Gordhan vertrek na China vir gesprekke oor Transnet

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, is tans na China onderweg om met dié land se regering oor die bespoediging van lokomotiefaflewerings en onderdele vir Transnet deur die Chinese vervaardigingsmaatskappy CCRC e-Loco te praat.

Die departement het Maandag gesê dat Gordhan, wat ook ʼn afvaardiging saam met hom het, hoopvol is dat gesprekke met sy Chinese eweknieë positiewe resultate sal oplewer om doeltreffende logistieke en netwerkdienste tot voordeel van Suid-Afrika se ekonomie te verseker.

Transnet het in Januarie vanjaar aangedui dat hy ʼn “dooiepunt met CRRC bereik het” – glo weens die onwilligheidheid van CRRC om saam met betrokke owerhede in Suid-Afrika te werk om sy bedrywighede in die land te normaliseer.

News24 berig dat Transnet die verskaffing van 1 064 lokomotiewe van vier oorspronklike verskaffers, insluitend CRRC, gestaak het op grond daarvan dat kontrakte ter waarde van meer as R54 miljard in 2014 onreëlmatig toegeken is.

Transnet het intussen gesê sy CRRC-lokomotiewe benodig dringend onderhoud deur dié verskaffer.

Daar is gevolglik tydens ʼn vergadering met pres. Cyril Ramaphosa in Maart besluit dat ingryping nou nodig is, te midde van oproepe vir dringende optrede om die dalende prestasie van Transnet se vragspoorafdeling en die uitwerking daarvan op die ekonomie om te swaai.

In hul verklaring vroeër vanjaar sê Transnet dat sy CRRC-lokomotiewe veral ʼn uitwerking het op die werkverrigting van drie belangrike spoorkorridors, naamlik die Noord-, Noordoos- en Kaapse korridor, wat ongeveer die helfte van Transnet-spoorvrag se inkomste uitmaak.

Die korridors ondersteun ook drie sleutelmynbousektorsegmente, naamlik steenkool, chroom en mangaan. Sodra hy terugkeer sal Gordhan voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn om te reageer op beskuldigings van korrupsie by Eskom. Die datum vir hierdie vergadering is nog nie vasgestel nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

Dit maak my briesend maak so of hulle omgee wonder wie bluf hulle.?

Grassie ·

Die regering heul al meer met Sjina. Ek sien dat selfs die onderdele vir Koeberg se kernkrageenhede in Sjina gemaak word, terwyl Koeberg aanvanklik deur ‘n Franse maatskappy gebou is. Hierdie regering se “made in China” gaan nog in hul gesigte opblaas.

Di ·

CHINA gaan nog die land kom vat vir al die “SKULD” en lenings wat hierdie regering aangaan met hulle. Een van die dae kan die regering nie meer al die skuld betaal nie dan is dit “D” day vir SA. BAIE ander AFrika lande sit tans met dieselfde probleem met geld wat China geleen het en werk wat hulle vir die land gedoen het. In 2019 het China reeds 37 Biljoen geleen vir Eskom en ons sit nog steeds in die DONKER

Sarel ·

Daar gaan ons alweer..
Om te dink diecToerusting was Plaaslik vervaardig tydens die ” Boikot” Era..
Wat ek.nie mooi verstaan nie…wie is nou veranrwoordelik vir ondernemings soos Transnet.
Mimister van Vervoer of Mimister van Openbare Ondernemings

Hasie ·

Die twee ekonomieme verskil so dit met weer verskoning vir Leka kuier overseas …wat vir die Chinese werk werk nie vir SA nie

domheks ·

Lekker ou vakansietjie op belastingbetalers se onkoste. Bang hy moet verantwoordelikheid aanvaar vir Eskom se korrupsie. Dankie Andre de Ruyter.!.!

My siening ·

So vat Chinese stadig ons land oor en verder is Putin ook besig, daar is nie hoop vir die land nie, so gaan ons nog almal vrêk van honger terwyl die ANC REGERING nie ding voel vir die mense! 30 jaar se afbreek kan nie reg gemaak word. Die woord apartheid moet nou aan die ANC toegevoeg word want hul doen alles in hul vermoë om wit en kleurlinge te vernietig in alle fasette van die lewe!

JohanR ·

Vertrou die ou nie een bietjie nie……skelm met ‘n glibberige tong!

Hendrik ·

Geen vertroue in die regering. Deur hul toedoen is die land in n ekonomiese gemors. Dit is buite hul vermoe om sukses met China besigheid te doen. Ons is aan die verlee kant,dus die ideale prooi om uitgebuit te word. Betaal gaan ons betaal. China weet niks van kersgeskenke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.