Groot dele van Pta sonder krag weens veldbrand

Argieffoto deur ER24 van 'n substasie.

Argieffoto deur ER24 van ‘n substasie.

Die Tshwane-metroraad sê groot dele van Pretoria is tans sonder elektrisiteit weens ‘n veldbrand.

‘n Woordvoerder van die metroraad het aan Maroela Media gesê ‘n veldbrand langs die Kwagga-substasie naby Capital Park het Eskom se bedienerkabels beskadig. Die bedienerkabels verskaf sowat 132 kilovolt aan die substasie.

Die metroraad sê groot dele van Pretoria-Wes, Pretoria-Noord en die middestad word geraak. Volgens die metroraad werk hul tegnici aan die probleem en sal die kragtoevoer binnekort herstel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.