Gru-busongeluk eis lewe van meer as 20 mynwerkers

Die ongelukstoneel. (Foto: Facebook)

Meer as 20 mynwerkers van die Venetia-diamantmyn in Limpopo is Sondag op pad na die myn in ʼn grusame busongeluk dood.

Die bus het ʼn groot groep mynwerkers na die myn vervoer toe dit sowat 25 km van die myn met ʼn vragmotor op die R572 gebots en aan die brand geslaan het.

Die ongeluk het tussen 17:00 en 18:00 plaasgevind.

Die ongelukstoneel. (Foto: Facebook)

Verskeie mynwerkers is in die ongeluk ernstig beseer en vroegaand hospitaal toe gehaas vir mediese behandeling.

Tidimalo Chuene, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, sê LUR Florence Radzilani, Godfrey Mawela, burgemeester van die Musina- plaaslike munisipaliteit en senior bestuurslede van die Venetia-myn sal Maandagoggend die ongelukstoneel besoek.

Dié myn word al meer as 30 jaar lank deur die mynreus De Beers bestuur en is verantwoordelik vir 40% van Suid-Afrika se jaarlikse diamantproduksie met meer as 4 300 personeellede.

Dit was eens die land se grootste oopgroefmyn, voordat De Beers $2 miljard (sowat R37 miljard) in ʼn groot ondergrondse projek belê het om toegang tot die minder maklik beskikbare diamante te kry. Die groep beoog om ʼn opbrengs van vier miljoen karaat per jaar te produseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Estelle ·

Sou jou kommentaar dieselfde gewees het as dit dalk jou man / kind / geliefde was wat een van die 20 oorledenes was – “natuurlike eliminasie”? Ietwat onsensitief ….

Kensy ·

Regtig? Ek wil nie met Suid-Afrikaaners soos jy vereenseldig word nie!

Delia ·

Bolandse nooi. Sjoe, jou onsensitiwiteit oor sekere goed maak my soms skaam. Worcester is so n mooi plek. Dalk moet jy meer in God se natuur gaan stap.

Kensy ·

Bolandse Nooi, jy moet erenstig intospeskie doen. As mens dit nie in jou hart kan vind om simpatiek te wees in tragiese gevalle nie, skort daar iets met jou.

Baie sterkte met almal wat deur die ongeluk geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.