Lugmag het nie geld vir nuwe vliegtuie

Mapisa-Nqakula (middel). Foto: Twitter

Die lugmag het nuwe vliegtuie nodig, maar moet binne sy vermoë leef en die begroting laat nie tans sulke uitgawes toe nie.

Só het die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, in die parlement erken. Sy het geantwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag deur die DA-LP Kobus Marais.

Marais wou by haar weet of haar departement met die aankoopproses van noodsaaklike vliegtuie vir die lugmag gaan begin, eerstens vir noodsaaklike maritieme patrollering- en verkenningsdoeleindes by 35 Eskader, gestasioneer by die lugmagbasis Ysterplaat in Kaapstad, tweedens noodsaaklike C130’s vir vrag, logistiek en personeel by 28 Eskader, gestasioneer by die lugmagbasis Waterkloof in Pretoria, en derdens noodsaaklike aankope van Oryx- en Rooivalk-helikopters.

Mapisa-Nqakula het gesê sulke aankope het nie begin nie omdat aankope afhang van die beskikbare begroting.

“Daar is tans geen geld in die begroting vir die vervanging van verouderende vliegtuie nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Geld wat stom is ·

Sny al die groot koppe van al die departement se salarisse. Hulle leef te rojaal en almal so et soos speen varkies.

Maak julle salarisse minder wn begin die pand opbou

Johan Maritz ·

Vat daai wat lonks jou sit se salarisse en sien hoeveel vliegtuie kan jy dan koop. Die ANC en ander Afrika regerings is die enigste wat vir Ferraris betaal en dan tevrede is met Polos. Die opblaas van salarisse deur die ANC is ongelooflik en dan staak hulle vir nog.

martin ·

wat wil hulle koop daar is nie geld in die land nie , als val plat Eskom,lugmag,weermag medies en die lugdiens dan is dit boonop nog die petrol prys glo nie eers daar is geld vir petrol om te vlieg nie

Kobus Marais ·

Daars wel geld, maar ongelukkig is die prioriteite verkeerd en ontbreek ‘n politieke wil in geheel by die Minister en die regering

JohanR ·

Shame…..wat het met al die vliegtuie gebeur wat Jacob Regop Zuma lekker geld in sy bank rekening voor gekry het in 1999. Het julle alles al klaar gebreek en opgeneuk? Nou sal julle seker begin met Wapen Ooreenkoms 2, om te sien wie nou die meeste geld in hulle bank rekeninge kan kry? Die belastingbetaler is moeg vir julle!

moedeloos ·

Die SAL is bankkrot.. een van die dae is die Weermag ook bankkrot!

Tallies ·

Het die lugmag gekwalifiseerde vlieniers vir nuwe vliegtiue ……… ek twyfel.

Kobus Marais ·

Daars is og geld, vlieeniers en tegnici, maar die uurglas loop vinnig leeg.
Een van die dae gaan ons slegs ‘n “lug vleuel” oor he, en veral ons maritime grense blootgestel.
Dieselfde geld vir die Vloot

Sven ·

Ek wag vir die dag wanneer ‘n ou C130 vol mense gaan neerstort op ‘n woonbuurt. Dan gaan vingers gewys word.

Dries ·

Ja want die geld is in julle ANC se sakke gaan terug skool toe en maak graad twee klaar

Essie ·

Nou verstaan ek nie wat ban die grippen vliegtuie wat aangekoop is vir miljoene

Marnits ·

Die lugmag het nie eers geld vir die huidige vliegtuie se petroleum nie, wat nog te sê vir nuwe tuie?

Johan ·

Geld was nog nooit ‘n probleem nie.
Vra gou vir Shaik en Zuma om die aankope te reël…..

Ysbeer ·

HAHAHA – EN hoe het die land se weermag in 1994 gelyk????? En nou?????
Tot Lesotho sal ons nou kan inval sonder om n skoot te skiet.

Ep ·

Al was daar geld wat wil julle maak met vliegtuie? Seker lekker gatskuur en afshow

rina ·

DIe ou regering was glad nie so bad nie …. kon n begroting laat uitwerk

Vita ·

Ek stem,wat wil hulle met die vliegtuie maak, hoop nie hulle wil dit gebruik in oorlog nie,hulle gaan mekaar afskiet????

George in Bloem ·

Die “Royalty” kuier mos huidiglik hier in SA so dalk moet julle hoor of hulle nie ‘n paar Spitfires teen bargain pryse het vir ons “Lugmag” nie? Ons is mos al hoe vinniger besig om ‘n derdewereldse piesangrepubliek te word?

Vita ·

Dit so waar die SAW ,lugmag en self die SAP wat n trots, my vriende was in die Recces en Vlaker speseenheid, hulle het hulle uniform met trots gedra, die SAP Taakman was 1 van die beste,nou daar niks meer trots nie

m ·

“Hoekom moet ons vliegtuie koop as ons dan nou van die mense wat hulle kan vlieg probeer onslae raak” se die ANC

Juffer ·

Ek so dik vir alles wat in die land aangaan……will niks meer hoor nie. Dis n bolshoop. Vandag gehoor van ons kroniese medikasie is onverkrygbaar in die hele land…..gaan maar dood….ons gee nie om nie……dis om van siek te word…..

herman Goosen ·

Maar ons het geld gehad om vegvliegtuie te koop teen wie ons gaan veg weet nugter alleen. Die sjinese sal bly wees om die visserye verder te plunder. Die vliegtuie sou in ieder geval net vir plesierritte gebruik word instead van kuswag

Zorro ·

Dis beter so. As hulle vliegtuie het sal hulle ons daarmee skiet.

Waarheid ·

Ek lag my n papie! !????????
Trump het dit so raak beskryf!!!

Tolla ·

Hoekom koop hul nie maar liewer “drones” nie dis goedkoper en veiliger????????????

Essie ·

Dan word die nuwe vliegtuie ook gestoor in loodse in Ptetoria of elders

Gert van Wierdapark ·

Hulle moet maar n naamsverandering onder gaan = grond-mag!

Poerie ·

Dankie tog daar’s nie geld vir nuwe vliegtuie nie! Dit sou weer net n vrot korrupte aankoopsproses aanspoor, en wie sou in elk geval die goed vlieg !

Hennie ·

Vat die ANC politikuste vir gereelde flips met daai ou vliegtuie. Net dalk….

gatiep ·

Vra vir die royals wat so lekker tee drink hier vir geld,vra sommer bietjie extra sodat julle ook n bietjie daarvan in julle sakke kan druk.

Heksie ·

Nuwe vliegtuie vir wat?
Vir jul eie private gebruik?
Dit kan die enigste rede wees. Julle mors ons belastinggeld!!!!!!!

Realis Thailand ·

Vra hoeveel van die Augusta Helicopters is afgeskryf weens vlieeniers wie nie kan vlieg nie
Dieselfde oor die Pilatus vliegtuie op Langebaan waar swart vrou leerling vlieniers drie afgeskryf het deur op die voorwiele te land.
Gee hulle kruiwaens om eers gewoond te raak aan verkeer
Verkoop die Gripens wat gemothbal is en koop vragvliegtuie. Daar is buitendien nie opgeleide vlieeniers vir die Gripens> Al die goeie vlieeniers het by Australie se lugmag gaan aansluit

Anoniem ·

Die dag dat die Lugmag nie meer kan vlieg nie, kan hulle maar ontbind en afgradeer na ‘n Lugvleuel wat onder die Leër se bevel staan. Wanneer ‘n Lugmag se vliegtuie nie meer in die lug is nie, vermors hulle net geld deur al die ander ondersteuningsdienste se salarisse. Ieder en elke persoon in die Lugmag is daar om die vlieënier in die lug te hou!!

Johan ·

Nou weet ek waarom ons nuwe vliegtuie nodig het…die Gupta’s se vrinne kom weer kuier !!! Waterkloof, kry julle self reg…!

wilma ·

Maar daar is meer as voldoende geld om in bodemlose putte te stort!

Zelda ·

Die army kort alles nie net vliegtuie nie.
Hulle kort n hele floot van voor af.

Attie. ·

Ek dink SA kan beter vaar sonder ‘n lugmag of altans sonder ‘n weermag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.