Groot druk op elektrisiteitsdiens in Kaapstad

Argieffoto van Kaapstad (Foto: Pixabay)

Stad Kaapstad hanteer tans ʼn hoë volume van diensversoeke weens erge storms, beurtkrag en vandalisme aan infrastruktuur. Die stad se oproepsentrum en elektrisiteitsdepot’s het boonop tans slegs enkele personeel aan diens weens positiewe Covid-19-gevalle onder kollegas.

“Dit het ongelukkig ʼn impak op ons dienslewering en reaksietyd. Ons bedank verbruikers vir hul geduld terwyl ons so vinnig as moontlik reageer op navrae en versoeke,” sê Phindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid vir energie en klimaatsverandering.

Kragonderbrekings in groter dele, weens skade aan infrastruktuur, neem ook langer om op te los. “Dit word veral veroorsaak deur onwettige verbindings, voortgesette vandalisme en bome en struike wat infrastruktuur beskadig. Covid-19 en verlede week se beurtkrag het ook ʼn impak op bedrywighede en daar moet deurgaans aan gesondheid- en veiligheidsregulasies voldoen word in die belang van personeel, kontrakteurs en verbruikers.”

Maxiti sê dit is ook belangrik om kennis te neem dat die situasie in sommige dele in die metro tans baie onvoorspelbaar is. “Alhoewel die stad alles in sy vermoë doen om so vinnig as moontlik op versoeke te reageer, kan ons nie personeel en kontrakteurs se lewens in gevaar stel nie. Elektrisiteitspanne moet soms deur wetstoepassers vergesel word om sekere gebiede te besoek.”

Die spanne doen tans alles in hul vermoë om kragonderbrekings so vinnig as moontlik op te los en vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word.

Verbruikers word versoek om kragonderbrekings deur die stad se dienskanale aan te meld sodat tegnici kan ondersoek instel.

Diensversoeke moet slegs op een kanaal aangemeld word. Dieselfde versoek moet nie verskeie kere op verskillende kanale aangemeld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

Wel julle sal lewe moet begin kry want sekere ander baie mense wie se ras nie meer geld nie, net hulle geld, kom binnekort ook daar iewers kamp opslaan vir oorlewing en hulle sal sekerlik ok bietjie krag vir hul oggendkoffie wil hê, tensy ‘n kampvuurtjie verkies word. Die Kaap was altyd so oulik veral net na ou Jan voet aan wal gesit het en al rook dié uit Van Donk se pypie was, maar met deesdae se bergbrande het die ou oom oorgeskakel na die minister se kruiedruppels… agter op die tong.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.