Grondeisers val boer op plaas aan

(Argieffoto: Maroela Media)

ʼn Boer van Middelburg in Mpumalanga is erg aangerand nadat ʼn groep grondeisers hom aangeval en ure lank aangehou het.

Danie Heyns (60), wat deur die week in Gauteng woon en oor naweke boer, is pimpel en pers geslaan en een van sy skouerblaaie is ook gebreek.

Dít nadat hy ʼn grondeiser gekonfronteer het oor ʼn onwettige struktuur op sy plaas.

Op 17 Oktober het Heyns die beweerde oortreder aangetref waar hy besig was om ʼn sinkhut op die plaas te bou. Daar is reeds jare gelede ʼn hofbevel gekry wat hom verhoed om enige strukture op die plaas op te rig. Heyns het hom daaroor gekonfronteer.

“Ek wou die situasie met hom uitklaar en sommer ook video’s as bewyse neem,” sê hy.

“Die man het egter my met ʼn spies en toe met ʼn hark bestorm. Ek het my pistool byderhand gehad en ʼn waarskuwingskoot afgevuur. Hy het nietemin steeds op my bly afstorm.

“Ek kon hom doodgeskiet het, maar ek het nie.”

Die man het Heyns met die hark oor die kop geslaan en die pistool het in die proses uit sy hande gevlieg. Nog drie mans het hom toe oorrompel en aangehou.

“ʼn Groep van tussen 15 en 20 mense van die omgewing, sommige van hulle werkers op buurplase, het later daar opgedaag en my vir langer as twee uur om die beurt geteister en aangerand.”

Hy sê hy het reeds die oggend voordat hy die besetters genader het, die polisie ontbied, maar dié het gesê hulle sal later eers ʼn draai kan maak.

“Ek is nie seker of die polisie wel gekom het as gevolg van my oproep vroeër en of iemand anders hulle ontbied het nie, maar hulle het eindelik daar opgedaag,” sê hy.

Die beweerde aanvallers is beveel om Heyns los te maak, maar in die proses aan sy gebreekte skouer geruk en pluk.

Volgens Heyns het die polisie nie beslag gelê op een enkele wapen of iemand in hegtenis geneem nie.

“Een van my plaaswerkers het daar aangekom en my buurman ontbied. Hy het my sowat 45 minute later hospitaal toe gevat.

“Toe ons by die dorp inry, sien ons hoe die polisie die hoofverdagte, wat my enkele ure tevore met ʼn spies bestorm het, in die dorp aflaai,” sê hy.

Heyns sê hy het al meer as 20 sake by die polisie aanhangig gemaak, maar daar word volgens hom nie teen die oortreders opgetree nie.

Hy het die dag ná die voorval saam met sy prokureur gesit en ʼn verklaring afgelê en ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig, maar wag nog op terugvoer in dié verband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Kan nie wag om te sien wie van die da of fv gaan eerste opdaag om die boer te help nie.

Pierre ·

Verkiesingstyd hulle bande skreeu seker al in die strate af om eerste daar te wees.

Cherokee ·

Werner en Pierre, die oorverdowende handeklap waarop julle staat gemaak het, gebeur toe nie.

Werner ·

Ek wil weet wat die politieke partye doen aan ons boere se situasie.Maar die oorverdowende stilte is die rede hoekom ek nie my tyd mors om te stem nie

Kokerboom ·

Drastiese voorkomingsmaatreels op ‘n georganiseerde basis NOU dringend . Die gevalle kom nou weekliks voor!

Nick ·

Boere staan saam. Hierdie trawante van malema moet nie alleen gekonfronteer word nie. Daardie ou gaan hiedie land vernietig. Hy skep anargie maar besef nie dat sy eie vrou en kinders moet voortleef in die chaos waarin die land gedompel word nie. Hy en eff is definitief agter hierdie aanvalle en uitlokkery.

Pieter ·

Die EFF is die aanval wapen van die ANC. Dink jy Cyril keur nie alles goed nie?

casper ·

Die ANC en polisie gee hulle volle steun aan die mense wat die boere vermoor en sluit die boere wat hulle self probeer verdedig onwettig toe !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

H.A. ·

Verlaat die land, hier is GEEN hulp vir wittes en boere. So word die boere elke dag getreiter.

Fred ·

In my opinie is die EFF net n arm van die ANC om die meer radikale idees te versprei.
Dan lyk die ANC nie so erg nie.

Jr ·

Polisie sê jy? Klomp ou terroriste wat niks meer as karwagte is.

Cherokee ·

AfriForum betrek hulself nie in individuele sake nie. Uiters verstaanbaar.

Perdeby ·

Nou wonder ek wanneer word hulle toegesluit, en vergeet in die tronk soos die boer wat hom self verdedig het en s man dood is.

Janee ·

Vandag is jy in lewensgevaar indien ‘n polisieman naby jou kom!

Nico ·

Niks sal gedoen word aan die saak nie, dit word mos aan gemoedig, die boere saamstaan is daar weer groot moeilikheid. Hierdie regering gaan tot ‘n end kom.

Karina ·

Skande, skande, skande, al kommentaar wat ek kan lewer oor die polisie optrede, beskermers van kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.