Groot kommer oor wysigings aan wetsontwerp oor POF

Argieffoto: Netcare 911

Meer as 5 000 besware is reeds ingedien teen ʼn nuwe konsep van die wysigingswetsontwerp oor die Padongelukfonds (POF) wat van vergoeding na ʼn sogenaamde “maatskaplike voordele”-struktuur wil oorskakel.

Die wysigingswetsontwerp, wat begin vandeesmaand deur die departement van vervoer in die Staatskoerant gepubliseer is, laat minder as ʼn maand toe vir openbare kommentaar en stel ʼn omvattende herstrukturering van die POF voor.

Regsverteenwoordigers vir eisers met persoonlike beserings sê bestuurders, passasiers en voetgangers se regte om vergoeding te eis vir beserings wat hulle tydens ʼn motorongeluk opdoen, sal negatief beïnvloed word sou dié wetsontwerp deurgevoer word.

Adv. Justin Erasmus, voorsitter van die vereniging van regslui vir eisers met persoonlike beserings (Pipla), ʼn vereniging wat ongeveer 300 persoonlike beserings- prokureurs verteenwoordig, werk saam met verskeie ander regsverenigings om besware teen die voorgestelde wysigings te opper.

Erasmus sê hierdie veranderinge bied baie beperkte voordele en kom neer op ʼn ingrypende beperking van bestaande regte.

Erasmus sê een van sy grootste bekommernisse is die verlies aan inkomste.

“’n Eis vir verlies aan inkomste word tans in ʼn enkelbedrag uitbetaal. Kragtens die nuwe stelsel sal eisers annuïteitbetalings (gedeeltelike) ontvang wat uiteindelik gelykstaande sal wees aan die enkelbedrag. Daar is ook die kwalifikasie dat die bedrag betaalbaar onderhewig is aan periodieke hersiening van die fonds se aanspreeklikhede en sou ʼn eiser sterf voordat die volle annuïteite ontvang is, sal die betalings summier stop en die erfgename niks kry nie.

“Dit is veral kommerwekkend in ʼn tyd wanneer die land steier onder hoë vlakke van werkloosheid en een van die hoogste motorongeluksyfers ter wêreld het.”

Eisers sal ook nie meer vergoeding vir pyn, lyding en skok ontvang nie aangesien hierdie soort skadevergoedingseis heeltemal afgeskaf word.

Erasmus sê dit is uiters kommerwekkend indien daar in ag geneem word dat die POF ʼn goed gedokumenteerde geskiedenis van laat of selfs geen betalings nie het, sowel as ʼn geskiedenis van wanbestuurde fondse.

“Ons glo dit is nog ʼn slenter om die bedrag wat deur die regering aan slagoffers uitbetaal word te verminder, eerder as om aan slagoffers te betaal wat hulle regmatig en wettig toekom.”

Dr. Herman Edeling, ʼn neurochirurg en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Regsvereniging (Samla), deel uit ʼn mediese aspek soortgelyke kommer.

“Ek glo dit is ʼn geweldige skande indien arm mense ontneem word van algemene skadevergoeding wat afsonderlik is vir verlies aan verdienste en mediese uitgawes.”

“Om dit in perspektief te plaas: Indien jy werkloos is en nie geld het nie, of jou lewe verwoes is weens ’n besering, kan jy nie vir behandeling betaal nie. Daar sal van jou verwag word om vooraf te betaal vir al jou mediese behoeftes en dan terug te eis van die POF. In wese is die annuïteitsbetalings waardeloos.

“Mense maak gebruik van die algemene skadevergoedingseis om behandeling te ontvang en te oorleef in die geval van ʼn lewensveranderende gebeurtenis. Met die nuwe wetsontwerp sal mense niks kry nie.

“As ʼn mediese praktisyn glo ek dit is immoreel en professioneel – dit is oneties,” sê Edeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

domheks ·

Wil nie gelde uitbetaal nie, want dan word die trog te leeg. Wonder hoekom ons nog steeds tevrede is om die brandstof heffing te betaal. Daar moet net voorsiening gemaak word vir SA se mense en nie die klomp buitelanders wat in busongelukke hier in SA betrokke is nie. Kyk na WIE die geld bydra.

Hendrik ·

Jammer vir die beserings wat opgedoen is in die ongelukke. Daar is egter baie mense wat baie geld saam die beseerde maak uit die POF beseringseise.

Anon ·

Daar kan beter beheer uitgeoefen word en dan sal daar nie ‘n probleem wees nie. Onskuldige mense word ernstig beseer en waarom moet hulle gestraf word. Nee man.

Marius ·

Nog n slenter om hulle mense te na te kom. Die POF moet een van die stelsels in ons land wees met die hoogste balans , agv al die mense wat brandstof gebruik.

#ancmustfall

Richard ·

Prokureurs is net bang dat die POF emmer waaruit hulle so lekker skep, tot ‘n einde kom. Die POF is ‘n goeie konsep op papier maar ongelukkig word dit uitgebuit deur die staat en regspersone.

Rooi rissie ·

Daar word dood eenvoudig te veel bedrog gepleeg met die POF eisse en net 1 party baat daarby. Mense kry nie wat hulle toekom nie aangesien partye baie greetig en koerup is. Ek is self n slagoffer van so geval en nou moet ek vir die res van my lewe lei daardeur en my hele toekoms is vernietig hierdeur. Ekt selfs n geliefde aan die dood afgestaan agv die onregverdigheid deur die POF en betrokke regsverteenwoordigers.

Anon ·

My prokureur was regverdig, oordeelkundig. Dit kan en moet beter gemonitor word dan sal alles piekfyn wees.

Anel ·

So waarheen moet die geld gaan wat gehef word? Hoekom moet ons dit nog betadl? Soos met alles in hierdie land, baat die onskuldiges by niks nie. Hulle word net benadeel. Daar moet so gou as mootlik van hierdie regering ontslae geraak word!!!

Marcello ·

Genade wat nog, hulle is inelkgeval so pateties wat uitbetalings betref, ek het 7 jaar vir myne gewag, en op die ou end het ek duisende rande se Prok. onkostes gehad.

Roek ·

Ek glo u het 7 jaar gewag , hang af van die meriete en die aard van die beserings , baie verskillende spesialiste en kenners moet hul inset lewer anders word die beseerde benadeel indien die skikking nie voldoen aan die beseerde se toekomstige behoeftes nie , uit die aard van die saak skep almal betrokke maar met groot emmers by die POF vir alles wat hul doen en so ook die prokureur !

Harry ·

It’s about time, people have taken to much advantage of the RAF, we all heard the story of the man that got R4 000 000 for a broken finger. There are legitimate claims but the greed of some attorneys has messed it up for everyone.

Sê maar net ·

Laat my maag draai. Die regering sal enige vuilspel uitdink om die geld so lank as moontlik in hulle eie vet handjies te hou….
Hulle voel vere vir omstandighede van die slagoffers….

Johann ·

Die ANC kamerade sal als doen om seker te maak hulle vreet trog word beskerm en gereeld volgemaak.

Bolandse Nooi ·

KANSELLEER die POF en gaan terug na die goeie ou 3rde Party-versekering. Jy is PERSOONLIK verantwoordelik vir jou eie (en ander, as jy die skuldige party is) se mediese uitgawes in geval van ‘n ongeluk. Ek weet van mense wat die POF ‘tap’ vir voordele waar hulle ‘beseer’ is in ‘n padongeluk.

Ryan ·

Ek onderseun dié wetgewing. Al wie hieronder gaan ly (bo en behalwe die belastingbetalers) is die fat cat prokureurs.

Owlie ·

Diegene wat in ongelukke beseer is verloor die meeste van die tyd in elk geval. Prokureurs kostes vat die meeste van jou uitbetaling wat veronderstel is om vir toekomstige verlies aan inkomste belê te word, tweedens word daar gekies wat wel aan jou as beseerde betaal gaan word sou jy eis wat prokureurs en kenners gesê het jy kan eis, om jou lewe makliker te maak, derdens neem n saak maklik 5jaar of langer om af te handel wat maak dat jy as beseerde meer verloor voor afhandeling van die saak aswat jy kan uitkry en vierdens sou jy n caretaker hê is hul bonuse jare gelede gestaak en daarmee saam ook enige verhogings oooo en moenie vergeet dat jy as pasient wat jou bes doen om mediese kostes te spaar nie as n kroniese pasient gesien word as jy nie vir elke moontlike operasie gaan nie maar almal wat petrol en diesel ten duurste ingooi moet bydra tot die padongelukke fonds terwyl die beseerde en ook hul huis gesinne te alle tye die swaarste trek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.