
Alle oë was Sondagaand op Sebastian Kurz, die leier van die Oostenrykse Volksparty, in Wene. Foto: Verskaf.
ʼn Afvaardiging van die Solidariteit Beweging het Sondagaand op uitnodiging van Oostenrykse politici die oorwinningstoespraak van Sebastian Kurz, die leier van die Oostenrykse Volksparty, in Wene bygewoon. Die sentrumregse Volksparty het in Sondag se vervroegde verkiesing ʼn historiese oorwinning behaal.
Die Solidariteit Beweging het vanjaar skakeling met regerings, politici en nieregeringsinstellings in Europa opgeskerp en die afgelope week is daar besoek gebring aan Nederland, België, Duitsland, Oostenryk en Italië.
Volgens Jaco Kleynhans, hoof van Internasionale Skakeling vir die Beweging bestaan daar hernude belangstelling in Europa oor die situasie in Suid-Afrika en is daar veral toenemend die geleentheid om Europese groepe by projekte in Suid-Afrika te betrek. Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit en Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, kon Sondagaand Sebastian Kurz persoonlik met sy verkiesingsoorwinning gelukwens.

V.l.n.r. is Jaco Kleynhans van die Solidariteit Beweging, Werner Human van Solidariteit, Sarina Frauenstein van Pretoria FM en Hannes Noëth van Helpende Hand. Foto: Verskaf.
Die Volksparty se verkiesingspartytjie in Wene is by ʼn groot konsertsaal aangebied en is deur politici, sakelui en verskeie internasionale afvaardigings bygewoon. Die Solidariteit Beweging skakel met verskeie politieke partye, oor die hele politieke spektrum, in Europa met die doel om inligting te versprei en betrokkenheid in Suid-Afrika te verhoog.
Volgens Kleynhans is die besoek tans veral daarop toegespits om bewustheid van die ANC-regering se grondonteieningsplanne te verhoog en om vennote vir die Beweging se maatskaplike- en opleidingsprojekte te vind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Wel gedaan trots op julle!!!!
Ek wens ek kon daar woon……
ek hoop hulle het iets geleer oor selfbeskikking en onafhankliheid vir Afrikaners …
Wat het geword van Praag se projek om die burgerskap van SAners in hulle Europese stamlande te herstel? Sodat SAners na hulle stamlande kan terugkeer?
Sterkte vorentoe!!
Ek ondersteun jule!!!