Gru-aanval op veiligheidswag vir sonpanele

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe kykers nie.

ʼn Veiligheidswag is Maandag op ʼn bekende kleinhoewe in Uitzicht AH in die Pretoria-omgewing met ʼn boutsnyer aangerand.

Nico van Vuuren, voorsitter van die Hercules-gemeenskapspolisiëringsforum, het gesê die sekuriteitsmaatskappy het aan die bestuurder van die kleinhoewe bevestig een van die wagte is met ʼn boutsnyer aangerand. Hy is met kopwonde hospitaal toe vervoer. Die voorval het omstreeks 01:40 plaasgevind.

“Die wag se foon is gesteel en ʼn paar sonpanele. Die sekuriteitsmaatskappy het bevestig enkele van die panele is agtergelaat. Die polisie is in kennis gestel en sake is aanhangig gemaak.”

Van Vuuren maan inwoners om bedag te wees. “Enigiets wat krag kan verskaf is tans in groot aanvraag, met ander woorde brandstof, kragopwekkers, sonpanele, batterye, ens.”

Veiligheidsmaatskappye word ook gemaan om hul wagte te waarsku om op hul hoede te bly. “ʼn Enkele veiligheidswag is nie meer voldoende nie.”

Die veiligheidswag is in die hospitaal opgeneem met verskeie kopbeserings. (Foto word met toestemming gedeel)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Delia ·

Sekuriteitswag, ek is so jammer dat jy deur dit moes gaan. Ek het nou die dag vir n beampte alleen in n motor gevra wanneer hulle 2 2 gaan begin ry. Een alleen is net nie veilig nie. Hoop jy word gou gesond, fisies en geestelik

Elize ·

Met die uitwissing van die boere gaan daar so baklei word oor kos ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.