit is nie, so what? Die boks kos R500 en jy betaal nooit weer nie. So Oktober is ek klaar met hul. Ek gaan Saterdag bedank by DSTV.

Katryn ·

Jy sal nie spyt wees om openview te kry nie, daar is ‘n kanaal met afrikaanse stories al is dit oorgeklank en pragtige engelse stories. Ek mis dit vir niks.

Ben ·

Geen rugby ,Geen formule een ,Geen Carte blanch ,Net sokker ,sokker en ou sepies ,Sal nie meer van hulle gebruik maak nie Sit myne maar af Dankie Vir niks wie is so slim wat sulke dom besluite neem .

Anneke ·

Hoekom moet ek vir kanale betaal wat ek nie eers kyk nie? Daar is ñ rede hoekom ek op daardie goedkoop pakket is. Eerstens kyk ek nie alles nie, ek kyk basies die meeste van die tyd Kyknet. Nou word ek sommer oorgesit na Kyknet & kie wat basies programme is wat ek reeds op Kyknet gesien het. Julle gaan klante verloor en dit sluit my in.

Leon ·

Ek en my gesin het ons keuse amper 2 jaar gelede gemaak, GEEN Dstv meer, en ons het wonderlike gesinslewe vandat die euwel uit ons huis is, ons spaar elke maand R900, wat ons aanwend vir gesinsnaweke weg van die huis af. Ons mis geen van die programme nie, en met politiek wat in sport en oral verder inmeng, is ons net beter af.

Jack Klok ·

Ek kom al jare sonder TV klaar. Hou op om TV te kyk, spaar jou TV lisensie asook jou MultiChoice premie. Dis baie bevrydend. Jy verlos jouself terselfdertyd van al die indoktrinasie wat subtiel jou lewe oorspoel. Spaar die geld liewer en gebruik dit om jou huisverband af te betaal. Daar is baie interessanter materiaal op die internet te sien.

JR ·

Wel hy kan dit bekostig met al ons geld ek gaan ook n open view koop goodbye DSTV want daar is geen afslag vir pensioners nie

Oom Pieter ·

Dankbaar dat soveel volks- en geloofsgenote deur hierdie nuwe aanslag van die wêreldse vyandskap sien en dit verwerp en teenstaan. So word ons verplig, gedwing om te kies ooreenkomstig Openbaring 18. Ek en my vrou kla nie meer nie, besoedel nie meer die Sabbatdag met televisie nie, het lank gelede al Baãl Sport (sport?) afgesweer, kyk nog nuus en Binnelanders maar met al meer teensin. En nou kom ons voor die keuse te staan as gevolg van geldsug. En daarvoor dank ons die HERE wat ons deur die Heilige Gees weereens die regte pad aanwys. Nie deur ‘n predikant nie – deur die wêreld self, soos so dikwels in Openbaring en ander Skrifgedeeltes getuig word. Openbaring 18 kom hierin te pas, veral 18:4.

HBK ·

Hulle melk bloot Afrikaans sprekendes. Netwerk24 en nou Kyknet. Dit terwyl alles in Engels verniet of goedkoop bly uit dieselfde stal. Neewat hulle het my vir altyd verloor.

Elizba ·

Die wat nog lede is wil net nie hoor nie…. hulle sal nie Afrikaans of Rugby goedkoper pryse of beter behandel nie….Ek het reeds laas jaar oor na ovd geskakel…niks extra of duur premies.. Rugby is seer puntjie maar daarvoor is groot skerm by klub en restaurante…wow nie hoor nie moet voel

Lunsriem ·

Het ook onlangs DSTV gekanseleer weens koste en patetiese waarde vir geld. Mis egter Kyknet maar sal oorleef! Ons leef maar eenkant en vra of iemand asb. alternatiewe tv- kyk kan aanbeveel?

Katryn ·

Kry Openview R500. , jy betaal eenmalig by Game vir hom geen maandelikse fooie nie.

Willehond ·

Kyknet?? Kyk net na die natuur. Voeltjies, diertjies en hoe hulle speel en doen. Plus die res van God se skepping . Dan het jy nie n eenoog monster nodig nie! En dis heeltemal gratis met maar geen heruitsendings en advertensies nie! Gaan kyk net!

Zel ·

Ek het n gastehuis en dit kos ons n arm en n been om DSTV beskikbaar te stel vir ons gaste. Kan iemand n goedkoper opsie aanbeveel? Sal gaste tevrede wees met OpenView? Ek dink al jare aan n ander opsie, maar kry nie n antwoord nie.

Ian ·

Dank vader ek het nie meer ‘n TV in my huis nie. Spaar R1000 per maand elke maand. (DSTV) “cater” nie meer vir my as trotse afrikaner nie. Sport is ‘n klug en gaan my ook nie meer aan nie. Baie rustiger lewe sonder TV.

patriot ·

Ons het Steve geondersteun en dstv gekanselleer. Ons het nou wifi, en kan nogsteeds rugby kyk. Ons kyk enige tv series en flieks, luister musiek na ons keuse. En dit is baie goedkoper as dstv. Vir die wat wonder waar jy sport kan kyk, Stream2watch.

Karin ·

Ek sou ook graag DSTV wou kanselleer, maar hier by ons het ons amper nie n internet sein en dis so stadig as dit werk

Marcel ·

Laat vaar die DStv pakket en teken in op Showmax. Daar moet jy wel 1 dag wag voor episode op Showmax beskikbaar is na uitsending op TV maar dit is baie goedkoper. Betaal hier in Nederland €10 per maand vir Showmax.

BlinkStephaans ·

Ek vermoed met hierdie skuif gaan kyknet binnekort nie meer n sogenaamde “premie-kanaal” wees. Ons weet almal hoekom dit n premie kanaal is, want dit is die kanaal wat gekyk word deur die mense wat elkgeval gemelk word om die land staande te hou. Hierdie is maar net nog een van daardie skuiwe om die koei verder te melk. Al wat nodig is is dat ons ons denke en gewoontes aanpas… en vernuwe… sien wat hul strategie is en dit teenwerk. Hulle sal gou genoeg hul fout agterkom as ons almal net eens kan wees.

Pieter ·

Stem saam hulle wys als oor en oor en die groot mnr betaal vyf honderd duisend rand net om saam ou cr aan n tafel te sit ek vat my dstv geld en gee dit aan kinder huise

Pieter ·

Stem saam hulle wys als oor en oor en die groot mnr betaal vyf honderd duisend rand net om saam ou cr aan n tafel te sit ek vat my dstv geld en gee dit aan kinder huise

Frederick ·

Al vir byna 2-jaar slegs op Netflix en Amazon Prime en dit kos my gesamentlik minder as R200 p/m en nog nie een dag Dstv en sy voortdurende heruitsendings gemis nie. Op Netflix en Amazon is daar meer inhoud as waaroor Dstv slegs kan droom.

Bullseye ·

Dankie tog ons is al jare terug af van dstv .. Betaal deur jou nek om dieselfde goed oor en oor te kyk… Mis dit glad nie!

Magda ·

Dankie tog is ook van DSTV af – het die Blackbox en alles is daarop – Mis niks van DSTV en kos jou minder en kyk programme dadelik. GO AWAY DSTV -Begin n Afrikaanse DSTV met die voorkeur vir Afrikaans eerste en dan die ander tale – Dit is wat DSTV nou doen – Hoekom kan ons ook nie.

Kobus Steyn ·

Is dit nie tyd dat Afriforum hier ingryp nie. Dit absoluut diskremenasie teenoor afrikaans ?

SF ·

DSTV het nie net gewone kykers aan die keel beet nie, maar ook pensioenarisse. Niemand hoef in detail in te gaan oor hoe die ekonomie ons arme pensioenarisse benadeel nie en dit is nie hulle skuld nie. My ouers se dae draai om programme op Kyknet en dit is hulle enigste plesier in die aftree-oord. Weens ouderdom en gesondheid kan hulle nie reis of ander goed doen nie. Hulle kyk TV. Om die premie te verdubbeld is om letterlik kos uit hulle monde te neem. Kan Kyknet nie net ASSEBLIEF dit oorweeg om ten minste die pensioenarisse tegemoet te kom nie?? Waarheen kan mens so ‘n vertoë rig?

Mereze ·

Ons kom al vir 5 jaar sonder DSTV klaar. Dis al jare lank belaglik om so klomp geld te betaal daarvoor. Elke jaar kry dit kamtig nuwe kanale by wat eintlik ou programme onder ‘n nuwe kanaalnommer is. Nee wat. Druk hom maar daar waar die grootbaas bly.

Rika ·

Het van my Dstv ontslae geraak seker al 6 jaar terug nog nooit spyt gewees nie. Is op Wifi kan enige movie of serius kyk plus ek het ook Netflix baie beter geen herhalings nie.

Judge Dredd ·

Hulle verwag Afrikaners moet die res subsidieer – dus waarom Rugby en Kyknet net op die duurder pakette is.

Gertjie ·

Ek beskou dit as diskriminasie aangesien die blankes se voorkeur oor die algemeen Afrikaans en rugby verkies. Waarom moet ons duur betaal vir die bg pakkette terwyl sokker op goedkoper kanale, en nie net een kanaal, beskikbaar is?
Dstv diskrimineer duidelik teen die Afrikaans sprekendes en kan nie wegkom daarmee nie…..pateties!
Afrikaners bou ook hard aan hierdie land, maar dan word ons om elke hoek en draai aan die hakskeen gebyt!!!

Amanda ·

Ek is klaar met DSTV!!!! Ek gaan nie gedwing word om dubbel die prys te betaal om KykNet te kyk nie & stel nie belang om ge-migreer te word nie.
Al die intekenaars op die Select-pakette moet dit net doodeenvoudig kanselleer sodat Multichoice dit aan hulle sak kan voel!!!!

Connie ·

Ek is op die pakket vir R105 per maand en baie tevrede. Het net nie Kyknet masr mask nie saak nie. Kos my nie ‘n plaas se geld.

Ria martins ·

En nou wat van di sassa pensionarse ??????? Word daar ni aan hul gedink nie ek myself ontvang sassa toelaag wat min is pm kan nie eers lewe op di geld ni

Posduif ·

Dankie tog ek het myne n maand terug gekanselleer want ek kan nie meer dit bekostig nie. Al wat ek gekyk het was kanaal 144 & dis nie meer beskikbaar nie. Dis net herhalings en normaals herhalings. Dstv is nie meer wat dit was nie. Daar is net gemors op. Good bye

George in Bloem ·

Ek het lankal die DSTV gemors in die asblik gegooi waar dit hoort. Nog nie ‘n enkele dag spyt nie. Stream als wat ons wil kyk.BAIE goedkoper.

Gerda ·

Hul is besig om hul gatte te sien, nou probeer hul op enige manier fondse te in. Internet stream en Netflix sny hul kele af.

Christo ·

Julle kan dit maar opsit soveel as wat julle wil. Myne 7maande terug gestop en daar is nou al R6300 in my spaar rekening . Sal dit Desember op my gesin spandeer.

PW Kruger ·

Ek het my lidmaatskap beeindig en nou “stream” ek te lekker met meer om te sien. Al wat nou oorbly is om my skottel af te haal en my dekodeerder te vernietig en weg te gooi. Ek wonder hoe lank sal daai skottel hou as ek hom as ‘n braaier gebruik?

James ·

Nou 4jaar weg van DSTV en my internet, netflix en “ander” dienste baie minder as wat dstv my gekos het. Kry nou meer as trippel my waarde vir geld. Sterkte BEE DSTV

gatiep ·

TV werk die beste ingeplug in n pc en jy kyk wat jy wil van internet vir helfte van prys.

Grahvern ·

Ek het so paar maande terug al dstv gekanseleer. Hulle wiskunde is ‘n gemors. Toe skakel ek oor openview en Netflix. Die beste besluit ooit. Nee wat DSTV is soos’ n mediese fonds… Onbekostigbaar.

Donderstorm ·

So multichoice het weereens n lat vir hulself gekies ek mis nie eens dstv nie.

Alta ·

Nou ja..dan is dit maar koebaai Kyknet.
..kan dit nie bekostig nie.

AB ·

Al jare sonder DSTV! Mis niks! Het baie tyd en geld om aan my gesin te spandeer.

Manie ·

As ek kyknet was sou ek n platvorm skep soos netflix vir afrikaans.

Zel ·

Ek het n gastehuis en dit kos ons n arm en n been om DSTV beskikbaar te stel vir ons gaste. Kan iemand n goedkoper opsie aanbeveel? Sal gaste tevrede wees met OpenView? Ek dink al jare aan n ander opsie, maar kry nie n antwoord nie.

Zachrys ·

As die gaste goeie WiFi verskaf word kan hulle kyk net wat hulle wil… Ek het tot Mei maand in gastehuis gebly met WiFi en dstv het nooit nodig gehad om dstv te kyk nie. Als wat ek wou sien is op internet beskikbaar, selfs gaste van ander rasse het die internet bo dstv verkies… Dis ‘n uiters swak besigheid deesdae en hulle was baie dom om nie met tegnologie tred te hou nie…

Danelle ·

So 20:00 vanaand my epos gestuur as een maand kennis om subskripsie te kanseleer. Sommer genoem dit gaan oor Kyknet, net in geval hul wonder. Sal maar ander plan moet maak, kan nie net aanhou betaal nie.

Ig ·

Maak soos Steve, klim op jou dak, gooi jou dish op die grond en ry oor hom. Dstv wil Afrikaners geen genot gun nie. My moeder kyk net 144 en supersport 1 meeste van die tyd teen R1.000 + p.m. vir n weduwee. Hulle voel niks wie of wat jy is? Take what we have or go without it! Boikot die bloggers! Hulle worry nie oor jou nie, hulle het genoeg subscribers

J ·

Kan KykNet, twv die uitbou van Afrikaans, nie maar “bedank” by DStv nie? Sodat almal KykNet op ‘n goedkoper kanaal iewers anders kan kyk.
Miskien kan al die onafhanklike streeksradiostasies saamkom en ‘n plan maak om KykNet te verlos van DStv.

Seer gemaak ·

Dink terug na omtrent 1987. Dis toe MNET wat nou MutliChoice is ontstaan. MNET is deur die blankes van hierdie land opgebou. Jare later noteer hulle of JHB Effekte Beurs. Almal behalwe die blankes wat hulle opgebou het waar hulle is, kon aandele koop. Kyknet is een van die kanale wat hulle die meeste geld inbring. So suksesvol dat Kyknet nou 3 kanale het. Weereens, maak hulle die “blanke” Afrikaans so buitensporig duur. So as jy blank en Afrikaans is gaan jy betaal. En dan boikot hulle Steve. Ek het lankal my respek vir DStv en Kyknet verloor. Kan maar hul naam na “Boere veraaiers” verander.

Danie ·

Dis nou seker n stupid vraag, maar almal gaan aan oor DSTV. My vraag is hoekom onderhandel die afrikaanse stasies net met MultiChoice. Hulle kan sekerlik met die ander uitsaaiers ook onderhandel. Nou wonder ek waar le die probleem. Is kyknet dalk te duur vir die ander uitsaaiers

Eddie van der Merwe ·

Is ek nie verbaas nie dit is hoe DSTV van Afrikaans wil ontslae raak deur die prys so hoog te maak dat ons dit nie meek kan bekostig nie dan kanselleer ons dit .Niks anders as rassities.

Phillip ·

Ek gebriuk die internet om flieks af telaai op n 4 terabaait harde skiuf en het 4000 fliks kyk ook nuus deer die internet

Heksie ·

Gelukkig kyk ek jare al nie meer DSTV nie, pryse is belaglik!
En DSTV “coin” lekker daarop want niemand van ons wil die gemors kyk op SABC1,2,3 nie.

H ·

Multichoice/DSTV diskrimineer nie net teenoor Afrikaans nie, maar ook teen ons kunstenaars, hoekom hulle nog ondersteun, hulle vat maandeliks jou nuwe geld maar gee vir jou ou programme en herhaal alles. Hierdie verhoging is die laaste voor hulle sneuwel, hulle het so baie kliente agv Steve se boikot verloor, hulle moet iewers meer geld kry om die baas in Dubai te hou. Boikot hulle, kanselleer, kry vir jou OVHD, dis gratis al herhaal hulle programme.

Bernie Geldenhuys ·

En dit is presies hoekom ek van 1 Nov af nie meer DSTV gaan hê. Beste besluit ooit, sal ek sê!! Hulle is almal daarop uit om die Afrikaanssprekendes onder te kry maar jammer, ou, hierdie vrou gaan niks verloor as daar nie meer tv in die huis is.

Annelize ·

Is al meer as ‘n jaar sonder DSTV, en ons mis dit hoegenaamd nie. Dieselfde goed word oor en oor en oor herhaal, dit verander net van kanaal.

DSTV is regtig ‘n mors van tyd en geld.

Marko ·

DSTV maak staat op wit afrikaans sprekende mense. Omdat baie mense hulle DSTV gekanseleer het moes hulle die betalende mark teiken om inkomste te genereer. Melk die koei wat bereid is om te staan….

Anoniem ·

Moenie nog vir een oomblik kibbel daaroor nie, kanselleer DSTV in geheel en laat hulle dit aan hulle sakke voel.

Riaan P ·

‘n Goeie besigheidspersoon sal die geleentheid raaksien en ‘n “nuwe KykNet” begin wat los is van DSTV. As ek die geld ehad het, het ek dit gedoen. ‘n Deal met Netflix of iemand gemaak…
Multichoice se einde is in elk geval op die horison.

Boervrou ·

Ons is al 3 jaar sonder DSTV.Kan baie ander dinge met daai geld doen.

Bella Coetzee ·

Hoekom kan pensionarisse nie korting kry op die DSTV premie nie??????

B.B. ·

Die oomblik toe honderde mense hul DSTV’s stukkend slaan, ter ondersteuning van Steve…het ek gese…om vir daardie TE-KORT te vergoed gaan hulle die Premie’s verhoog…en ja, waarlik…laas-maand gebeur dit ook so…..Hulle sit my toe ook op n ander duurder pakket…maar vat toe sommer my gratis 192/ 193 ook weg….!!
Sal ons die land ooit verstaan..?..maar moet se…hulle vang ons lekker.!!

J ·

HUGO! BEL DIE POLISIE! HUGO! BEL DIE POLISIE! HUGO! BEL DIE POLISIE!

B.B. ·

BAIE Belangrik….Ek voel dat Afri-forum beslis hierby betrek moet word…Terwyl ons n Betaal-kanaal het…kan alle Afrikaans-sprekendes daarop aandring dat die Advertensies se BEWOORDING in AFRIKAANS MOET wees…..maak dan nie saak wie die advertensie vertolk nie…maar die Taal MOET Afrikaans wees, want ONS betaal vir n Afrikaanse stasie…Ek dink ons het genoeg gronde om op te staan…Dankie.

Teleurgesteld in DSTV ·

JHO!!!! Ek het die vol pakket en ek kyk net Binnelanders en Getroud met Rugby. Maar Binnelanders harloop uit idees uit. Dis ‘n klomp snert. Ek voel vir mense wat regtig net van ‘n klein pensioentjie leef. Kyknet is waarvoor hulle leef en nou word dit ook weggevat. (Dis hulle vermaak) – Wys jou net – nie eers op TV word na die oumense gekyk nie. Dis so jammer. Ek begin te dink dit is dalk maar beter om net die sepies ook op te hou kyk en dan DSTV af te sit. Hulle kyk nie na ons, hoekom moet ons na hulle groot bonusse kyk. Mens raak dik om net te betaal – Solidariteit/Afriforum – wat sien mens? net baie praat en niks doen – dis soos Carte Blanche, vlek alles oop en niks gebeur verder. Verder word ons net per telefoon gepla om meer en meer vir hulle te gee. DSTV moet maar sneuwel…….. verdiende loon!!!!!

Maansie ·

Multichoice loop dieselfde pad as wat die SAUK n paar jaar gelede geloop het . Hulle diskrimineer teen die Afrikaans sprekende mense in ons land . Die Afrikaanse programme op DSTV maak in elk geval n bespotting van die Afrikaners . Hulle kan dit net sowel stop . Dis n belediging vir al ons Afrikaanse Afrikaners . Hulle kry lankal nie meer n sent van my nie .

Afrikaner ·

Ja en so sal die ANC sy plan stadig maar seker deurvoer en elke Afrikaner melk tot die koei opdroog. Ons kultuur, ons taal, ons onderwysstelsel, ons regte, ons werke ens. Kyk ons weet mos ook nou hoe rassisties Multichoice is na aanleiding van hulle optrede. Elke Afrikaner sal ten duurste leef, ten duurste kinders opvoed, ten duurste betaal aan belasting en ten duurste betaal vir vermaak. Waarom word die ander swart kanale nie op hoë koste pakkette geplaas nie? Nee net die Afrikaner sal dom genoeg wees om te betaal tot dit by sy ore uitkom en aanhou kla. So bly ek het nie DSTV nie.

Martie ·

Ek is nou net so omfekrap sukkel al van September af met DS TV ek het die Pricelock plan R956pm van 1ste September vat hulle n bedrag van R1399.88 met ander woorde hulle moet R440.88 aan my terug betaal nadat ek al met drie konsultante en beloftes gepraat het nog geen terug betaling nie nou die maand betaal ek R1028.00 nou skuld die klomp my nog n bedrag R69 hoe kan ek verder met die klonp praat niemand weet wat om te doen nie weet iemand by wie ek nog kan klaom my geld terug te kry.of hulle e-pos te stuur na iemand met bietjie pitte in sy kop.

Jacky Strydom ·

Die grootste rede hoekom mens deesdae betaal vir tv.
Maar nee wrintie.
Hulle sal aanhou en aanhou tot alles in sy pekie is, dán gaan hulle eers krokodiltrane tjank oor alles wat hulle opmors.
Donker Afrika word ál donkerder en donkerder.

Adam ·

Die DSTV sage stoom voort en die Afrikaners kla oor hoe hulle uitgebuit word. Ironies genoeg kla niemand oor die pryse van drank, sigarette en ander nie-noodsaaklike uitgawes nie. Lagwekkend!!

Jennifer Honey ·

kan dstv nie net laat ons per kanaal betaal wat ons self kies nie…want dan kan ek kies wat ek van hou en nie al die ander kanale he wat net snert is nie

ANSIE ·

Het laas week ingebel oor ons gedwing word om oor te skakel en dan in dieselfde sin ons
Kyknet kanaal verloor. Dis ons hoofkanaal in ons huishouding. Die dame het bevestig dat
Kyknet kanaal beskikbaar gaan wees vanaf 1/10/2019, maar steeds niks. Dit is baie teleurstellend . Ons kan net R265 pakket bekostig en as Kyknet kanaal nie gou terug is op die pakket nie, gaan ons die pakket kansseleer. Die sepies op Kyknet & Kie is ou goed van laas jaar wat alreeds gesien is. Nou betaal ons vir n kanaal sepies wat herhaal word.
Dis geld mors, dan kansseleer ons eerder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.