Die hof het teen Shuttleworth beslis. Dit nadat die hoogste hof van appèl in Oktober verlede jaar die Suid-Afrikaanse Reserwebank beveel het om R250 miljoen plus rente aan Shuttleworth terug te betaal.
Shuttleworth het bates van meer as R4,27 miljard in Suid-Afrika gehad toe hy geëmigreer het. Hy het van die bates uitgevoer en moes elke keer ʼn 10%-heffing betaal en het uiteindelik R250 miljoen se uitvoerheffings betaal. Shuttleworth woon tans in die Isle of Man, ʼn eiland in die Ierse see, en het dubbelburgerskap.
Shuttleworth het destyds die heffings betaal, maar die Reserwebank hof toe gesleep en aangevoer die uitvoerheffings en sekere regulasies van die land se valutabeheerstelsels is ongrondwetlik. Die minister van finansies het in 2003 ’n 10%-uitvoerheffing ingestel op kapitaal van R750 000 as voorwaarde vir die uitvoer van die kapitaal. Die heffing is later afgeskaf.
Die konstitusionele hof het egter bevind dat die uitvoerheffing nie strydig met die Grondwet is nie. “Die belangrikste doel van die uitvoerheffing is nie om inkomste te verhoog nie, maar eerder om optrede te reguleer deur die uitvoer van kapitaal te ontmoedig en sodoende die plaaslike ekonomie te beskerm,” het die hof bevind.
Daar is egter ook bevind dat enige soort nasionale inkomste, belasting of nie, verhoog moet word by wyse van wetgewing wat in die parlement goedgekeur word en dat die instelling van die uitvoerheffing by wyse van aankondiging grondwetlik ongeldig was.
Shame dis nie reg nie gaan jy nou pap eet.
Sinnelose antwoord jaques. Sy geld is sy geld.
Party mense moet MOOI dink voor hulle die “stuur kommentaar” knoppie druk. Sy geld is beslis sy geld, hy het dit nie gesteel van die volk soos die kaders nie.
Maak nie saak hoeveel geld Mark het nie, die feit bly staan dis ongelooflik baie geld wat hy verloor, dit se my weereens hoekom betaal Zuma nie ook sy geld terug nie. Wat goed is vir die een is goed vir die ander een, ek hoop Mark vat die saak verder
Dit is ‘n Nkandla wat hy verloor en dit is bloot grypsugtigheid wat hom dit kos. Dit neig soms om te lyk asos die appèlhof en die konstitusionelehof in opposisie met mekaar is.
Uitspraak in hoogste hof nie seker hoe hy die saak verder kan vat nie.
Ek stem saam. Zuma is nie bo die wet verhewe nie.
Blerrie skande dat die regering iemand se geld kan vat. Dis seker vir Nkandla se opgradering. Gn wonder mense wat kan verlaat die land.
Nee wat Mark gee dit nou maar gewone jy sal nie ‘n dooie duit van jou geld weer terug sien nie! Dis reeds aangewend vir die President en sy makers se skelm streke. Ai mens probeer so hard om die goeie in die land raak te sien maar sulke dinge neig om mens net weer kop onder in ‘n put van depressie te dompel – hierdie land is ‘n nagmerrie en ons regstelsel op ‘n skaal van 1 – 10 beslis 21