Groot vrag kokaïen by grens gegryp

Drie sakke kokaïen wat in twee rugsakke versteek is, is gevind (Foto: Verskaf)

Lede van die Valke in Noordwes het Sondag by die Swartkopfontein-grenspos tussen Botswana en Mahikeng beslag gelê op kokaïen ter waarde van R2,2 miljoen.

Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het ’n multidissiplinêre span Sondag ’n operasie by die grenspos uitgevoer.

Die rugsakke is in die taxi by die grenspos gevind (Foto: Verskaf)

“Lede van die Valke het ’n taxi wat van Botswana na Suid-Afrika onderweg was, voorgekeer en deursoek. Drie sakke kokaïen wat in twee rugsakke versteek is, is gevind,” sê Rikhotso.

’n 45-jarige buitelandse burger is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Lehurutse in Noordwes verskyn. Hy sal teregstaan op aanklag van die oortreding van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel.

Genl.maj. Patrick Mbotho, die hoof van die Valke in Noordwes, het die lede van die Valke geloof vir hul goeie werk om die vermeende dwelmsmokkelaar vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henri ·

“Groot vrag kokaïen by grens gegryp”

Die verdagte is gearresteer, maar dit klink uit die titel of iemand nog steeds hardloop met die kokaïen!

Frank ·

Stuur die krimineel terug Botswana toe. Hulle WEET hoe om met diesulkes te handel…. en hulle regstelsel “is not yet broken”

Herman L ·

Dwelmsmokkelaars behoort nooit uit die tronk vrygelaat te word nie, want hulle sal nie ophou daarmee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.