Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het Maandag die langverwagte nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen. Konstruksiewerk het reeds in 2006 begin.
Lees meerAlles vir Maandag 30 September 2019
Cele gemaan om permanente Opod-hoof aan te stel
Bheki Cele, minister van polisie, het sy eie sperdatum van September misgeloop om ʼn permanente hoof van die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod), aan te stel, het die Demokratiese Alliansie Maandag gesê.
Ontwrigting vir Kaapstad-brandweer verwag
Die Stad Kaapstad het Maandag gewaarsku dat daar moontlik ontwrigtings kan voorkom in sy brandbestrydingsdiens te midde van dreigemente deur brandbestryders, wat aan vakbonde behoort, wat nie op bystand wil wees nie.
Vermeende inbreker op Malmesbury-plaas doodgeskiet
ʼn Vermeende inbreker is Maandagoggend vroeg op ʼn plaas naby Malmesbury in die Wes-Kaap doodgeskiet.
Video: Aanranding by Kaapstad-winkelsentrum
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek twee sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer ná ʼn onderonsie by die Canal Walk-winkelsentrum.
Doepa in drankie, Wits-student glo verkrag
ʼn 21-jarige student van die Universiteit van die Witwatersrand is glo Sondag verkrag toe sy ʼn partytjie bygewoon en haar glas wyn gedokter is.
ToekomsVenster: Riglyne vir die toekomspad
Hoe nader ons, sy kinders en sy volk, aan God leef, hoe nader kom ons aan mekaar as medemense, veral in ʼn diverse omgewing wat maklik aanleiding gee tot konflik en misverstand.
Nataniël se jongste produksie: ‘Elke lied het sy eie uitrusting’
Teaterliefhebbers kan nou uitsien na sy 18de produksie by Emperor’s Palace in Kemptonpark wat met 12 onvergeetlike konserte spog. Dit beloof om ʼn boeiende skepping te wees met skouspelagtige klerekaskeuses en die stilistiese beligting waarvoor Nataniël teen die tyd goed bekend is.
Jong SA’ner wen internasionale fotografie-prys
“Ek wil nie net wen nie, ek wil ʼn verskil maak.”
Lugmag het nie geld vir nuwe vliegtuie
Die lugmag het nuwe vliegtuie nodig, maar moet binne sy vermoë leef en die begroting laat nie tans sulke uitgawes toe nie.
Skotte terug in prentjie ná Samoa rooi sien
Uit ʼn Suid-Afrikaanse oogpunt is daar baie belangstelling in dié groep.
Rugbywêreldbeker 2019: Bepalings en uitslae
Die toernooi vind oor 44 dae plaas, altesaam 20 spanne neem deel en die eindstryd vind op Saterdag 2 November plaas.
Die wêreld in foto’s – 30 September 2019
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Tekenprent: Greta die omgewingsaktivis
Die klimaatsverandering-aktiviste en instemmende politici het intussen in ʼn tipe kultus ontaard en hul simboliese leiersfiguur is die 16-jarige meisie van Swede, Greta Thunberg.
Varsgebekkig: Haastand
“Haastand” is die Varsgebekkig- uitdrukking van die week
Verslag oor private gesondheidsorg bekend gemaak
Die ondersoek het bevind dat die drie hospitaalgroepe Netcare, Mediclinic en Life die bedryf oorheers.
DA-wedloop lyk na ’n driebeen-resies
“Die versoeke om my verkiesbaar te stel, het veral gekom na die verwikkelinge van die afgelope paar dae, toe ek vrae oor (die DA-leier) Mmusi Maimane se huis en motor gestel het by die vergadering van die federale dagbestuur.”
Tugsaak teen dokter wat aborsie glo afraai wéér uitgestel
Dr. Jacques de Vos was ’n intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het van sy ginekologie-rotasie omdat hy aan swanger ma’s gesê het dat hul ongebore babas mense is.
Solidariteit-afvaardiging by verkiesing in Oostenryk
ʼn Afvaardiging van die Solidariteit Beweging het Sondagaand op uitnodiging van Oostenrykse politici die oorwinningstoespraak van Sebastian Kurz, die leier van die Oostenrykse Volksparty, in Wene bygewoon.
Goedkoopste pakket met kykNET nou amper dubbel die prys
Talle kykNET-kykers is die josie in omdat die prys van die goedkoopste DStv-pakket waarop dié Afrikaanse kanaal voortaan beskikbaar gaan wees, bykans verdubbel.