Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Woensdag beslag gelê op 8.5kg kokaïen, met ʼn straatwaarde van R2.5 miljoen, op die OR Tambo-lughawe.
Die kokaïen is gevind in ʼn passasier wat op pad was na Lagos in Nigerië se bagasie.
“Vier handsakke is in een van die man se tasse gevind wat elk elf pakkies met roomkleurige poeier bevat het,” het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, gesê.
Memela het gesê ʼn toets het bevestig dat die inhoud van die pakkies kokaïen is. “Dit is die tweede dwelmklopjag deur middel van skandering op die OR Tambo-lughawe in die afgelope week,” het Memela gesê.
Memela het benadruk dat SARS voortdurend tegnologie sal inspan om smokkel in onwettige goedere hok te slaan.
Die passasier is aan die polisie oorhandig.
Wens net jul kan jul werkers Ook so op check wat goed uit die pasasiers se tasse steel
Hoop nie daar gaan nou n te kort op straat wees!En dit voor die fees seisoen !!