Groot oorwinning in hofsaak oor Jhb-skole se belasting

(Argieffoto/Unsplash)

Die hooggeregshof in Johannesburg het die optrede van die Johannesburg-metro om die eiendomskategorie van onderwysinstellings weg te neem, ongrondwetlik verklaar.

“AfriForum beskou hierdie uitspraak as ’n groot oorwinning. In plaas daarvan om skole te teiken behoort die metro eerder saam met skole te werk. Ons sien verder dat die hof met hierdie bevel ook skole vir die volgende belastingjaar beskerm,” het Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, gesê.

AfriForum se regsaksie het gevolg nadat die metroraad weggedoen het met ’n eiendomskategorie wat vir onderwysinstellings gegeld het. Die gevolg is dat openbare instellings voortaan in die kategorie vir openbare dienseiendom aangeslaan sal word en private skole as openbare ondernemings.

Die belastingkoerse in dié kategorieë is drasties hoër, ongeag of private instellings daarvoor kwalifiseer om as organisasies sonder winsoogmerk erken te word en dus vir verligting in aanmerking kom.

Volgens Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslikeregeringsake, is dit ook ’n boodskap aan munisipaliteite dat hulle gemeenskappe en instellings moet raadpleeg.

“Die metro kan nie ’n besluit afdwing as daar nie ’n behoorlike proses gevolg is nie. Onderwysinstellings en gemeenskapsgebaseerde organisasies moet die geleentheid gegun word om voorstelle te maak, nie net omdat hierdie besluit ’n groot impak op grondwetlike regte gehad het nie, maar ook omdat die voorstelle dalk die besluit op ’n meer rasionele uitweg kon stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Welgedaan. Dis so ironies dat die burgery dmv homself moet beskerm teen die regime regine wat deur sy/haar stem aan bewind gekom het!

Linda ·

Goed. Om reels te verander maak dit nie noodwendig reg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.