GrandWest-pretpark heropen ná mallemeule-ongeluk

Die pretpark by GrandWest-casino (Foto: WackyRides/Facebook)

Die tydelike pretpark by die GrandWest-casino in Kaapstad is heropen nadat dit verlede week gesluit is ná ’n swaai-mallemeule-ongeluk.

Nege mense is beseer nadat die boonste deel van die mallemeule tydens die rit omgeval het. Vier van die beseerdes is gehospitaliseer.

Die pretpark by GrandWest-casino (Foto: WackyRides/Facebook)

Volgens Mervyn Naidoo, GrandWest se hoofbestuurder, het onafhanklike strukturele ingenieurs al die pretparkritte ondersoek waarna die bestuur die groen lig gegee het om die park vir die res van die skoolvakansie te heropen.

“Ons het met die Fun Park-eienaars en met die eksterne strukturele ingenieurs vergader. Hulle het ons deur hul verslag geneem en ons verseker dat al die oorblywende ritte veilig is,” het Naidoo in ’n verklaring gesê.

Slegs die 14 binnenshuise ritte sal egter in werking wees.

“Ons kliënte se veiligheid is altyd van kardinale belang, so ons het die besluit geneem om die geleentheid op ons perseel toe te laat, maar ons het toestemming vir die twee buitelugritte onttrek, waarvan een die betrokke swaai-mallemeule is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Miena ·

Ek werk in die Veiligheid & Risiko Veld en dit is net 1 van die redes hoekom ek nie op hierdie goed klim nie. Ek verstaan daar is Risikos met baie dinge in die lewe om ons – bv. motorvoertuig rit. Maar – ek het te veel al gesien van hierdie tipe risiko’s wat verkeerd gegaan het en dan katastrofiese nagevolge het. Nee dankie – ek wil nie deur die lug geslinger word nie. Ek doen nie eers “bungee-jumping of zipline” nie. En net om n ander sy staaf – ek is wel n motorfietsryer. Calculated risks – elkeen op sy eie … wel plesierrit!!

JohanR ·

Miena….wat ‘n paar pelle en gaan doen die zipline daar by Elgin. Dit was een van die hoogte? punte van my lewe en die natuur skoon is out of this world. Jy kan nie soe iets mis net omdat jy al die tyd dink iets kan verkeerd gaan. Ek het myself nog selde soe in die lewe ‘n dag geniet.

otter ·

julle forseer die kundiges om te deel, om al hul besigheid in onkundige weefsels se hande te sit. Dit beteken , hy is nie bevoeg om iets reg te doen nie , het geen kennis om dit reg te doen nie en gaan dit ook nie reg doen nie . Maak met die informasie wat jy wil . Maar in SA is dit n feit!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.