Goeie nuus vir SA’ners in die buiteland wat burgerskap verloor het

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Die DA vier vandag fees saam met duisende Suid-Afrikaners in die buiteland, wat onbewus hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het as gevolg van ʼn drakoniese stuk apartheidswetgewing.

Die hoogste hof van appèl het vandag verklaar dat artikel 6(1)(a) van die Suid-Afrikaanse Burgerskapswet 88 van 1995 in stryd is met die Grondwet en ongeldig is sedert dit op 6 Oktober 1995 afgekondig is. Dit word verder verklaar dat daardie burgers wat hul burgerskap verloor het deur die toepassing van artikel 6(1)(a) van die Suid-Afrikaanse Burgerskapswet 88 van 1995, inderdaad nie hul burgerskap verloor te het nie. Laai die uitspraak hier af.

“Ná ʼn nege jaar lange veldtog deur die DA in die buiteland en ʼn vyf jaar lange regstryd deur die DA, is die uitspraak van die hof ʼn oorwinning vir die grondwetlike reg tot burgerskap,” sê Adrian Roos, die DA se skadu-adjunkminister oor binnelandse sake. “Artikel 6(1) van die Burgerskapswet bepaal dat ʼn volwasse burger hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor as hulle die burgerskap van ʼn ander land aanneem deur ʼn vrywillige en formele handeling, anders as deur huwelik, sonder om eers toestemming van die minister van binnelandse sake te verkry om hul Suid-Afrikaanse burgerskap te behou.”

Die hoogste hof van appèl het bevind dat hierdie bepaling ʼn vae en ongedefinieerde diskresionêre mag aan die minister verleen ten opsigte van die behoud van ʼn fundamentele reg, die reg tot burgerskap.

In ʼn uitspraak van 2020 teen die departement van binnelandse sake het die konstitusionele hof bepaal dat “die sistematiese daad om miljoene swart Suid-Afrikaners van hul burgerskap te ontneem, een van die mees nadelige beleide van die apartheidstelsel was, wat baie van hulle as vreemdelinge in die land van [hul] geboorte gelaat het”.

“Hierdie bepaling is in werklikheid oorgeneem uit die apartheidsera Burgerskapswet, wat deur die apartheidsregering gebruik is om uitgewekene vryheidsvegters en dié wat burgerskap van bantoestans verkry het, van hul Suid-Afrikaanse burgerskap sonder hul kennis te ontneem. Dit hoort nie in ons konstitusionele demokrasie nie. As die ANC ernstig is oor die verwydering van apartheidswetgewing, sal hulle nie teen hierdie uitspraak appelleer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Bre ·

Hoe gaan jy nou weet of jy burgerskap verloor het, en indien… gaan dit ‘n krisis wees? BESLIS NIE

Casper ·

Ai tog, hoe word daar weer gestruikel oor feite. Na die verkiesing in April 1994 het die ANC die regerende party geword en is apartheid beïendig. Enige wet wat na April1994 aangeneem is soos die bg Suid-Afrikaanse Burgerskapswet 88 van 1995 kan dus nie ‘n sogenaamde apartheidswet wees nie.

Alet ·

Kyk as ek in die buiteland gebly het sou ek nie eens geworry het as hulle my burgerskap wegvat nie. Geen verlies enigsins

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA en VF Plus is ook nie werklik gepla nie. Hulle soek net stemme om meer kaders te ontplooi.

Susanna ·

Daar is wel mense wat wil terugkeer SA toe. Die gras is nie altyd groener aan die anderkant nie.

Bre ·

Ek is al vir 35 jaar uit SA en verlang nie eens terug nie. As jy maar net weet HOE sleg SA se beeld in die buitewereld is sal jy anders praat. In my geval is die fras beslis groener aan die anderkant.

Jaco ·

Wat van ‘n wet wat sê alle wit Suid-Afrikaners word na Europa, Amerika, Kanada en Australië gedeporteer MET stempels in hulle paspoorte wat duidelik sê “this passport holder is FORBIDDEN to return to South Africa”. Dan is daardie lande as gevolg van hulle hoogheilige verbintenis tot “human rights” VERPLIG om ons wit mense in te vat. Eerlikwaar, ek is nou amper 56 jaar oud en ek het baie eiendom en belange in SA, maar ek is ten volle bereid om met net die klere aan my lyf in enige van daardie lande van vooraf te begin. Ten minste TEL meriete, ondervinding en opleiding nog behoorlik daar. Nie die “regte” velkleur soos in dié simpel anti-wit SA nie.

Veritas ·

Dit kan nogal werk. Daar sal sekere mense wees wat wil bly ( Hulle keuse en ek is fine daarmee ), maar ek droom van ‘n massa deportasie na Rusland of Argentinia. Selfs Croatia of Hongarye. Dit is al lande wat oor is wat etniese groepe bevat wat soos ek lyk. Swede, Noorwee, Finland, Australia, Kanada ens word baie vinning beset deur miderhede van ander lande en sal in die volgende 100 jaar nie meer blank wees nie.

Marthinus W ·

Ek verstaan in Engeland het hulle onlangs regstellende aksie-wetgewing ingestel, want die meerderheid Britte is nie meer blank nie.

Johan ·

Mens verloor nie SA burgerskap nie. Jy wen die wegval van SA burgerskap.

Di ·

Mense wat oorsee gegaan het het, is baie gelukkig. Hierdie nes ontaard is iets waar geen mens meer wil bly nie

Fran ·

Ek sal glad nie omgee om my burgerskap te verloor van hierdie gemors land nie!

Manie ·

Hier loop in ieder geval etlike miljoene mense in die land rond sonder SA burgerskap, verblyfreg of werkspermitte. Hoekom het Suid-Afrikaners in die eerste plek in ander lande aansoek gedoen om burgerskap? Om weg te kom van die hool, so dit gaan hulle nie in die minste pla nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.